Wat gebeur as jy God se prioriteit, jou prioriteit maak?
Dit is algemeen bekend dat die basiese behoeftes vir oorlewing…
• kos, water, klere, suurstof, skuiling en slaap is
Die res is luukshede.
• As ek jou die vraag vra wat het jy nodig om te oorleef, sal party van julle sê: koffie (nê Lambie), sommige sal sê: my hardloop tekkies, en ander dalk sjokolade.
• Maar wanneer ons sou gesels oor basiese dinge nodig vir oorlewing, sal ons na ‘n kort gesprek kon neerkom slegs kos (basiese dinge), water (nie die water in koffie nie Lambie, net water), klere (ons het minder nodig as wat ons het), suurstof, skuiling (nie ‘n groot huis nie, ons sou wegkom met basiese skuiling) en slaap.
• 6 BAIE belangrike dinge – kan ons dit verder afbreek, of is hierdie 6 fondasie dinge vir oorlewing?
In Mat 6:25 (Afr53) – Die lewe is meer as voedsel en die liggaam as klere.
• 3 van ons 6 basiese elemente om te oorleef word genoem (voedsel – kos en water, asook klere).
• Ons sê ons kan nie lewe sonder die dinge nie.
• Jesus sê “die lewe is meer as dit”, m.a.w daar is iets nog meer belangrik: –>
Die antwoord:
Mat 6:33 (Afr53) – Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
• Ons ken die skrif, wat is volgende? Vertel my iets nuut.
• Ek wil vra: Ons ken die skrif, maar is jou en my se lewe so? Is dit ons lewe?
Soek is ‘n werkwoord – Dit is ‘n aktiewe aksie van ons kant af.
• Ons almal “soek” (arbei vir) kos, water, klere, skuiling – hoekom werk jy so hard? Vir die 4 dinge.
• En soms onder baie spanning.
• Mat 6:25 – Moenie julle kwel oor julle lewe (oor wat jy moet eet, dring, aantrek nie)…
o Dan vat Hy ons na die natuur toe, God voorsien en sê vir my en jou as mens: Ons is meer werd vir Hom as voëltjies en blomme. As Hy vir hulle sorg, soveel meer vir ons.
Prioriteit
• “a thing that is regarded as more important than other things”.
• Wanneer kos, drinkgoed, klere, skuiling (aardse dinge), my prioriteit is, is my voorsiening meer in my hande as Syne.
• Wanneer Sy Koningkryk en ‘n lewe leef wat reg is voor Sy aangesig my prioriteit is, dan is my kos, water, klere en skuiling in Sy hande.
• Anders gestel: wanneer dit wat belangrik is vir Hom die heel belangrikste is vir my, dan sorg Hy vir die dinge wat belangrik is vir my (Friedel 6:33).
God se prioriteit (2 goed – Sy Koninkryk, Sy geregtigheid – soek wat reg is voor Hom)
• (Wat word bedoel met koningkryk en Sy geregtigheid)
• Sy Koninkryk op aarde is waar Hy heers – op plekke en in mense – daar waar Jesus Koning is.
• Die vestiging van Sy heerskappy / koninkryk IN my en jou en hoe dit uitspeel DEUR ons.
• Sy geregtigheid: Dit wat voor Hom reg is. (Ons beklee met Sy geregtigheid, en soek wat reg is)
Oor die laaste 6 dae het mense hulleself uit hul normale roetine uitgehaal om Firecamp by te woon.
(wat vir 6 dae Jesus absoluut eerste geplaas het in hulle lewe)
Vrae:
• Hoe het dit wat jy vanoggend gehoor het (Sy Koninkryk eerste) nuwe betekenis vir jou gekry in die Firecamp week?
• Hoekom het jy firecamp bygewoon?
• Wat het Firecamp vir jou beteken?
• Therisa Broekman – Was dit ‘n opoffering om besigheid te los en 6 dae Firecamp te doen?
• Wie van julle het vir die eerste keer hierdie week, iemand na Jesus toe gelei? Hoe was dit vir jou?
• Wat is nou volgende na Firecamp?
Studente van LCF Gemeente (10 stoele):
• Liandro Viana
• Heindrich en Therisa Broekman
• Danielo en Nina Thysse
• Jenny Delport
• Francois Coetzee
• Lune Eloff (gedoop in Kainos dam)
• Daniel Wenhold, Jayden, Evan
• Elsa Enslin