Preek/ Boodskap oor: Hy Tel My Op
Ek wil jou bemoedig aan die einde van ’n moeilike jaar deur jou te herinner dat ons ’n hemelse Pappa het wat jou wil optel.
Preek/ Boodskap oor: Kies Lewe
Inleiding:
Almal wil lewe!
Wat is lewe?
– Die vermoe om met vrede en welstand gelukkig voor te bestaan
Preek/ Boodskap oor: Tuis raak of Nuutmaak
Rom 12:2 (DB) – Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat Sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.
Preek/ Boodskap oor: Eendag op ‘n Slag
Inleiding:
- Die lewe is geneig om ons aandag af te lei en om ons weg te hou van die oomblikke wat God vir ons gee.
- Ons lewe in ‘n soort van ‘oorlewings gewoonte’ waar ons net deur die dag kom en soms die tyd (dag of week) om wens.
- Ons lewe in ’n vreemde en ’n onseker PANDEMIE tyd. Almal van ons hanteer daagliks en weekliks uitdagings en ons het (vriende en familie begrawe het) weereens agterkom dat die lewe nie net oor môre gaan nie, maar dat dit meer oor vandag moet gaan.
- Die lewe gaan oor wat God wil hê dat ons vandag moet doen.
*Daarmee sê ek nie dat ons nie moet beplan nie maar dat ons ons planne voor God se voete moet sit en Sy wil vir ons lewe – vir ons dag – moet soek
Preek/ Boodskap oor: Huwelik op die Rots
Psalm 127 se: “As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.”
Preek/ Boodskap oor: Heelhartig (Prys en Aanbidding)
Lofprysing en Aanbidding is nie net die liedjies wat ons sing, of selfs die roetiene/volgorde waardeur ons gaan wanneer ons bymekaar kom vir geleenthede soos vandag nie.