2 Tim 2:21 (NLV) – As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy n kosbare item wees, n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.
Laasweek se boodskap (deel 1) opsomming – As jy jouself skoon hou…
- Persoonlike reinheid is nie n pad van vinger wys na ander om myself beter te laat voel nie.
- 1 Kor 6, Gal 5, Efe 4 en Ope 21 – dinge wat ons besoedel.
- Dis ernstig aandag gee op dit waarop Heilige Gees Sy vinger plaas in my eie lewe.
- Mat5:8 sê salig is die wat rein van hart is want hulle sal God sien. – HG wil ons help met ons persoonlike reinheid.
- Die oplossing lê nie net daarin om harder te probeer nie (eie wilskrag), maar om Hom meer te geniet.
- We fight the pleasures of sin with another pleasure – the pleasure of Knowing Jesus.
- Hoe groter hierdie skat, hoe minder aanloklik raak sonde.
(Skoon – laasweek), Gereed – hierdie week
2 Tim 2:21 (NLV) …een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.
2 Tim 2:21 (DB) … en sal reg staan sodat Sy Here hom vir enigiets kan gebruik, net waarvoor Sy Here hom nodig het.
2 Tim 2:21 (TPT) …for you are to be … dedicated to the honorable purposes of your Master, prepared for every good work that He gives you to do.
- gereed: Klaar, reg om oor te gaan tot die handeling wat verrig moet word; (iets moet gedoen word)
- gereedmaak: Sinoniem met Voorberei – vooraf proses van gereedmaak.
- prepared: ready to do or deal with something
As jy jouself skoon hou van die verkeerde – onder andere die voorbereiding wat jou gereed maak vir aksie.
- jy is dan iemand wat gereed is vir enige goeie taak wat jou Meester tydig / ontydig van jou kan vra om te doen – iemand wat Hy nuttig kan gebruik.
Onreinheid = ongereed vir enige goeie taak
Titus 1:15-16 (DB) – 15 …”mense wat gevangenis is van hulle eie selfgemaakte godsdiens…” 16 Hulle maak asof hulle God ken, maar hulle lieg. Want wat hulle doen, sê iets heeltemal anders. Hulle vang die verskriklikste dinge aan. Hulle luister glad nie na wat God sê nie. Hierdie mense doen nie n enkele ding wat God se hart bly maak nie.”
(AFR53) – hulle is ongeskik vir elke goeie werk – maw ongereed vir enige goeie taak.
Onreinheid is n begeerte / gereedheid blusser – geen begeerte, glad nie gereed om iets vir die Koning te doen nie.
- Dit steel vrymoedigheid.
“Gereed vir enige goeie taak” – Dis duidelik: Die Here kies vennootskap met my en jou
- Hemelse Vader se plan:
- Sy Seun gestuur: Om te oorwin. Die allerheiligste toeganklik te maak. Heilige Gees gegee.
- Daarna aan ons gevra: “Gaan en maak dissipels van alle nasies…”
- Die Skepper en eienaar van alles wat bestaan het besluit om in vennootskap te gaan met die mens op die goeie nuus van Sy Seun te verkondig in hierdie dimensie van tyd.
- (Info volgens Joshuaproject website)
- In my denke hieroor, voel ek – As die Here die uitvoering van Sy plan in Sy eie hande sou hou en uitvoer, dink ek nie dit sou 2000 jaar neem om die volgende te bereik nie.
Vennootskap = Gedeelde verantwoordelikheid.
- Soos in enige vennootskap, het elke party n rol om te speel.
- Byvoorbeeld: In die besluit om die mens te benodig om die wêreld te evangeliseer:
- 1 Ek het n verantwoordelikheid om my stem, my lewe, my storie, my liefde, my teenwoordigheid te gebruik om die sout en lig te wees.
- 2 Die Here bring die bonatuurlike na die tafel – die oortuiging van n hart dat redding nodig is, en die redding self.
… gereed vir enige goeie taak – voor hande, in die oomblik …
Jesus gaan eendag Sy verskyning op die wolke maak. Tot dan, vra Hy vir my en jou om op te daag.
Ek weet nie wat moet ek doen nie? – dis nie so ingewikkeld nie – Mark 9:41 – beker water in My Naam…
… tyd met Hom en tyd met Sy woord – gee geboorte aan nuwe begeertes.
Goeie werke wat voorberei is wat lê en wag om ontdek te word.
- My storie van begeertes (wat lei tot aksies) van die verlede (my BC dae). Assosieer dit met jou eie?
- Nuwe begeertes ontdek. Begeertes van vandag nie deel van my begin jare nie – transformeer my.
- Nuwe begeertes vorentoe wat ek nog nie van weet nie.
- Maar ek hou myself skoon, gereed vir die ontdekking.
- Wat n voorreg om deur Hom gebruik te word.
- Die wêreld het sy plesier en genot – maar hierdie oorheers dit by verre.
- My pad met alkokol: getuig – NEE, NEE, NEE, NEE – toe JA
Skoon en gereed…
- 2 Tim 2:21 (NLV) – As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy n kosbare item wees, n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.
Alkohol het gemaak dat ek soms nie gereed was vir die “enige goeie taak” nie.
- Hoe skoon wil jy graag wees? Hoe sterk is jou begeerte om deur Hom gebruik te word?
Hand 10:38 (AFR83) – Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
- God was by Jesus en God is by my en jou? Nie waar nie?
- Vir ons maak Hy die Heilige Gees beskikbaar, om ons toe te rus met krag.
- Vir ons om rond te gaan en goeie werke te doen, mense gesond te maak en die houvas van satan te verbreek.
Paulus oor Homself
Rom 15:17-19 (AFR83) – ‘In Christus
J Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig. Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God. En so kon ek van Jerusalem af al verder tot in I-llir-i-kum my taak om die evangelie van Christus te verkondig, ten volle uitvoer. ‘
** ek is trots op / ek is skaam vir dit wat ek in diens van God verrig **
Slegs 31% Christene in die wereld – slegs 10% dissipels van Jesus.
- Volgens Joshua project het 2/3 van Christene nodig om dissipels te word van Jesus.
Die mond van die mens kan nie help om te praat oor die skat van die hart nie.
- As Jesus Christus jou grootste skat is, sal jy brand van begeerte om n bekertjie water in Sy naam te gee.
- Jy bring jouself en die naam van Jesus, Hy bring die bonatuurlike. n Vennootskap sonder perke.
Jesus is opsoek na mense wat gereed is vir die oomblik wat Hy iemand nodig het.
- Sal jy jouself skoon en gereed hou?
- Jesus culture (2012) – Fill me up
- You provide the fire, i’ll provide the sacrifice
- You provide the Spirit, I will open up inside
JA Heilige Gees… ek stap met U, U stap met my.