Reën, Seën en Groei

JESAJA 44:1-5

Die Here sê: “Nageslag van Jakob, my dienaars, nageslag van Jesurun, Ek het julle gekies, julle moenie bang wees nie, want Ek sal dit laat reën op die droë grond, daar sal strome water vloei. 
Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuur en Ek sal hulle seën. 

Hulle sal gebore word en groei soos die gras en soos die populierbome langs die riviere. 

Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’ en hulle sal dit op hulle hande skryf. Hulle sal hulleself noem ‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’ ” 

GEDAGTES UIT JES 44:1-5

  • Dit is alles dinge wat net God kan doen
  • Dit is dus afhanklik van Hom en nie ons nie
  • Hierdie is nie voornemens deur Mense nie, maar voornemens deur God
  • God gee dit in liefde en genade

3 TEMAS STAAN UIT IN HIERDIE GEDEELTE

  • Reen
  • Seen
  • Groei
  1. REEN

“want Ek sal dit laat reën op die droë grond, daar sal strome water

vloei.”

  • Klem is hier op STIL wees
  • Dit reen spesifiek op droeë grond
  • Kenmerke van droeë grond
    • Droog
    • Dor / gekraak
    • Hard
    • Leweloos
    • Klipperig
    • STIL
  • Aleiding: Dit is die Stil areas in ons lewens wat gereed is vir die Vader se Reen
  • Areas in ons lewens van droe grond:
    • Verhoudings
    • Finansies
    • Gesondheid
    • Emosionele toestande
    • Werks omstandighede
    • Geestelike lewe
    • Ander
    • STIL
  • Watter areas in jou lewe is STIL droeë grond areas?
    • Dit lê stil
    • Daar is geen beweging nie – Dus “Stuck”
    • Dit het tot einde van self gekom en gaan lê
      • “Running on empty brought barreness & dryness”
    • Of dit kies eenvoudig om stil te word voor God
    • Hoe moeilik is dit vir party mense om stilt e raak
    • Stil wees lei tot ware vrug

“Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.” Jes 30:15

  1. SEEN
  • Klem lê op VERHOUDINGS
  • Wat is seen?
  • Oorvloed
  • Voorspoed
  • Geluk
  • Vrede
  • Eenheid

“want Ek sal dit laat reën op die droë grond, daar sal strome water vloei. Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuur en Ek sal hulle seën. 

Hulle sal gebore word en groei soos die gras en soos die populierbome langs die riviere. 

Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’ en hulle sal dit op hulle hande skryf. Hulle sal hulleself noem ‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’ ” 

  • Stelling: Seen begin en eindig by gesonde verhoudings
  • God gebied Sy seen oor eenheid
  • Seen het baie meer te doen met gesonde emosionele toestande, gesonde verhoudings en gelukkige mense as met baie geld.

Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’ 

  • 1 Pet 3:7-12

Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.

Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.

Daar staan geskrywe: “As iemand die lewe liefhet en ‘n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.

Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”

  • Matt 6:30-33

As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.

Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

  • Illustrasie van Italiaanse dorpie in VSA
    • Gesonde verhoudings het gelei tot algemene gesondheid
  1. GROEI
  • Klem lê op BALANS
    • Definition of growth – Oxford
      • the process of increasing in size:
      • the process of developing physically, mentally, or spiritually:
      • the process of increasing in amount, value, or importance:
      • increase in economic activity or value:
    • My definisie: Gebalanseerde vooruitgang

“Hulle sal gebore word en groei soos die gras en soos die populierbome langs die riviere.”

  • 20 mile rule – Scott & Amundsen – Dec 1911 – 650 miles to the South Pole
  • Wanneer ek bou, bou ek met strooi of Goud. Jy kan ewe besig wees!!
  • Groei ek slegs in 1 area, of groei ek in alle areas
  • Areas: Finansies / verhoudings / menswees / gesondheid
  • As een area uitskiet bo ‘n ander, gaan daar ‘n ongebalanseerdheid wees, wat slegte vrug beteken.
  • God skryf soms hoofstukke in ons lewens, om uiteindelik ‘n hele boek te vorm

TEN SLOTTE

  • Stilwees lei tot ontvanklikheid vir reen
  • Gesonde verhoudings lei tot seen
  • Gebalanseerde vooruitgang lei tot groei

GEDAGTES VIR OORDENKING

  • Watter areas in jou lewe is stil of moet stil raak?
  • Watter verhoudings in jou lewe kort aandag?
  • Is my fokus op seen net finansieel of algehele gesonde welstand?
  • Watter areas in jou lewe is groei areas?