Sondag 22 Maart was ons laaste “normale” Sondag diens voor die inperking begin het. Teen gister se datum, het Covid die lewe van 18,370 Suid Afrikaners geeis.
- Wie ons ons gemeente naaste familielid, vriend of vriendin verloor agv Covid?
- (as gemeente, kom ons bid saam vir hulle)
Dis amper 7 maande terug. Hoe was die laaste 7 maande van jou lewe?
- Anders / iets nuut wat ons nie voorheen geken het nie.
- Baie goed?
- Baie sleg? Ons het agteruit gegaan?
Ons almal moes ons lewe aanpas. Die wêreld moes aanpas.
- As gemeente moes ons by LCF aanpas in ons werkswyses.
- Ons programme op kalender het tot stilstand gekom.
- Die gemeenskap van gelowiges het in n mate tot stilstand gekom.
- Ons moes dienste op tv, rekenaar, selfoon begin kyk.
Dinge het goed begin. Dit was nuut. Ons almal het ten volle ingekoop.
- Ons het gedink dis vir 21 dae – toe word dit n paar maande.
- Kontak met mense het afgeneem.
- Ons almal is gebombardeer met skakels van videos – baie mense het skielik n stem en opinie gehad.
- MAAR dit het stadig maar seker net te veel begin raak.
- Is dit so?
- Dit was ok om so kerk te hou, maar dit is nie kerk nie. (HIERDIE HIER VANDAG IS KERK)
Kom ons kyk na LCF se video views oor die laaste 7 maande.
- Hoe gaan dit met ons mense se geestelike gesondheid?
- Of dink ek te ver as ek na hierdie trend staar?
Is dit wat gebeur met ons as die hitte van die seisoen toeneem? (geen programme, 1 uitsending p/w)
Die tema van vanoggend se boodskap is: Die Vuur wat suiwer.
MALEAGI 3:1-3 ‘Die Here, die Almagtige, sê: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die pad voor My gereedmaak. Die Here na wie julle soek, sal skielik na sy tempel toe kom. Die boodskapper van die verbond na wie julle so uitsien, kom beslis. Maar wie sal die dag van sy koms kan deurstaan? Wie sal kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy sal wees soos vuur wat metaal suiwer of soos seep wat klere spierwit was. Hy sal gaan sit en oordeel soos iemand wat silwer smelt en suiwer maak. Hy sal die Leviete suiwer en hulle soos goud en silwer louter. Dan sal hulle weer vir die Here aanvaarbare offers bring. ‘
Mal 3:3 ‘He will sit, testing and purifying the silver; he will purify the sons of Levi, refining them like gold and silver, so that they can bring offerings to Adonai uprightly.’
Die skrifgedeelte praat van n vuur wat TOETS. n Vuur wat SUIWER.
- Wat gebeur met ons as ons getoets word?
- Is dinge in ons lewe n afwaartse kurwe?
- Of is hierdie tipe toets en suiwering nie juis iets wat opwaartse geloof kurwes tot stand bring?
- Dit gaan moeilik, maar dit gaan goed.
Silwer en Goud se suiwering
Op verskeie plekke in die Bybel word die seisoene / prosesse wat ons as mense deurgaan vergelyk met die suiwering van silwer en goud.
Wat is die verskil tussen 9ct, 18ct, 24ct Goud?
- Karaat is n aanduiding uit 24 dele in terme van die suiwerheid van die Goud.
- 18ct goud beteken dus dat 18 dele uit 24 dele suiwer goud is.
- Die res is onsuiwerhede – ander alloys soos Koper, Nikkel en Sink.
- As jy na n 18ct goue ring kyk, is die alloy onsuiwerhede nie sigbaar nie.
- Die enigste manier om die onsuiwerhede sigbaar te maak is om die goud te verhit na baie hoë temperatuur.
- Die vuur veroorsaak dat n skeiding plaasvind en die onsuiwerhede sigbaar raak.
- Sodoende kan die ander alloys van die goud geskei word om die goud suiwerder te maak.
Net so is daar onsuiwerhede binne ons wat weggesteek is vir die oog, maar wat die Here van weet en hierdie onsuiwerhede kom dikwels net uit wanneer die temperatuur van ons omstandighede so bietjie warmer raak.
Die vuur is nie daar om die Goud te vernietig nie, maar te suiwer Die oond van beproewing brand warm in Suid-Afrika.
- Dis nie uniek tot die wêreld nie, maar ons bly nie op n ander plek nie, ons bly hier.
- Wat het na vore gekom in jou lewe gedurende die laaste paar maande?
- Dink jy wat jy dink, hoor jy wat jy sê, sien jy wat jy doen?
Voel dit vir jou of jy in die vuur is?
Word jy gestraf? Of word jy gesuiwer?
- Ons eerste vraag is hoekom straf U ons so Here.
- Maar ek wil vanoggend vra of jy al ooit aan die moeilike tye gedink het as n vuur van suiwering?
Ons kan die vuur beveg, of ons kan saamwerk.
- Jer 6:29 – Die blaasbalk blaas, maar die vuur kry nie die lood afgeskei nie; die smelter smelt verniet, hy kry nie die afvalstowwe uitgesmelt nie.
- Vir een persoon kan die vuur van beproewinge die uitwerking van suiwering en hê.
- Vir n ander persoon probeer die Smelter verniet, die afvalstowwe bly.
- KRY DIE HITTE JOU ONDER OF SUIWER DIT JOU?
Job het net soos die meisie in die storie gevoel:
Job 23:8-12 (NKJV) “Look, I go forward, but He is not there, And backward, but I cannot perceive Him;
9 When He works on the left hand, I cannot behold Him; When He turns to the right hand, I cannot see Him. 10 But He knows the way that I take; When He has tested me, I shall come forth as gold.
WHY???
11 My foot has held fast to His steps; I have kept His way and not turned aside.
12 I have not departed from the commandment of His lips; I have treasured the words of His mouth
More than my [a]necessary food.
Kom ons kom terug by ons video grafiek. Dis hoekom my gedagtes spin as ek na hierdie grafiek van ons kyk.
- Dis n trend wat ons gemeente se interaksie met aanbidding en die Woord van God aandui.
- Ek het geen ander manier persoonlik om dit tans te meet nie.
- Het die verwydering vanaf ons geloofsbyeenkomste n verwydering van aanbidding en Woord by baie van ons mense veroorsaak?
Psa 12:7 – Die woorde van die Here is rein woorde, soos silwer in die oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is.
- In Vibrant Hearts se les oor die tong praat ons oor die probleem wat die mens het dat sy / haar woorde geen filter inhet nie.
- Dit kom net. Onruin woorde wat dood spreek.
- God se woorde is totaal anders.
- Dawid skryf in PSA 12:7 dat die Here se woorde volmaak, rein en waar is.
- Teen die tyd wat Hy spreek, is Sy woorde 7 keer gesuiwer.
- Dis perfek gefilter – 7 keer – volmaak
- Dis absoluut rein en waar.
Wanneer ons in die vuuroond van beproewing is, kan ons staatmaak op Sy 7 keer gesuiwerde woorde.
- Dit is juis die blootstelling aan Sy woorde wat ons warm seisioene verander in suiwering seisoene.
- Sonder Sy woord is dit net warm en ongemaklik.
AFSLUITING
Het die laaste 7 maande ons geforseer om in n gewoonte in te kom waar ons leer klaarkom het sonder die gemeenskap van die gelowiges? Sonder kerk toe kom op n Sondag en programme gedurende die week?
- Ons moes. Ons het geen keuse gehad nie.
- Is dit volhoubaar vir ons geestelike gesondheid?
Min aanbidding? Min Woord? Ons het gedwonge n gewoonte aangeleer wat afgeleer moet word.
- Vestig nuwe goeie gewoontes.
Daardeur plaas ons onsself op n plek waar die vuur van die Here wat wil suiwer ook in ons lewe aktief is.
GEBED:
Hemelse Vader, vergewe ons dat ons net murmureer en kla oor die hitte wat toeneem in ons lewe. Ons almal besef opnuut vanoggend dat U ons nie verlaat het of straf nie. U is besig om ons voor te berei vir groter invloed en groter impak wat U deur ons lewe wil uitoefen.
Vergewe ons dat ons weg beweeg het van aanbidding en U woord, die einste dinge wat ons suiwer as die temperatuur toeneem. Ons kies…