HEBREËRS 4:1-11 NLV
“God se belofte dat ons sy rus kan binnegaan, staan steeds. Daarom moet ons oppas dat dit nie dalk blyk dat een van julle langs die pad agtergebly het nie. Want hierdie blye boodskap van ’n plek van rus het ons ook ontvang, net soos hulle. Dit het hulle egter niks gebaat nie omdat hulle die boodskap wat hulle gehoor het, nie geglo het nie. Want net as ons glo, kan ons die rus binnegaan. Ten opsigte van hulle wat nie geglo het nie, het God egter gesê: “Daarom het Ek in my toorn met ’n eed soos volg verklaar: ‘Hulle sal nooit my land van rus binnegaan nie.’” Dit is ten spyte van die feit dat God se rusplek alreeds gereed staan van die skepping van die wêreld af. Ons weet dit is so, want die Skrif sê êrens van die sewende dag: “En God het op die sewende dag gerus van alles wat Hy gemaak het.” In die ander gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal nooit my land van rus binnegaan nie.”
God se plek van rus is dus beskikbaar, maar dié wat destyds die goeie tyding ontvang het, kon as gevolg van hulle ongeloof nie daar ingaan nie. Gevolglik het God weer ’n dag bepaal om sy rus binne te kan gaan. Daardie dag is vandag. God het dit aansienlik later deur Dawid aangekondig, naamlik: “Vandag wanneer julle sy stem hoor, moet julle nie julle harte verhard nie.” Hierdie nuwe rusplek was nie die land Kanaän waarheen Josua die Israeliete gelei het nie. Anders sou God nie later van ’n ander plek van rus gepraat het nie. Daar wag dus nog ’n heel spesiale rus vir God se volk. Want almal wat in hierdie rus van God ingaan, sal self rus van hulle moeitevolle arbeid, soos God ook van sy eie skeppingswerk gerus het. Kom ons span dan alles in om daardie rus binne te gaan sodat niemand van ons dalk hulle slegte voorbeeld van ongehoorsaamheid volg en ook omkom nie.”
WEGNEEM GEDAGTES:
1. Ongeloof onthou ons van Rus
2. Daar is hierdie snaakse spanning en balans tussen om te doen wat jy moet doen maar ook om op te hou oor-doen en in God te rus
3. Psalm 127:1
JESAJA 44:12 NLV
“Die ystersmid vat gereedskap en werk daarmee in die kole. Hy vorm ’n beeld met hamers en smee ’n beeld met die krag van sy arm. Hy word honger en sy krag word minder. Hy drink nie water nie en word uitgeput.”
WEGNEEM GEDAGTES
1. Om te rus in Hom is waar ek ophou met afgode diens van eie werk in ‘n soeke na eie voortbestaan volgens my prentjie en verwagtings na n plek van oorgawe en om te leef soos Hy ons wil laat leef
ROMEINE 4:1-24 NLV
“Abraham is ons aardse voorvader. Hoe pas hy in hierdie prentjie van vryspraak deur die geloof? Was dit op grond van sy goeie werke dat God hom vrygespreek het? As dit inderdaad so was, sou hy dalk goeie rede gehad het om te spog. Maar vanuit God se oogpunt het hy absoluut niks gehad om oor te spog nie. Die Skrif verklaar mos:
“Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” Wanneer mense ’n werk verrig, word hulle loon nie as ’n guns beskou nie, maar as vergoeding. Die saak staan heeltemal anders met daardie mense wat geen prestasie het waarop hulle kan staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddeloses vryspreek – hulle word vrygespreek deurdat hulle glo. Koning Dawid het hiervan gepraat toe hy beskryf het hoe gelukkig die mens is wat sonder enige wetsprestasies tog deur God vrygespreek word: “Gelukkig is daardie mense wie se oortredings nie gestraf word nie en wie se sondes uitgewis word. Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde glad nie meer toereken nie!” Geld hierdie uitspraak net vir die Jode, of sluit dit ook die nie-Jode in?
Wel, wat dan van Abraham? Ons het tog gesê dat hy deur God vrygespreek is deurdat hy glo. Het hierdie vryspraak plaasgevind nadat hy reeds besny was of terwyl hy nog onbesnede was? Die antwoord is dat God hom reeds tevore, toe hy nog onbesnede was, vrygespreek het en dat hy eers daarna besny is! Die seremonie van die besnydenis was ’n teken, ja, ’n plegtige bekragtiging daarvan dat Abraham alreeds geglo het en deur God vrygespreek is – selfs nog voor sy besnydenis. So het Abraham die geestelike voorvader geword van almal wat glo sonder dat hulle die besnydenis ontvang het en só deur God vrygespreek is. En hy het ook die geestelike voorvader geword van hulle wat besny is, maar net as hulle dieselfde soort geloof het as wat ons vader Abraham gehad het voordat hy besny is. Dit is dus duidelik dat God se belofte om die hele wêreld aan Abraham en sy nasate te gee nie berus het op wetsgehoorsaamheid nie, maar op die nuwe verhouding wat tot stand kom deur die vryspraak deurdat iemand glo. As jy dus beweer dat mense die wêreld as erfdeel sou kon verkry op grond van wetsgehoorsaamheid, het die geloof betekenisloos geword en het die belofte sy krag verloor. Wetsgehoorsaamheid bring juis straf mee – die enigste manier om wetsverbreking te voorkom is om geen wet te hê nie! Die geloof is dus die sleutel! God se belofte word as ’n genadegeskenk gegee en ons as sy nageslag sal dit baie beslis ontvang – nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar almal wat deel in Abraham se geloof. Want Abraham is die vader van ons almal wat glo. Dit is wat die Skrif bedoel het met die woorde: “Ek het jou die stamvader van baie volke gemaak.”
By die God in wie Abraham geglo het, was dié belofte reeds as’t ware ’n werklikheid – Hy is immers ’n God wat dooies lewendig maak en deur sy roepstem dinge wat nog nie bestaan nie, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is. Teen alle hoop het Abraham met vaste hoop geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: “Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel.” En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns alreeds gedaan was – hy was al omtrent 100 jaar oud – en dat sy vrou Sara nie meer kinders kon hê nie. Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het.
Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het! Hierdie wonderlike waarheid – dat God Abraham regverdig verklaar het omdat hy geglo het – staan nie net opgeteken ter wille van Abraham self nie. Dit wil ook vir óns verseker dat ons net so vrygespreek sal word as ons in Hom glo wat Jesus ons Here uit die dood opgewek het.”
WEGNEEM GEDAGTES:
1. Om te rus is nie om passief te wees nie, dis n Goddelike aktiwiteit waar iets binne my skuif van eie krag na God se krag.
2. Om te glo gee ons aktiewe kapasiteit maar met n rustende gemoed.
3. Geloof lei ons in n plek van rus in waar ons in die regte posisie voor God staan (hier waar ek nou staan kan ek niks hoor nie).
4. Om in bg rus in te beweeg het nie n resep nie. Dit kom deur val en opstaan en oefen en oefen en veral glo totdat dit natuurlik kom.
5. Nog een Rus maak nie noodwendig ons lewe maklik nie maar leer ons eerder om saam met God die goeie en moeilike te beleef en te bewandel en te omhels.
6. God se Rus beteken nie ons omgewing kom tot rus nie, dit beteken my hart kom tot rus.
7. Rus sluit nie swaarkry uit nie, dit sluit egter vrede te midde van swaarkry in.
2 VOORBEELDE
Holocaust gesange
• Hatkiva – The Hope
Brother Lawrence
• 17e eeuse spanning in Europa
• his soul “had come to its own home and place of rest.”
• Hy het geleer om God se teenwoordigheid te vind te midde van sy dagtake
“God se Rus beteken nie ons omgewing kom tot rus nie, dit beteken my hart kom tot rus.”