Vertroue en Gehoorsaamheid (Deel 1)
Anton Coetzee – 23 Junie 2024
Inleiding:
Ons lewens werk beter as dit in lyn is met God se plan en ontwerp.
En die fondasie van dit is dat wanneer my lewe in lyn is met God:
ek Hom met alles moet vertrou en ek bereid moet wees om Hom in alles te gehoorsaam.
Watter een is makliker? Vertrou of gehoorsaam wees. Hulle loop hand aan hand!
Om gehoorsaam te wees aan dit wat God vir ons sê is nie altyd so maklik nie. En die uitdaging is dat God se woord, soms God, ons soms vra om dinge te doen wat nie vir ons sin maak nie.
Ons staan dan voor die keuse:
- gaan ek gehoorsaam wees,
- gaan ek vertrou,
- gaan ek my lewe in lyn bring met God se wil en manier
… of gaan ek ‘n ander manier, my of die wêreld se manier kies.
Daar is ‘n storie in die Ou Testament van ‘n Siriër wat ‘n woord van die Lewende God teëgekom het en ‘n besluit moes neem oor, of hy sy lewe daarmee gaan belyn of nie.
2 Konings 5 vertel van ’n klomp karrakters by wie ons kan leer.
(Naaman, sy diensmeisie, koning Jehoram, Elisa, Naaman se gevolg, Gehasi)
2 Kings 5:1-14 AMP
1. Elke probleem is ‘n geleentheid om God se krag te wys.
- Die koning (Joram) het net die probleem gesien.
- Wat hy nie gesien het nie, was die geleentheid vir God om te midde van die situasie/probleem te beweeg.
- Elke wonderwerk in die Bybel Ou Testament Nuwe Testment het met ‘n probleem begin.
- God stuur partykeer vir ons hierdie wonderlike geleenthede wat briljant vermom is as onoplosbare probleme.
2. Gehoorsaamheid vereis dalk soms iets wat onredelik of onprakties lyk.
Naaman voel:
- verontwaardig en beledig
- dis benede hom (hy is ’n belangrike man)
- dis nie wat hy verwag het nie
- dis nie logies nie
Ek hoor:
- trots
- verwaandheid / hoogmoed
- vrees a.g.v. onsekerheid
Maar is dit nie die verhaal van die Skrif nie? hoeveel keer sien ons God vra mense om ‘n stap te neem wat vanuit hul beperkte menslike verstaan onredelik en onprakties lyk.
Voorbeelde: Noag & Joshua
Die meeste van ons sal God gehoorsaam wees en volg tot:
- die punt waar ons veilig voel,
- die plek waar ons voorheen was,
- die plek waar ons ken,
- die plek waar ons gemaklik is,
- die plek wat ons kan verstaan.
Maar ons gaan nie verder nie.
Die Impala (rooibok) is bekend vir sy merkwaardige springvermoë.
Dit kan 3 meter hoog- en 10 meter ver spring.
… die Rooibok sal nie spring as dit nie kan sien waar dit sal land nie.
Dit klink soort van soos ek, en miskien soms soos jy.
- God, ek is bereid om te gehoorsaam, solank ek kan sien hoe dit gaan uitwerk.
- God, ek is bereid om daardie stap te neem, as ek net kan sien waarheen dit lei.
- God, ek is bereid om uit te stap, solank ek verstaan en sien dat U reeds al die voorsienings in plek het.
Sien gehoorsaamheid kan iets vereis wat totaal onredelik lyk, onprakties is.
3. Om nie gehoorsaam te wees nie, kos jou dalk dit wat jy die graagste wil hê.
Dink bietjie aan Naaman se situasie.
- Hy het al hierdie pad gekom.
- Hy het sy invloed gebruik (deur, deur sy Koning te werk).
- Hy het sy verhoudings benut (die guns wat hy by sy koning het en verhouding met slaaf meisie),
- hy het al hierdie skatte saam gebring om Israel se koning en Elisa te oortuig om hom te help).
…Nou moet hy hierdie “simpel ding” doen.
Dit is nie ingewikkeld nie, al lyk dit onlogies en dom.
En in sy trots en sy frustrasie, want dit maak nie vir hom sin om in hierdie vuil rivier te bad nie.Want hy verstaan dit nie.
A.g.v. sy trots en woede wil hy weg stap.
Hy is so naby daaraan, om te mis wat hy die meeste begeer. Om gesond te wees.
Sommige van ons is een tree van gehoorsaamheid weg van dit wat jy begeer (dit wat God graag vir jou wil gee)
4. Goeie raad moedig gehoorsaamheid aan
Die mense wat saam met Naäman gekom het sê:
- Naäman ek weet jy is DIE MAN!
- Maar dit lyk na ‘n redelik eenvoudige ding om te doen.
- Is dit nie die moeite werd om te probeer nie?
- Jy het so vêr gekom.
Spreuke sê: Die weg van ‘n dwaas is reg in sy eie oë, maar ‘n wyse man luister na raad.
As ons ‘n lewe in ooreenstemming met God se wil leef, kan ons dit nie alleen leef nie.
Ons kan dalk ‘n bietjie die pad byster raak en dan het ons ‘n vriend nodig.
’n vriend wat:
- wys genoeg is,
- lief genoeg is,
- genoeg omgee
…om te sê:
- wag ‘n bietjie …
- moenie van hierdie oomblik af wegstap nie,
- Kies reg!
- Moenie van hierdie ding wegstap nie, want dit kan dalk ‘n deurslaggewende oomblik van oorwinning in jou lewe wees!
‘n Dwase mens dink hulle verstaan dit alles, ‘n wyse persoon luister na raad.
- Ons moet onsself omring met mense – wat ons help om in gehoorsaamheid te stap.
- Ons het almal daardie mense nodig wat toestemming het om in ons lewe in te spreek.
- Mense wat ons aanmoedig om ons lewens in gehoorsaamheid te leef.
5. Gehoorsaamheid van ons kant maak die deur oop om God se beste te ontvang.
Gehoorsaamheid van ons kant, van my kant, van jou kant, maak die deur oop om God se beste te ontvang.
Selfs:
- Al maak dit nie sin nie.
- Al lyk dit steeds onprakties
- Al verstaan ek dit nie
…gaan ek dit doen.
Gehoorsaamheid kan gedefinieer word as:
- Doen wat God sê
- Wanneer God dit sê
- Hoe God sê om dit te doen (Saul se gedeeltelike gehoorsaamheid kos hom alles)
…en vertrou God met die res.
Gehoorsaamheid bring my lewe in lyn met God se ontwerp.
- Naäman begin dalk rondkyk en dink … ag dit werk nie. Dit is dom. Ek het geweet dit gaan nie help nie.Want soms kan ons halfpad kom, en halfpad is baie keer ’n moeilike plek. (Comrades)
- Soms is die middel… morsig.
Wat sou Naäman gemis het as hy ná vier of vyf of selfs ses keer uitgeklim het?
Doen wat God sê,
- doen dit wanneer God sê om dit te doen,
- doen dit hoe God sê om dit te doen,
en vertrou hom met die res.
… gehoorsaam God en laat al die gevolge aan hom oor.
Andrew Murray het gesê: God is gereed om volle verantwoordelikheid te aanvaar vir die lewe wat ten volle aan hom oorgegee is.
Wanneer ek my lewe ten volle gee:
- my tyd,
- my skat,
- my talent,
- my belangstelling,
- my fokus,
- my hart,
ek het ten volle aan hom toegegee,
dan aanvaar Hy volle verantwoordelikheid.
God kan vertrou word, maar hy kan nie gemanipuleer word nie.
(Hy doen dit dalk anders as wat jy verwag het?)
God kan vertrou word, jy kan Sy karakter vertrou, jy kan Sy liefde vertrou, jy kan Sy wysheid vertrou, …wanneer jy uitstap in gehoorsaamheid.
Nee, God kan vertrou word, maar Hy mag dalk nie vir jou gee wat jy wil hê, hoe jy dit wil hê, wanneer jy dit wil hê nie. Al lyk dit nie altyd soos ons dit verwag en verstaan nie.
Voëltjies storie:
Voëls het voete, hulle kan loop,
hulle het kloue, hulle kan ‘n tak veilig vasgryp …
maar vlieg is waarvoor hulle ontwerp is.
Dit is eers wanneer hulle vlieg dat hulle op hul beste grasieus en mooi en vry leef.
Op dieselfde manier wat God swaeltjies geskep het om te vlieg, het Hy ons geskep om sy opdragte en sy wette te volg.
Ons is nie regtig vry tot dat ons doen wat God ons voor gemaak het waarvoor God ons ontwerp het om te doen nie.
Dit is net in gehoorsaamheid dat ons op ons beste lewe, net in gehoorsaamheid wat ons grasieus en mooi en vry is.
Die storie gaan aan en daar is ‘n ander karakter in hierdie verhaal, wat ‘n ander pad kies, dit is ‘n dienaar van Elisa …
Oor twee weke gaan die storie voort.
Opsomming:
- Elke probleem is ‘n geleentheid om God se krag te wys
- Gehoorsaamheid vereis dalk soms iets wat onredelik of onprakties lyk
- Om nie gehoorsaam te wees nie, kos jou dalk dit wat jy die graagste wil hê
- Goeie raad moedig gehoorsaamheid aan
- Gehoorsaamheid van ons kant maak die deur oop om God se beste te ontvang