Filippense 3:13-14(Afr83) [Paulus]
12Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. 13Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
Heilige Gees vat my 29 jr terug (toe 11 jr oud was) en ek saam met my Ma op n avontuur gegaan het in Namibie.
Herhinderinge van my Ma wat 20 jr gelede dood is aan kanker:
1 – Groot liefde vir Reis (Nie kerrie en rys nie)
2 – Sin vir Avontuur
“Wat die hart van vol is, loop die mond van oor” – Bevind haarself in gesprekke……. Vraag – Is daar plek vir nog 1?
Visrivier Canyon Staproete (2de grootse, Naas Grand Canyon)
– 5 dag, 85km lank, 550m diep
– Rugsak met Kos x 5dae, Klere x 5 Dae, Slaapgoed
(11jr oud = Rugsak weeg 8kg) (40jr oud = Rugsak weeg 16kg = die gewig van ‘n 4jr oud seuntjie)
Dag 1:Dag 1-2 lê net18km af (Dus – 67km in 3 dae) = 22km/dag
22km/dag klink nie te sleg nie maar kom ek vertel jou van die TEREIN.
– Groot ronde klippe
– Klouter oor rotse
– Sagte sand
– Skuins padjie
– Nat klippe
– Geen skuduwee (son brand)
Dag 5: Ai-Ai’s Resort (Natuurlike warmwaterbron Spa)
Heilige Gees vra: “As jy elkeen van daardie paaie ‘n naam kon gee – Wat sou jy elkeen genoem het?”
My antwoord:
Los klippe pad
Gevaarlike rotse pad
Diep sand pad
Skuins pad
Gladde klippe pad
Woestyn pad
Reguit pad
Koelte
Heilige Gees sê – Elke naam wat jy vir die paaie gegee het was baseer op hoe hy vir jou gelyk het of hoe hy vir jou gevoel het.
Heilige Gees sê – Kan ek ‘n geheim met jou deel?
-Baie paaie word so benoem maar, in ISRAEL (Holy Land), is dit anders.
-Die mees bekende paaie het name soos:
-Pad na Bethlehem, Die Damascus Pad, Jericho Pad, Die Pad na Jerusalem (Sions Pad).
-Hierdie paaie word nie benoem volgens hoe hulle lyk, of voel, of hulle toestand nie. Die name van hierdie paaie is gebaseer op die plek waarheen hulle jou vat – hulle eindbestemming.
Die punt wat God hier wil maak-
Ons lewenspad, gaan soms:
Klipperig, wees, Glad wees, Moeilik wees, Maklik wees, Hard wees, Gevaarlik wees, Aangenaam,Vreugdevol wees, Byna-Onmoontlik wees.
Ek en jy moet nooit die fout maak om die pad wat ons stap te oordeel op grond van hoe dit vir ons lyk, of hoe dit vir ons voel nie!
Die aangenaamste pad mag dalk lei na ‘n baie diep afgrond.
‘N Moeilke, pad lei dalk na ‘n Heilige Stad.
‘N Maklike paadjie kan moontlik lei na die Hell.
‘N Optraande pad mag dalk lei na oneindige seën en ewige lewe.
Matteus 7:13-14(Afr83)
13“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. 14Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
Aanmoedig:
– Hou jou oog op die Eindbestemming van die pad waarop jy is.
– Onthou waarheen hierdie pad jou vat.
– As jy op die regte pad is – moenie moedeloos word oor hoe die TEREIN lyk nie.
– Moenie opgee nie.
– Druk deur na jou eindbestemming toe, want aan die einde is dit al wat saak maak.
Maak seker dat aan die einde van hierdie lewe, jou reispad nie geken sal word aan HOE DIT GELYK HET EN HOE DIT GEVOEL HET nie, maar aan waarheen dit jou geneem het.