Preek /Boodskap oor: Die Wagkamer Deel 2

In deel 1 van die wagkamer: (as jy dit gemis het, gaan soek dit op ons Youtube kanaal)

Spr 13:12 (NLV) – Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ‘n Begeerte wat vervul word, is soos ‘n boom wat lewe gee.

  • Die doel van die reeks is om ‘n mismoedige hart te versterk om sterk deur die wagkamer te kom.
  • Terug by hierdie week…

Israel se 80 jaar wagkamer:

  • Wagkamers kan lank raak.
  • 2 weke terug het ek gevra: Hoekom was hierdie wagkamer tydperk so lank?

Wat gebeur met ons in die wagkamer? (Moses se vorming)

(1) Moses die prins van Egipte
Exo 2:11-14

  • Moses het teen die tyd al gedink hy is God se antwoord vir Israel. Hy sal Israel verlos.
  • Hand 7:25 (NLV) vertel Stefanus ons van Moses: “Hy het gemeen sy mense sou begryp dat God hom gestuur het om hulle te verlos, maar hulle het nie.”
    • Weet julle dan nie dat God my gekies het om julle te verlos nie?
    • Sy mense verwerp hom (“Wie is jy? Gaan jy ons ook doodslaan?”), Faro soek sy lewe. Moses vrees. Moses vlug.

(2) Moses die veewagter
Hy gaan ‘n 40 jaar tydperk in van skynbare onbelangrikheid. Hy pas diere op in die wildernis (van die prins van Egipte).

  • Maar hy leer die wildernis ken, die wildernis waarin hy vir ‘n derde 40 jaar tydperk van sy lewe as leier van miljoene mense, sou rond trek.
  • As ‘n herder, leer ken hy nie net die terrein nie, maar iets in Moses verander.

Toe die HERE uiteindelik vir Hom kom sê: Ek stuur jou Moses, is Moses getransformeer vanaf Moses wat gedink het hy is net die man om Israel te red, tot een wat vir die Here vra in Exo 3:11 (Afr53): “Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?”(3) Moses die leier

Later in Exo 33:16 (NLV) lees ons: “As U nie self saam ons gaan nie, moet ons nie eers ‘n tree van hier af laat beweeg nie.

  • Die HERE wat dieper insien in situasies in, het geweet dat Moses op 40 nie gereed was om miljoene mense uit hulle Egipte uit te lei nie.
  • **** Moses moes eers beweeg vanaf “God het my nodig” na “Ek het God nodig” ****

Doen die Here werklik niks terwyl ons wag nie?

  • Die Here kom dalk stil voor in die situasie, maar is Hy stil in jou?
  • Israel bly vir jare in slawerny, maar Moses is besig om te word wie nodig is om hulle uit te lei.
  • Wat gebeur met my en jou in die wagkamer?
  • Dalk verander die situasie nog nie, maar iets in my verander?

Dinge buite en binne ons beheer

Situasies  in die wagkamer is dalk nie altyd in ons beheer nie, maar daar is wel dinge binne ons beheer:

  • Hoe ons wag.
  • Wie ons word terwyl ons wag.

Hoe wag jy? Wie word jy?

Wag in Jerusalem vir die belofte: Hoe het hulle gewag?

  • Eendragtig SAAM en in GEBED (Hand 1:14)
    • Stap saam mense, wat saam met jou stap in geloof.
    • Die wagkamer gelykenis: … sodat ons moet aanhou bid, sonder om moedeloos te word.
    • (1) Ek is hier, ek is ingeskakel, ingehaak, in gebed en ek (2) besoek my stoel by die huis.
    • Nie passief nie! Nie geïsoleerd nie!

*** My saamstap met julle en my tyd in die stoel speel ‘n rol in wie ek word in die wagkamer. ***

  • Jy sê dalk vir my: Friedel ek stap saam en ek bid.
  • Hoe lyk jou gebedstyd in die wagkamer?

Die wagkamer probleem: Die fokus is op die geskenke wat Hy moet gee en nie meer op Hom nie.

VRAAG: Wat is die naam van jou wagkamer? Werkloosheid? Siekte? Stormagtige huwelik?

Ek kan nie net in die werkloosheid sit en dit is my totale fokus nie? Of siekte. Ek kan nie. As ek my hart na die hemel draai en dis die heeltyd: Here die siekte, Here die siekte, die siekte Here…

Weet julle wat lig my uit / wat tel my op in die wagkamer?

  • Vader, ek het U lief. En U liefde vir my hier en nou is ‘n vars fontein wat my versterk. U verlig my donkerte Vader. Dankie dat U my lief het. Ek is dankbaar dat U naby is in hierdie tyd…
  • Ek sit hier in my stoel nie net omdat ek sê “siekte, siekte, siekte” nie, maar meer kere omdat ek Hom begeer. Om by Hom te wees.

Dit is hoe ek wie Hy is skei van die naam van my wagkamer: My wagkamer beïnvloed nie in my hart wie Hy is nie. Of ek die realisering gaan kry van my versoeke of nie.

  • My hart vind Vader se teenwoordigheid deur tye van aanbidding.

HY en wie Hy is, versterk my in die proses van wag vir die deurbraak.

Die wonderwerk voor die wonderwerk.

Mense om jou weet van jou seisoen. Hulle sien jou en jy glimlag en nog meer, jou hart glimlag. Hulle weet, jy is eintlik nie veronderstel om ‘n glimlag op jou hart te hê nie, maar jy het. Hoekom? Want die HERE!!!

  • En dit is ‘n wonderwerk. En dit verheerlik Sy Naam.
  • Sien jy die wonderwerk raak sonder dat jy jou wonderwerk gekry het?
  • Of mis jy die wonderwerk? Soos Moses verander jou wagkamer jou.

LEES: Maar wanneer die gawes nie die antwoord bring waarna ek opsoek is nie, is dit die ken van Sy hart, die sekere wete wie Hy is, die belewenis van liefde en intimiteit, wat my skip suksesvol deur die wagkamer laat seil.

Ek sluit af:

Deu 8:2-3 (Afr53) En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.

Ons kan nie die Here blameer vir alle wagkamers nie.

Maar wagkamers is soms ‘n toets.

Wie word jy in die wagkamer?