Preek / boodskap oor: Verskillende Vorme Van Doop

Hand 17:10-12 ‘Paulus en Silas het deur Amfipolis en Apollonië gereis en in Tessalonika aangekom, waar daar ’n sinagoge van die Jode was. Toe dit donker was, het die gelowiges vir Paulus en Silas na Berea toe gestuur. Daar aangekom, het hulle na die Jode se sinagoge gegaan. Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika, en hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans.’

  • Vir ons as gelowiges is dit goed om soos die mense van Berea te wees: Om daagliks die skrifte te ondersoek om te sien of dit wat die prediker sê, ooreenstem met dit wat in die Woord van God staan.
  • Ook met vanoggend se boodskap moedig ek dit aan.

(weens die tydperk van die jaar – opbou na pinkster)

HEBREËRS 6:1-3 (AFR53) ‘DAAROM moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. En dit sal ons doen as God dit toelaat. ‘

  • nie oor en oor fondasie lê van die basiese dinge van die evangelie nie.
  • onder andere die leer van die doop: enkelvoud

Hebrews 6:1-3 (NKJV) … let us go on to perfection, not laying again the foundation of repentance from dead works and of faith toward God, of the doctrine of baptisms, of laying on of hands, of resurrection of the dead, and of eternal judgment. And this we will do if God permits.’

  • baptisms: meervoud
  • Watter een is nou reg? Afrikaans of engels?

HEBREËRS 6:1-3 (NLV) – ‘…Dit behoort tog seker nie nodig te wees om nog ’n keer die fondament te lê deur te praat oor die noodsaaklikheid dat ons ons van ’n ongelowige leefwyse moet bekeer en in God moet glo nie. Of oor die verskillende vorme van doop en die handoplegging, of die opstanding van die dooies en die ewige oordeel nie. Daarom sal ons, as God dit toelaat, binnekort ons betoog voortsit.’

  • verskillende vorme van die doop: meervoud

Ons is nog in die 50 dae tydperk tussen Jesus se kruisiging en opstanding, en die tyd wat oploop na Pinkster – Heilige Gees uitstorting.

  • En daarom ook vanoggend se boodskap oor die onderwerp.

Wat is die verskillende vorme van doop?

  1. Heilige Gees doop ons in Christus Jesus / Holy Spirit Baptizes into Christ
  • Gal 3:27 – ‘want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. ‘
  • 1 Kor 12:12 & 13 – ‘WANT net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. ‘

Wanneer ons wedergebore word, is ons gebore uit Gees (born of the Spirit – Joh 3:5).

Heilige Gees orkestreer ons redding. Deur Heilige Gees se werking in ons lewe, kom ons na Jesus Christus toe, ons besef ons verlorenheid, ons glo en roep Hom aan vir redding en ons kan sê: Ek is nou in Christus.

  • Ek is gered, ek is Sy kind, ek is in Christus.
  • OF – Heilige Gees doop my in die liggaam van Christus
  1. Die doop met water
  • *** Op LCF se youtube kanaal – Boodskap: Hoekom doop ons. ***
  • Mat 28:19 – Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    • maak n dissipel | doop n dissipel | leer n dissipel –> doop is vir n dissipel
  • Hand 2:37-38 TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    • bekeer jou | laat jou doop | jy sal die gawe van Heilige Gees ontvang
  1. Doop met die Heilige Gees (waarby ek die langste wil stilstaan vanoggend)

Dis die Heilige Gees wat ons doop in Jesus maar dis Jesus wat ons doop met die Heilige Gees.

  • Mat 3:11 – Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
  • (Johannes die doper toe hy na Jesus verwys) – Bybelse onderwerp, nie dinominasie nie

Heb 6 praat van die verskillende vorme van doop. Jy as gelowige mag dalk 1 van die 3 beleef het, dalk 2. Jesus het dit duidelik gemaak datdissipels al 3 nodig het vir n lewe van oorwinning en impak.

  • *** Op LCF se youtube kanaal – Boodskap: Deel 1 & 2 – Doping met die Heilige Gees ***
  • Ek kan nie in dieselfde detail ingaan nie.

Hand 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. ‘

  • Iemand waarna ek op n keer geluister het, het dit so gestel: “I have the Holy Spirit in me for fellowship with me. I have the Holy Spirit upon me for your sake (the sake of the world).”
  • Hand 1:4 sê Jesus vir Sy disspiels hulle moet wag in Jerusalem vir die belofte.
  • Iets anders het met die reeds gelowige dissipels gebeur op pinksterdag. Voor pinkster en na pinkster was hulle radikaal anders –> Hule bedieningsimpak eksponensieel meer
  • Gevul met die krag van God, verloor die vrees vir die mens.

Mag en gesag (het ek die Heilige Gees, het ek nie??)

LUKAS 9:1-2 ‘EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak ‘

MAAR TOG lees ons in Hand 1:4 dat Jesus aan dieselfde dissipels gesê – wag in Jerusalem vir die belofte, en in vers 8 – julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees.

Joh 20:22 – Jesus, kort na Sy opstanding vind sy dissipels in n vertrek wat toegesluit is, Hy blaas oor hulle en sê: ‘Ontvang die Heilige Gees’.

MAAR TOG wag Pinkster dag vir hulle amper 50 dae later. Hand 1:5 Julle sal met Heilige Gees gedoop word

Dit is duidelik uit die skrif uit dat ons wedergeboorte ervaring met Heilige Gees wat sy woonplek binne in ons vind, n aparte gebeurtenis in die skrif was vir die dissipels.

Asook die Luk 9 mag en gesag gee ontplof het nadat Pinkster dag plaasgevind het.

  • Die Here Jesus gaan ons nie doop met die Heilige Gees en vuur vir ons om op ons rusbanke te gaan sit en TV kyk nie.
  • Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees.
  • God wat oor n mens kom en wie se krag wat in ons en deur ons werk.

Hoekom praat ek hieroor?: WANT DAAR IS MEER. Bid jy reeds in tale? DAAR IS MEER. Jesus doop ons nie met Sy Gees en vuur sodat ons net in tale kan bid nie.

  • Daar is nog baie ander kragtige gawes (en vrug) sodat die verlore wêreld bereik kan word.

Meer as 1 keer se gebeurtenis

Na die lam man genesing ontvang deur die hande van Petrus en Johannes en die Joodse raad hulle gevange neem en belet om nie weer in die Naam van Jesus te preek nie lees ons hulle is vrygelaat en bid saam toe hulle by die ander gelowiges kom:

HANDELINGE 4:31 ‘En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. ‘

  • Weereens vervul met die Gees en het die Woord met vrymoedigheid gespreek.
  • Daar is MEER. Daar is iets soos Heilige Gees invullings, Heilige Gees wat oor ons kom, ons wat gedoop word met die Heilige Gees om n baie kragtiger impak te kan hê in hierdie wêreld as wat ons tans het.

In my lewe: Het ek die Luk 9:1-2 impak al gesien deur wonderwerke van genesings en duiwels uitdryf.

  • Maar ek weet daar is nog MEER.
  • Ek bid hom al die laaste jaar vir alles wat Hy my wil gee sodat ek alles kan doen wat ek moet voor ek sterf.

Wat moet ons doen broeder?

Lees Luk 11:6-13 – Gelykenis van die onbeskaamde vriend.

  • Alles om te verduidelik dat ons moet aanhou vra vir Heilige Gees.
  • Hoekom moet ek die Vader vra vir Sy Gees as ek die volheid ontvang tydens wedergeboorte?
  • Is dit moontlik dat daar MEER is wat Jesus vir ons wil gee?
  • Wil jy die MEER hê?
  • Hoe graag wil jy dit hê? — vir die wat Hom bid / vra

Wees soos die mense van Berea en met n goeie gesindheid moet julle die skrifte ondersoek ek kyk of dit wat ek sê die waarheid is.

  • As God die Seun in water gedoop is en daarna die Heilige Gees op Hom gekom het en daarna Jesus kragtig gewandel het – hoeveel te meer ek en jy.
  • Dieselfde proses het met Sy dissipels gebeur.
  • Die Heilige Gees in my wat die vrug van die Gees in my lewe na vore bring: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
  • Die Heilige Gees op my wat die gawes van die Gees deur my lewe wil werk om n verlore wêreld na Jesus toe te draai. (woord van wysheid/kennis, geloof, genesings, wonderwerke, profesie, tale onderskeid van geeste) –> Begin Hom vra…