Wat As God Nie My Gebed Hoor Nie?

Het jy al gebid en gevoel dat God jou nie antwoord nie? Dat God jou nie hoor nie?

Nog persone in die Woord wat dit wat jy dalk nou voel beleef het:

  • Johannes die doper storie. (Glo en verklaar maar twyfel toe omstandighede nie vir hom sin maak nie).
  • Lasarus se sussies Martha en Maria
  • Pertrus se skoonma genees en later oorlede
  • Dissipels se einde
  • Dawid
  • Paulus
  • Jesus in die tuin van Getsemane (Luk 22:42)

Vrae kom by jou op:

  • Hoekom hoor God my nie?
  • Hoekom luister Hy nie?
  • Hoekom laat Hy dit toe?
  • Hoekom doen Hy nie wat ek vra nie?

Wanneer ons opreg bid vir iets wat regtig na aan ons hart is en God antwoord nie ons gebed soos ons dink en voel Hy sal of self moet nie… is die grootste gevaar dat ons in ons hart begin twyfel.

Nie noodwendig of God bestaan nie maar ons twyfel oor:

  • Is God dan nog lief vir my?
  • Is Hy regtig in beheer?
  • Is Hy regtig ’n liefdevolle God?
  • Maak hy die regte besluite?

Hierdie is een van die vyand (Duiwel) se eerste en beste houe/planne.

Dis hiermee wat Hy Adam en Eva in die tuin vang.

Hulle sien en ken God van aangesig tot aangesig .

Hulle loop saam met Hom in die tuin van Eden.

Gen 3

1Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?

2Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. 3God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

4Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal beslis nie sterf nie, 5maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.

6Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.

Tog kry die vyand dit reg dat hulle sy leuns glo om hulle in God te laat twyfel.

Hy doen dit vandag nog.

Nie twyfel dat Hy nie bestaan nie maar of Hy regtig goed is en reg is.

Of God ons hoor en gebed regtig werk?

Maar wat van:

Mat 7

7“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

9“Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra, 10of ‘n slang as hy vis vra? 11As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

Luk 11

9“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? 12Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee? 13As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

As hierdie dinge wat Jesus leer waar is, waarom voel dit soms asof die Here ons nie gee wat ons vra nie, en nie hoor as ons klop nie?

Rom 8

26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. 28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

Ons soebat en smeek dat God ons sal ANTWOORD, om ons omstandighede te VERANDER of fisies of emosionele pyn en lyding WEG te VAT.

En God sê NEE.

Is dit gemaklik en lekker?

NEE dit is nie.

Die vraag is vanoggend:

Hoe bewaar ons ons hart om wanneer ons gebede nie verhoor word nie… ons nie ons emosies toelaat om ons siening van die WAARHEID te verander nie.

Kom ons kyk eers hoe God Gebede antwoord:

GOD BEANTWOORD GEBEDE OP 3 MANIERE:

  • JA
  • WAG
  • NEE

Vanoggend wil ek fokus op die laaste een. NEE

Daar is 2 tipes NEE:

  • God sê dalk NEE maar vir goeie rede en die rede word vir jou duidelik of verstaanbaar soos tyd aangaan.

Eendag sê jy “Ahhhh”…ek sien God het my gebed gehoor / ek VERSTAAN nou HOEKOM God gedoen het wat Hy het of dit toegelaat het, of nie toegelaat het nie.

  • Maar partymaal beantwoord God ons gebede op ’n manier wat ons nie wil hê nie, en ons verstaan of weet dalk NOOIT wat die rede is of hoekom dit op daardie manier uitgespeel het nie.

Hoekom doen God dit? (Wat is die Waarheid)

  • God gebruik slegte en seer omstandighede om iets “GOED” te bewerkstellig.
  • God allows what he hates in order to accomplish what he loves.
  • Because what matters most to Him is that He grows us into a person that relies (vertrou) on Him and loves (lief het)

*Skokkende gedagte?

God stel minder belang aan jou gemak (of die maklike pad), jou aardse behoeftes selfs jou gesondheid, waneer dit by jou karakter en saligheid en Sy groot-prentjie plan kom vir elkeen van ons.

Wat kan ek doen wanneer (nie as) dit gebeur?

Wat sê die Woord?

Om met God daaroor te praat bring genesing en vrede en versterk ons verhouding met Hom. Soos Dawid, Paulus en Jesus met God praat.

Dawid:

Dawid skryf die Psalms of Lament (Klaaglied).

Psalm 22

2My God, my God, waarom het U my verlaat

en bly U ver as ek om hulp roep?

3My God, ek roep bedags en U antwoord nie,

ook snags, maar ek kry geen rus nie. 

Psalm 22

29 …die koningskap behoort aan die Here

Na baie klagtes in die Psalm, erken Dawid dat God die een is met perspektief en dit bring VERTROUE.

*Dalk klink dit soos die volgende:

Here, ek is nie gelukkig hieroor nie en ek wil nie my emosies probeer wegsteek nie, U ken my hart en my vrae en my twyfel.

TOG weet ek U het my lief, U is naby en U hoor my.

Help my om U te vertrou en aan U waarheid vas te hou met alles wat ek het.

Paulus:

’n Doring in Paulus se vlees.

2 Kor 12

8Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Jesus:

Jesus pleit by Sy hemelse Vader om die leiding wat voorl Hom weg te neem.

Luk 22

41Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid: 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!

43’n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. 44Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.

Jesus haal Ps 22 aan wanneer Hy aan die kruis hang.

Mat 27

46 “My God, my God, waarom het U my verlaat?”

Maar Jesus TWYFEL nie!

Jesus sê:

  • Wat ek nou deurmaak is baie erg, maar soos Dawid, Vader sal ek op U vertrou… want ek weet dat U my uit die dood sal opwek en na U sal terugkeer.
  • Deur hierdie beker te drink is daar ’n moontlikheid vir miljoene mense om eendag gered te word opgewek te word en saam ’n ewigheid in God se teenwoordigheid te wees.
  • Jesus sê, “God, voel die pyn, maar ek kies om U te vertrou al is dit nou baie erg.

Slot:

  1. Soms is die antwoord op gebed JA, en gebeur dit dadelik net soos jy dit gevra het en meer as wat jy verwag het.

Dadelike genesing voor ons oë, of daardie voorsiening in finasies wat tot op die sent in jou rekening inbetaal word.

*En dan loof ons die Here en prys Sy naam. Ons sien wonderwerke en mense kom tot oortuiging en neem Jesus aan.

  1. Soms is die antwoord: NIE NOU NIE. Wag vir God se tyd om dit in vervulling te bring.

“God isn’t our bellhop, he doesn’t come running when we call. Sometimes He wants us to wait”.

Heilige Gees bou getrouheid, deursettingsvermoë en geduld in ons karakter. Die vrug van die Gees.

  1. As die antwoord NEE is:
  • Besef
  • Bewaar
  • Vertrou
  • Verklaar
  1. Besef dat ons net gedeeltelik weet. (vb. van kind wat nie konteks het nie en die soldaat van die geallieerde magte sien wat die Duitse soldaat skiet).

*Aanhaling:

When we make a request, “God gives us what we would have asked for if we knew everything he knows”

But we don’t!

  1. Bewaar jou hart van twyfel en praat met God.
  2. Vertrou dat Hy die beste vir ons op Sy hart het (al voel dit nie so nie en maak dit glad nie vir jou sin nie)
  3. Verklaar dat God liefde is en alles ten goede laat meewerk al verstaan en voel ek dit nie.

Jy het dit vanoggend reeds gedoen: Liedjie vanoggend gesing = God you’re so GOOD, you’re so GOOD to me.

Moenie twyfel dat God vir jou innig LIEF is nie.

Het die Vader se liefde vir Jesus verdwyn of minder geraak toe Hy aan die kruis hang? NEE!

*Aanhaling:

“Sometimes God allows what he hates (even the death of his own son!), in order to accomplish what He loves!

Eendag wanneer ons voor die hemelse Vader staan sal alles sin maak…

Maar tot dan, VERTROU ons op Hom en TWYFEL ons nie in Sy liefde vir ons en karakter nie.

God Bly ons rots “our ever present help in time of need”

Gebed:

My gebed is dat Jesus deur Helige Gees meer in ons sal word en dat die Vader se wil vir ons al meer bekend sal word en dat wanneer ons bid.

Wat ek nou deurmaak is baie erg, maar soos Dawid, Vader sal ek op U vertrou… want ek weet dat:

  • U my liefhet
  • U met my is
  • U dit wat nou gebeur ten goede gaan uitwerk
  • Here ek voel die pyn, maar ek kies om U nou te vertrou al is dit nou baie erg.

Laat ons ook sê soos:

Dawid: …for dominion belongs to the Lord

Paulus: want as ek swak is, is ek sterk.

Jesus: Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!

Amen