SALIGHEID – KAN OOK VERTAAL WORD AS REDDING OF VERLOSSING.
- IN ENGELS IS DIT SALVATION / REDEMPTION
1 THES 5:1-11
1 MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ’n dief in die nag.
3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ’n skielike verderf hulle soos die barensnood ’n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ’n dief sou oorval nie.
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
OORSIG VAN-UIT 1 THES 5:1-11
- Niemand weet wanneer die terugkeer van Jesus sal wees nie.
- Moet jou nie laat mislei deur mense wat datums en tye voorspel nie.
- Jesus se koms sal onverwags wees en daarom moet ons elke oomblik daarop voorbereid wees.
- Ons wag op die koms van Jesus deur wakker en nugter te wees.
- Wakker beteken ons moet nie oorgerus raak nie en moet aktief besig wees met die 4 energie areas van Mat 24 & 25.
- Nugter beteken om geestelik en moreel gebalanseerd te wees, selfbeheersd te wees (1 Pet 4:7), dat jy jou plig doen en die bediening wat God jou gegee het voltooi (2 Tim 4:5), dat jy ‘n mens met insig is wat jou nie laat bedwelm met die oppervlakkige dinge nie, of dat jy bang word en weghardloop vir jou verantwoordelikhede en lewenstaak nie.
GEDAGTES OOR SALIGHEID MET 1 THES 5:1-11 AS RUGSTEUN:
- SALIGHEID SE SINONIEM (1 Thes 5:8-9)
- Wat is jou definisie van verlossing / saligheid?
- SALIGHEID beteken verlossing van sonde en die gevolge van sonde verkry deur geloof in Jesus Christus.
- SOTERIA – “Deliverance, preservation, soundness, prosperity, happiness, rescue, general well-being. The word is used both in a material, temporal sense and in a spiritual, eternal sense. Salvation is a present possession with a fuller realization in the future.
(Spirit Filled Life Bible)
- SALIGHEID SE SOLDAAT (1 Thes 5:8)
- Dit beteken dat jy die Borsharnas moet dra (Ef 6:14)
- Geregtigheid beteken om REG TE STAAN VOOR GOD
- Liefde moet ons harte beskerm
- Dit beteken dat jy die Borsharnas moet dra (Ef 6:14)
- Geloof moet ons lewens rigting gee
- Helm van verlossing / saligheid (Ef 6:17)
- Soos ‘n soldaat moet ‘n gelowige die vooruitsig en verwesenliking van saligheid gebruik om sy kop veilig en helder te hou sodat jy aanhou om reg te dink met insig oor God se toekoms.
- SALIGHEID SE AF-SKOP (1 Thes 5:9)
- Saligheid begin die dag wanneer Jesus in jou lewe instap!
LUK 19:9-10
Toe sê Jesus aan hom (Saggeus): Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ’n seun van Abraham is.
Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
- SALIGHEID SE SALWING (1 Thes 5:10)
LUK4:18-19
“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”
- Saligheid beteken dat Jesus nou reeds ons lewens deel, en in dit die aangename jaar van die Here in en oor ons lewens verkondig as ‘n geskenk vir nou wat tot volle realisering sal kom in die ewigheid.
- So ook met elkeen van die volgende aspekte as ons Salig bewus word van dit:
- Saligheid is dat die gebrokenes nou in vryheid weg gestuur word.
- Saligheid beteken dat blindes kan nou geestelik en fisies weer sien.
- Saligheid beteken dat gevangenis kan nou vrymaking ervaar.
- Saligheid beteken verbryselde harte kan nou tot genesing kom.
- Saligheid beteken daar is nou reeds goeie nuus vir die armes.
- SALIGHEID SE SPANNING
Paulus se briewe aan die Tessalonisense herhinner ons aan 2 pole wat teenoor mekaar staan maar beide stel ons saligheid ten toon.
- Stap vorentoe
Wanneer ons na Jesus kom is dit die begin van ‘n lewenstog saam met Hom. Saligheid is ‘n proses waar ons gered word van die hel vir die hemel en alles tussen in is deel van ons staptog saam met Hom.
- Staan wagtend
Om te lewe met ‘n verwagting dat Jesus weer sal kom is ‘n belangrike deel van Christen dissieplskap en ‘n uitspeel van saligheid in ons lewens.
- SALIGHEID SE SAAMSTAAN (1 Thes 5:11)
- As gelowiges het ons mekaar se bemoediging baie nodig. Al ken jy God se beloftes, duik daar tye op wat jy ‘n dringende behoefte het om mekaar daaraan te herhinner.
- Kom ons wees sensitief om mekaar moed in te praat en te versterk.
- SALIGHEID SE SANG
- John Newton skryf die bekende lied na ‘n radikale bekering van slawehandelaar tot Christen wat veg vir slawe regte in 1772.
- Gebruik die woorde van die lied tot oordenking van hierdie boodskap.
Amazing grace! (how sweet the sound)
That sav’d a wretch like me!
I once was lost, but now am found,
Was blind, but now I see.
‘Twas grace that taught my heart to fear,
And grace my fears reliev’d;
How precious did that grace appear
The hour I first believ’d!
Thro’ many dangers, toils, and snares,
I have already come;
‘Tis grace hath brought me safe thus far,
And grace will lead me home.
The Lord has promis’d good to me,
His word my hope secures;
He will my shield and portion be
As long as life endures.
Yes, when this flesh and heart shall fail,
And mortal life shall cease;
I shall possess, within the veil,
A life of joy and peace.
The earth shall soon dissolve like snow,
The sun forbear to shine;
But God, who call’d me here below,
Will be forever mine.
John Newton.