Siestog, die arme Fariseër
Jy kan uiters opreg wees, en tog opreg verkeerd.
- Wat bedoel ek hiermee?
In die Bybel vind ons verskeie voorvalle waar die Here Jesus met die godsdienstige leiers van Sy tyd ‘n verskil gehad het rakende die dinge van God se koninkryk.
Voorbeelde:
Joh 9:14-16 (NKJV) – Now it was a Sabbath when Jesus made the clay and opened his eyes. Then the Pharisees also asked him again how he had received his sight. He said to them, “He put clay on my eyes, and I washed, and I see.” Therefore some of the Pharisees said, “This Man is not from God, because He does not keep the Sabbath.”
- Die onderhou van die Sabbat was ‘n Goddelike opdrag.
- Volgens die Fariseërs se interpretasie het Jesus met genesing die Sabbat wet oortree.
- Die slotsom: Jesus is nie van God af nie. (Jesus is ‘n valse profeet)
Luk 11:37-38 (Afr53) – EN onderwyl Hy besig was om te spreek, het ‘n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan. En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie.
- Volgens tradisie is dit die regte ding om te doen voor jy eet – was jouself.
- Die Here Jesus het nie op die geleentheid nie, daarom bevraagteken die Fariseër hom.
Luk 11:53-54 (Afr53) – En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge, om vir Hom ‘n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
- Een groepering mense luister na Jesus se woorde en dit laat hulle in verwondering en bewerkstellig groeiende geloof en vertroue in Hom as die Messias (die “sondaars”).
- ‘n Ander groepering mense luister krities na die Here Jesus se woorde om iets verkeerd te vind wat hulle teen Hom kan hou (die diep godsdienstiges).
Luk 15:1-2 (Afr53) – EN al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister. En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
- Die Here Jesus kry kritiek omdat hy met mense tyd spandeer wat volgens ‘n ander groep mense nie waardig is om mee tyd te spandeer nie.
- Die hart van God en die hart van godsdiens het ‘n totale ander uitkyk.
Luk 18:9-14 (CJB) – die Fariseër en die tollenaar
- Die godsdienstige een wat gedink het sy saak met God is reg, was nie die een wat die tempel verlaat het en wie se saak met God reg was nie.
Ek kan julle maklik vir nog 30 minute besig hou deur nog sulke voorbeelde uit te lig.
- Jy kan uiters opreg wees, en tog opreg verkeerd.
Godsdienstigheid in ons kultuur
As Afrikaanse Suid Afrikaner het ek groot geword binne ‘n gemeenskap wat baie godsdienstig was op Sondae, maar die res van die dae van die week het praat en doen baie anders gelyk as daardie 1 of 2 ure op ‘n Sondag.
Sondag was die Here se dag en kerk toe gaan was die regte ding om te doen.
- Op hoërskool het ek ook goed geraak om kerk te begin doen.
- Die meeste van ons hier is Afrikaners en meeste Afrikaners is ‘n godsdienstige klomp mense.
- Maar is Godsdienstigheid wat nodig is vir ons geloofswedloop?
Die gevaar van godsdienstigheid
Lees die hele Mat 23 (NLV):
9 gevare uitgelig oor godsdienstigheid:
- Godsdienstigheid weet hoe om mooi praatjies te maak, maar leef nie wat gepraat word nie.
- Godsdienstigheid lyk goed voor mense en kry die eer van mense, maar voor die Here wat die geheimenisse ken, is die godsdienstige persoon nie so hoog in aansien nie.
- Ellende wag vir julle skrifgeleerdes en Fariseërs (one who is separated) (7 keer herhaal in hfst 23)
- Godsdienstigheid maak dissipels vir die hel groot (is dit dalk die ellende wat lê en wag vir godsdienstige mense wat se hele hart nie in die saak is nie?)
- Godsdienstigheid is blind. So iemand is gerus in hulle godsdienstigheid, maar weet nie dat hulle eintlik die merk mis nie.
- Ek sê: “Siestog, kyk hoe haal Jesus die arme fariseërs en skrifgeleerdes uit”, terwyl Hy eintlik met my praat.
- Godsdienstigheid het ‘n baie vroom voorkoms van buite, maar die binnekant is donker, onrein en dood (doodsbeendere).
- ‘n Godsdienstige persoon dink hy is reg en meet hulleself teen ander sondaars en kyk na hulle en dink “ag shame, darem is ek nie soos jy nie”. Maar dan is dit jy wat die merk mis.
- Godsdienstigheid vind maklik meer berusting in die goeie werke wat gedoen word as in die voltooide offer van die Here Jesus Christus.
- Wat ek bedoel is, die Fariseër kyk na die reg en verkeerd. Doen wat reg is, moenie doen wat verkeerd is nie. Terwyl dit eintlik moet gaan oor Iemand. Die Persoon Jesus Christus.
- Godsdienstige persone is meer met hulle kop in die geloofspad en nie met hulle hart nie.
Ons is ‘n godsdienstige nasie, maar godsdienstigheid mis duidelik die merk, vriende.
Jesus en Fariseër Nikodemus
Joh 3:1-5
- Nikodemus, vergeet die dinge wat ek doen. Jy moet geestelik wedergebore wees.
Is jy besig met die beoefening van godsdiens of wandel jy in ‘n verhouding met die Messias?
KOM UIT godsdienstigheid uit, en jaag ware verhouding na.
(tydperk van gebed – laat jou hart reageer op teenoor die Here op grond van vandag se boodskap)
1 Pet 1:6-7 (NLV) – ‘Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.’