Ietsie Ligs:
God gebruik selfs die duiwel om te voorsien
Jesaja 60:1-3 1983
“Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”
JESAJA 60:1-3 AFR83
Agtergrond van Jes 60
Persie neem vir Babel oor. Klein Joodse volkie in die hand van wêreldmagte en gebeure. Kry guns om terug te keer na Jerusalem maar dit is ń opdraende stryd. Mense keer terug met min en probeer ń stukkende wêreld van 70 jaar gelede optel en restoreer te midde van aanvalle en grootskaalse vyandigheid. Hulle wêreld is donker en somber maar dis dan wanneer die beloftes kom en God oor hulle en binne hulle skyn.
My Dief in die nag storie …
Hoe moet ons dink oor die einde?
⁃ Jesus maak dit baie duidelik dit is nie vir ons om te weet nie.
“Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.””
HANDELINGE 1:7-8 AFR83
⁃ Jesus maak dit verder baie duidelik waarmee Hy ons besig wil vind wanneer Hy soos ‘ń dief in die nag terugkeer
⁃ Matteüs 24 & 25 gee vir ons 4 areas om energie in te belê.
Wat anders areas? (Matt 24&25)
1. Gelykenis 1 – Wees bedag op jou mense (Matt 24:45-51)
““Wie is eintlik die getroue en verstandige slaaf vir wie sy eienaar oor sy ander slawe aangestel het om hulle op tyd kos te gee? Dit is die slaaf vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!”
MATTEUS 24:45-46 AFR83
2. Gelykenis 2 – Hou jou geestelike vlam brandend (Matt 25:1-13)
3. Gelykenis 3 – hou aan werk met wat jou gegee is (Matt 25:14-30)
4. Gelykenis 4 – Leef met ń oop hand teenoor hulle minder bevoorreg as jy (Matt 25:31-46)
Skape en Bokke
““Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’”
MATTEUS 25:34-36, 40 AFR83
My Vraag vanoggend is WAT ANDERS?
⁃ Waarmee sou ons onsself anders besig hou as hierdie 4 dinge.
⁃ Waarmee gaan Jesus jou besig vind as Hy vandag onverwags sou terugkeer?
My boodskap vanoggend is een van:
⁃ Moenie opgee nie
⁃ Moenie moed verloor nie
⁃ Hou aan
1. Omring jouself met God sê kinders
2. Wees en bly betrokke in ń dinamiese geestelike lewe
3. Bou met talente en drome en hou aan
⁃ as jy n student is, studeer
⁃ As jy n besigheid het, bou dit
⁃ As jy n Pastoor is, bedien jou mense
⁃ As jy n werknemer is Moenie dat Mense rondom jou wonder of jy jou deel doen nie
⁃ As jy n droom het, jaag dit na
⁃ As jy n talent het, beoefen dit
⁃ As jy n boer is, plant
⁃ As jy jouself moet her-posisioneer, doen dit (werk / dood / verandering)
4. Leef met ontferming teenoor ander
⁃ Moenie dat politiek jou mandaat steel nie, kyk verby kleur en kultuur grense
⁃ Wees vrygewig
⁃ Help waar jy kan
⁃ Wees ń impak speler vir die Koningkryk
Storie van die stukkende Vaas
Bid vir:
1. Kreatiwiteit
2. Dapperheid
3. Kapasiteit
4. Vermoe