Preek / Boodskap oor: Volg My

Wie hier teenwoordig is n volgeling van Jesus?

  • Mat 9:9 EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ‘n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
  • Joh 1:43 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.
  • Mat 4:19-20 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.

As joodse seuns, het hierdie manne nie nie die afsnypunt gemaak om deur n Rabbi gekies te word en onder die Rabbi oor die torah te leer nie.

  • En hier kom Rabbi Yeshua en hy kom kies hulle met die uitnodiging: Volg My
  • Dit was n eer en nie vir hulle moeilik om alles te los en die Rabbi te volg nie.

“Volg” en “My”

Ek is oortuig in my hart dat ons vind die “volg” as moeilik omdat die persoonlike openbaring van wie die “My” is, nie daar is nie.

Vir die eerste 12 was die Rabbi, waardig om alles voor op te offer vir die eer om Hom te volg.

Vandag nog kom dieselfde uitnodiging na my en jou.

  • Wie is Jesus vir my en jou?
  • Ons kom op kerstyd en dink aan n baba in n krip, Iemand vir wie ek n guns doen as ek n keuse maak om Hom te volg. Kom ons kyk wat sê die Bybel van Hom.
  • Wie is die “My” in Volg My? – om te bepaal hoekom dit belangrik is om ag te gee op die uitnodiging

 

Wat sê die Bybel van die “My” persoon in “Volg My”?

  • Eenvoudig Friedel, dis Jesus. Mooi so – wie is Jesus?
  • Kom ons kyk na wie Hy is, na titels wat Hom toegeskryf word. Hy is…..
    • Nie net die Seun van God nie, maar die geliefde Seun van God – Mat 3:17
    • Die Almagtige Een – Ope 1:8
    • Die Skepper van alles wat bestaan – Joh 1:3
    • Die Begin en die Einde – Ope 22:13 (voor die bestaan van alles wat ons ken, was Hy daar en aan die einde van die bestaan van alles wat ons ken, sal Hy weer daar wees)
    • Alle autoriteit in die hemel en op aarde, behoort aan Hom – Mat 28:18
    • Dis die Een wat aan woord is en my en jou uitnooi om Hom te volg.
    • Aan die einde van alles wanneer die kinders van God by Hom in die hemel gaan wees, gaan daar n bruilof wees. Jesus is die bruidegom van daardie fees – Mat 9:15
    • Eendag gaan elke persoon rekenskap doen van hulle lewe op aarde. Jesus Christus is die regter voor wie ons almal gaan staan – Rom 2:16 (dink jy Hy weet of ek en jy Hom volg of nie)?
    • Jesus Christus is ook dié Verlosser van die wereld. Net Hy kan ons red van die laaste oordeel en toorn – 1 Thes 1:10
    • Hy is Heilig – Hand 4:29-30
    • Jes 7:14 noem Hom Immanuel – God met ons.
    • Hy is die ongelooflike, onbeskryflike groot geskenk van God – 2 Kor 9:15
    • Hy is die Lam van God. Die laaste lam wat ooit vir sonde geslag hoef te word – of geslag was – Joh1:29
    • Die wereld het in sy bestaan baie konings en here en meesters gehad. Jesus Christus is die Koning van hulle almal en die Here bokant hulle almal. Hy is die koning van al die konings en die Here van al die here – Ope 17:14
    • In n donker wereld is Hy die lig – Joh 8:12
    • Die nuwe Jerusalem het geen son nie. Jesus Christus is die fisiese lig wat die nuwe Jerusalem verlig – Ope 21:23
    • Elke geloof in die wereld het die ondertoon van n messias wat moet kom. Jesus Christus is dié Messias wat reeds gekom het en weer gaan terugkom- Joh 1:41
    • Hy het die dood oorwin deur op te staan uit die dood – 1 Kor 15:3-4
      • Ons hoor van kleins af: Jesus het opgestaan uit die dood. Soms dra dit amper geen krag meer nie.
      • Voor Jesus het ander ook uit die dood opgestaan, Jesus self het mense uit die dood laat opstaan.
      • Maar Hy was vir 3 dae onder die mag van die dood, daardie finaliteit. Hy is dood. Tot binne in daardie graf, agter n geslote klip deur, die dooie liggaam van Jesus self begin lewe en Jesus lewendig word omdat die mag van die dood Hom nie gevange kon hou nie en Jesus uit die outoriteit wat Hy is deur die dood breek en weer lewendig word.
      • Die dood kon hom nie in Sy mag hou nie.
      • Hy het die dood oorwin deur op te staan uit die dood en nie weer te sterf nie (al die ander wat opgestaan het, het erens weer gesterwe)
    • Dis die Een wat aan woord is en my en jou uitnooi om Hom te volg.
    • Hy is die opstanding en die lewe en elkeen wat na Hom toe kom word opgewek uit hul dooie geestelike kondisie en lewend gemaak – Joh 11:25
    • In terme van die weg na Abba Vader, lei alle paaie nie na Rome nie. Elke afgod in hierdie wereld is nie n pad na DIE GOD toe nie. Daar is slegs 1 weg en 1 deur na God die Vader toe en dit is Jesus. Die weg. Die deur – Joh 14:6 en Joh 10:9
    • Hoe nodig is kos vir ons liggaam? Broodnodig? Sonder kos sal ons sekerlik sterwe. Jesus is die lewende brood volgens Joh 6:51 – wie van hierdie brood eet sal vir ewig lewe. Sonder die brood wat lewe gee sal ons die ewige dood binnegaan.
  • LEES Openb 5:1-14
  • Niemand anders naastenby soos Hy nie. Hy is SO waardig dat die Bybel vir ons sê dat die klippe sal uitroep as die dissipels sou stilbly. Wat was die konteks waarin hierdie gesê is?:
    • Jesus kom op n donkie se rug Jerusalem in en sy volgelinge sê: “Geseend is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele. Van die Fariseers sê vir Jesus: Meester, maak u volgelinge stil. En Jesus sê vir hulle: Ek sê vir julle, As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.
    • Die skepping is swanger met lofprysing. Hy is so waardig dat dit wat nie lewe het nie Sy lof sal besing as dit wat lewe het en geskape is om dit te doen sou ophou.
  • Jesus is veel meer as n persoonlike Verlosser en Saligmaker wat waardig is van my en jou se aanbidding. Jesus is die Verlosser van die heelal en is waardig van elke liewe menslike siel wat nog ooit geleef asook miljoene der miljoene engele het se ewige aanbidding.
  • Hy was Paulus se grootste skat – Paulus in Fil 3:7-8

Hoekom hammer ek hierop? Een van die probleme wat die mens het met “Volg My” is dat ons nie weet wie die MY is nie. Dat ons die MY – Jesus – nie as ons grootste skat het nie.

Ons daaglikse strewe is die volg van ander / strewe na ander dinge en “Volg My” staan in die skaduwee van die dinge wat ons werklik navolg.

Betekenis van die VOLG  in “volg My”:

  • Om agter iemand aan te beweeg en te gaan waar hy / sy gaan.
  • As ek iemand volg is ek deel van dit wat daardie persoon doen.
  • Jy hou die persoon dop en jy gaan waar hulle gaan, jy doen wat hy / sy doen.
  • Om Jesus te volg het n koste, dit gaan ons iets kos. Wat sê die Bybel?

Die ryk jong man – Mar 10:17-22 (NLV):

Toe Jesus weer op pad was, hardloop iemand Hom tegemoet, val voor Hom op sy knieë en vra Hom: “Goeie leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”18“Waarom noem jy My goed?” het Jesus hom gevra. “Net God is werklik goed. 19Maar wat jou vraag betref – jy ken die gebooie: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuienis gee nie; jy mag niemand benadeel nie; respekteer jou pa en ma.’”20“Leermeester,” was sy reaksie, “ek het al hierdie gebooie van my kinderdae af nagekom.”21Jesus het hom aandagtig aangekyk en liefgekry. “Jy kom net een iets kort,” het Hy vir hom gesê. “Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes. Dan sal jy ’n skat in die hemel hê. Kom dan en word my volgeling (kom terug en volg my).”22Hy was heeltemal verslae en het ontsteld weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

Kom ons wees nie so vinnig om die ryk jong man te oordeel nie. Wat as Jesus jou hierdie toegesê het.

  • Jesus het geweet wat die man se skat was. Net so weet Hy wat myne en joune is.
  • Friedel, gaan raak ontslae van jou skat, kom dan en volg My en jy sal n skat in die hemel hê.
  • Sou ek dalk verslae en hartseer wegstap?
  • Dis nie onskriftuurlik dat God ons soms toets om te kyk waar ons hart en skat is nie.

Is ons besig om Hom te volg?

  • Wat is die koste om Jesus te volg?
  • Wat is die koste om Hom nie te volg nie?