Kort opsomming van deel 2: Ons het in deel 2 gekyk na Psa 83, Ese 38 en Dan 10-12 waarin profetiese woorde verskyn gemik op die eind tye.
Ek het vir julle gewys hoe hedendaagse nasies se verhoudinge in meer onlangse jare begin versterk het en hoe hierdie spesifieke nasies se name in Bybelse profesie opgeteken is.
Hierdie generasie sien dit gebeur – Dan 11 (so spesifiek, sommige sien dit a geskiedenis skrewe)
Dit is alles dinge wat vooraf moet gebeur voordat ‘n wêreld leier gaan opstaan wat tydelik vir Israel goedgunstig gaan wees, maar na ‘n kort tydperk van 3.5 jaar, vyandig gaan raak teen Israel.
Die Antichris
1 Joh 4:3 – die wat nie bely dat Jesus in die vlees gekom het nie, het die gees van die Antichris.
- Die gees van die Antichris is reeds baie aktief in die wêreld, en sigbaar in mense.
Israel verwag nog die koms van die Messias. En hulle gaan eers die Antichris kies as Messias.
- Net soos die Jode gedink het Jesus gaan hulle van die Romeine verlos en ‘n aardse Israeli koninkryk vestig, is die verwagting dieselfde van die komende Messias.
- Sedert 1948 het generasies nie blywende vrede in Israel nie, hulle is omring deur hul vyande.
- Die tyd is baie ryp vir ‘n baie begaafde leier om na vore te kom en reg te kry wat nog geen leier reg kon kry nie: ‘n Ooreenkoms wat vir Israel hulle land en vrede sal gee.
2 Tess 2:1-10 (Afr53) – lees die verse (verwysing na ‘n fisiese persoon).
Die begaafde leier gaan iets regkry wat ander nie kon nie – Israel gaan die tempel bou.
- 2 Tess 2:4 – Antichris gaan in die tempel sit asof hy God is.
- Lees ook Dan 11:31 (einde maak aan daaglikse offers) –> Die tempel moet dus bestaan.
- Antichris op die toneel: –> Vir 7 jaar (in 2 dele gedeel) – Jesus oorwin hom met wederkoms.
Daniel & Openbaring – die groot verdrukking wat oor die wêreld kom.
- Dan 9:27 – praat van 7 weke en in die middel van die week stop Antichris die offers.
- Dan 12:7 – praat van tyd, tye en halwe tyd (3.5 jaar)
- Ope 11:3 – praat van 42 maande (3.5 jaar)
‘n 3.5 Jaar verdrukking soos wat daar nog nie was nie en nooit weer sal wees nie (skrif)
Die oordeel van God kom op die aarde.
Die wegraping
“rapture” – to be caught up (geneem vanaf Griekse en Latynse woord)
- Soos Paulus (“weggeruk”) in 2 Kor 12:2-4 en Filippus(“weggevoer”) in Hand 8:39 –
Skrifte:
- Wanneer? Mar 13:32 (Afr53) – rakende die dag en uur, weet niemand nie. Slegs die Vader.
- 1 Kor 15:51-53 (Afr53) – Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink…
- 1 Tess 4:17 (Afr53) – Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word, die Here tegemoet in die lug, en so sal ons altyd by die Here wees.
- Luk 17:34-35 (Afr83) – Ek sê vir julle: Dan sal 2 mense op een bed slaap, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat Twee vrouens sal koring maal, een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word.
Die Bybel praat van ‘n gebeurtenis waar siele in ‘n oogwink verwyder gaan om vir Jesus in die wolke tegemoet te gaan. En niemand weet wanneer nie (die dag en uur).
**Dis belangrik om te verstaan dat dit nie dieselfde gebeurtenis is as die wederkoms van Jesus, terug na Jerusalem om vir 1000 jaar op aarde te heers nie.
Maar die vraag is: Waar is die kerk tydens die verdrukking?
As ons die Antichris sien, maak gereed. Dit gaan ons waarskuwing wees:
- As ons vrede sien in Israel en ons sien die bou van die tempel wat begin, dan weet ek dat ek moet voorberei vir dit wat kom. Ek kan nog rustig wees en bietjie jol.
- Jesus se bruid gaan nie aan die ontvang kant van God se TOORN wees nie (Ope 16)
- Goeie nuus: wegraping gebeur voor die groot verdrukking kom.
Skrifte:
- Luk 21:28 (Afr53) – En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
- “Spanning op die aarde” – ‘n Verlossing van die wat kom, om dit nie deur te gaan nie.
- Luk 21:36 (Afr53) – Waak en bid altyddeur, sodat julle waardig geag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die seun van die mens te staan.
- Ontvlug – Engels is ‘escape’ – Bruid gaan die toorn van God ontvlug.
- 2 Tess 2:7-8 (Afr83) – maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, dan sal die ongeregtige geopenbaar word…
- Heilige Gees hou die Antichris teë en moet eers verwyder word wanneer die kerk weggeraap word. Dan sal Antichris sy verskyning maak.
- 1 Tess 1:10 (NLV) – Hierdie Seun is Jesus wat God uit die dood opgewek het. Dit is Hy wat ons verlos van die oordeel wat kom.
- Jesus gaan nie Sy bruid deur God se oordeel laat gaan nie.
- 1 Tess 5:9-10 (Afr83) – God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. Hy het ter wille van ons gesterwe sodat ons, of ons by Sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe.
- Jesus gaan nie Sy bruid deur God se oordeel laat gaan nie.
- Ope 3:10 (Afr53) – Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar van die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
- Waar gaan Jesus se bruid wees wanneer verdrukking op die aarde gaan kom? By Hom
Wat is die uitverkorenes in die verdrukking?
- Mat 24:22 – As daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
- .. Ter wille van Israel verkort God die verdrukking op aarde
Na die wegraping en in die verdrukking sal daar steeds mense wees wat tot inkeer kom, maar nie sonder ERGE verdrukking nie, veral in Israel.
- Ope 7 vertel vir ons van 144,000 Jode wat uit die verdrukking kom en hulle klere is wit gewas met die bloed van die Lam.
*** Dinge rondom Israel kom in plek (die preek reeks is om jou te help om dit raak te sien)
*** Hoe lank voor Jesus Sy bruid kom haal?
Jesus se terugkeer na Jerusalem en 1000 jaar vrede
Na die 7 jaar (en veral 3.5 jaar 2e helfte) verdrukking tydperk. Jesus keer terug na Jerusalem (nie NY, Kaapstad of Sydney nie) om die Antichris en sy magte te verslaan.
1000 jaar vrede waartydens die kerk saam met Christus heers oor die aarde.
- Daarna die wit troon oordeel en die ewige lewe.
Waarskuwing van Jesus om nie deur sorge van lewe ingesluk te word nie (Luk21?)
Waar Jesus praat oor die eind tye, waarsku Hy:
- Luk 21:34 (NLV) – Spits julle daarop toe dat julle sinne nie afgestomp word van te veel eet en drink en deur die bekommernisse van die lewe nie, en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos ‘n strik oorval nie.
- Is jou lewensfokus hoofsaaklik op aardse dinge? Of is jy geestelik lewendig?