1 Kor 13:13 (NLV) – Al wat altyd sal bly is: geloof, hoop en liefde – hierdie 3. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde.
- Paulus lig 3 belangrike geestelike aspekte uit: Geloof (vertroue), Hoop, Liefde
- Ek wil met julle gesels oor die een in die middel – hoop. Die krag van selfs net ‘n bietjie hoop hê.
- Maar as geen hoop teenwoordig is nie, is dit baie donker om jou.
Dawid in Siklag
1 Sam 30:1-6 (Afr53) – LEES
- Amalekiete oorval Siklag brand alles af. Ontvoer al die vrouens en kinders.
- Verbeel jouself: jou woongebied, elke huis afgebrand en al die families ontvoer. Jou gevoel?
- Vers 4: “Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.”
- ‘n Absolute lewenslaagtepunt.
- Kan dinge nog erger raak? Dinge raak erger vir Dawid, manskappe wat hom volg wil hom stenig.
- Dawid lei aan PTS.
- Ander gebeure in Dawid se lewe:
- Aan die begin het Dawid se pa hom nie waardig te ag om tussen die ander seuns voor Samuel te staan nie.
- Saul was later jaloers op Dawid en het hom probeer doodmaak.
- Saul se dogter wat Dawid se vrou geword het, het hom konstant afgebreek, selfs in die openbaar.
- Dawid se dogter is gemolesteer deur ‘n familielid.
- Dawid se seun, Absalom wou sy pa onttroon.
- Probleem na probleem, terugslag na terugslag.
10 kragtige woorde:
- 1 Sam 30:1-6 (Afr53) – v6 En Dawid het dit baie benoud gehad… maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.
- Dawid draai na die Here toe, terwyl sy manskappe (600 van hulle) hom wil stenig.
- Is daar enige hoop te vinde in so ‘n situasie?
- Dawid het intern met homself gewerk en gekies waar om hoop en krag te vind.
Jou lewe nou
Waar is jy nou? Wat staar jy in die gesig?
- Gesondheid, verhouding uitdagings, finansiële krisis, verwerping, iemand aan die dood afgestaan?
- Watter situasie laat jou voel of jy nou in die diep waters is en besig is om onder te gaan?
- Jy voel dalk soos Dawid by Siklag?
My vraag aan jou: Wat is die gesprekke wat intern binne in jou aangaan? Wanneer jy en jouself ‘n vergadering het.
- “Die ding is te groot, ek gaan dit nie maak nie. Daar is geen uitkoms nie.” OF…
Soos Psalm digter in 43:20 (Afr20) [Hoor hierdie interne vergadering wat plaasvind]
- Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer dank vir die verlossing wat Hy, my God, deur Sy teenwoordigheid
- “Waarom is jy so onrustig in my, my siel? Hoop op God. Ek sal Hom, my God, weer prys”.
- Versterk jy jouself in jou probleem? Of versterk jy jouself in die Here jou God?
Dis tyd dat jy en jouself ‘n vergadering met mekaar moet hê om te assesseer of jy besig is om jouself te versterk in jou probleem of in die Here jou God. – (ek gee jou gou 30 sekondes)
Die HERE se geskiedenis
Wat is jou geskiedenis met die Here – met Abba, Die Here Jesus en met Heilige Gees.
- Is hierdie die eerste krisis wat jy tref of is daar ander stories in jou lewe waar God se hand omstandighede verander het of jou versterk het om omstandighede deur te sien?
Waar kry ons die Here se geskiedenis?
- In die Bybel (as jou eie stories min is, kyk na ander se geskiedenis met Hom)
- In my lewe (jou eie stories + ander se stories in die Bybel)
MY God in Psa 43:20 en die Here SY God in 1 Sam 30:6 –
Die God van Abraham, Isak en Jakob, Die God van Dawid en Daniël, Die God van Petrus, Johannes en Jakobus, die God van Friedel en Lérie moet êrens verander in “MY God”.
Hoe gaan dit met jou en Hom? Is jy en Hy intiem, naby? Of het jy erens jouself verwyder van die BRON
- (ek gee jou nog 30 sekondes – jy en jouself)
Rotte wat swem
Eksperiment deur Dr Curt Richter in 1957 (Prof van Johns Hopkins Universiteit)
- Rotte wat binne ‘n paar minute verdrink.
- Teenoor rotte wat uit die water gehaal word net voor hulle verdrink, laat rus en dan weer in die water gesit word.
- Kon later vir 60 ure swem.
- Hulle het vinnig geleer dat hulle situasie nie heeltemal hopeloos is nie – daar gaan nou-nou ‘n hand kom wat my uit die water gaan optel en ek gaan swem tot dit gebeur.
Hoop se betekenis: [Grieks – Elpis] – ‘n verwagting, ‘n vertroue, om na die toekoms te kyk met ‘n sekerheid.
- Ek was al in soortgelyke situasies. Dis nie vir my vreemd nie.
- Die vertroue dat ‘n hand in die water gaan kom en jou gaan optel.
- Hy het dit in die verlede gedoen, Hy sal dit weer doen.
MAAR: ek is siek, ek hoop en vertrou en hoop en hoop Friedel en ek word nie gesond nie. Is jy besig om te sterf? Weet jy wat, kyk dan verby die graf in die ewigheid in. Daar lê Hoop.
MET GOD IS DINGE NOOIT HOPELOOS NIE.
1 Sam 30:6