Preek/ Boodskap oor: Vergifnis

INLEIDING

Die wêreld sê “ek vergewe” maar weet hulle regtig wat dit beteken?

Movies sê “revenge and payback” oog vir ’n oog.

Verstaan ons die term VERGIFNIS regtig en reg?

Hoe ernstig is jy oor die onderwerp? of gaan ons baie “gemaklik” met dit om?

Vergifnis staan sentraal in die uitlewing van ons Christenskap.

…Maar hoeveel keer het jy al die volgende woorde gehoor of dit dalk self gesê?

“Ek sal daardie persoon nooit kan vergewe nie.”

“Dit is galbitter wanneer ek daardie persoon sien of hoor of wanneer ek in daardie persoon se teenwoordigheid is.”

“Om net aan daardie persoon te dink maak my siek”.

“Dit wat ek moes deurmaak was bitter erg. Ek kan nie vergewe nie”.

“Moenie van my vra om te vergewe nie. Hy of sy het my hele lewe is ge-ruïneer”

Wat is vergifnis?

Is daar ‘n definisie van vergifnis in die Bybel?

*Om te vergewe is “om weg te gee” om te los of jouself los te maak.

Twee perspektiewe/hoeke van vergifnis in die Bybel:

God se kwytskelding van ons sondes, en ons verpligting om ander te vergewe.

*Hierdie onderwerp is so belangrik dat ons ewige bestemming daarvan afhanklik is.

  1. Wat is vergifnis deur God?

Die mensdom het ‘n sondige natuur.

Adam en Eva het God ongehoorsaam in die tuin van Eden, en mense het sedertdien van God gesondig.

God het ons te veel lief om ons in die hel te vernietig.

Hy het vir ons ‘n manier gegee om vergewe te word, en dit is deur Jesus Christus .

John 14:6 AMP

6 Jesus said to him, [a]I am the [only] Way [to God] and the [real] Truth and the [real] Life; no one comes to the Father but through Me.

Net Jesus was bevoeg om dit vir ons te doen.

By die Laaste Avondmaal , in die nag voor sy kruisiging, het hy ‘n koppie wyn geneem en vir sy apostels gesкink : “Dit is my bloed van die verbond wat vir baie tot vergifnis van sondes uitgegiet word.” (Matteus 26:28)

AMP 28 for this is My blood of the [new and better] covenant, which [ratifies the agreement and] is being poured out for many [as a [a]substitutionary atonement] for the forgiveness of sins.

Die volgende dag het Jesus aan die kruis gesterf ,

die straf wat ons skuldig gemaak het op Hom geneem, versoening vir ons sondes bewerk deur die volle prys te betaal.

Op die derde dag daarna het hy uit die dood opgestaan en die dood oorwin vir almal wat in Hom glo as Verlosser.

As ons berou het, en omkeer/wegdraai van sonde, dan vergewe God ons. Ons staan skoon en skuld vry.

Geregverdig / justified (just as if i have never sinned)

Wanneer ons doen, is ons sondes vergewe, en ons is verseker van die ewige lewe in die hemel.

  1. Wat is die vergifnis van ander?

As gelowiges word ons verhouding met God herstel, maar wat van ons verhouding met ons medemense?

Die Bybel verklaar dat wanneer iemand ons seer maak, ons onder God se verpligting is om daardie persoon te vergewe.

Ephesians 4:32 AMP

32 Be kind and helpful to one another, tender-hearted [compassionate, understanding], forgiving one another [readily and freely], just as God in Christ also forgave you.

Colossians 3:13 AMP

13 bearing graciously with one another, and willingly forgiving each other if one has a cause for complaint against another; just as the Lord has forgiven you, so should you forgive.

Om te vergewe is ‘n opdrag. En as ons dit nie doen nie is daar ernstige gevolge.

In die model gebed “Onse Vader”

Wat vra ons? Kan ons dit bekostig.

Matthew 6:12 AMP
‘And forgive us our debts, as we have forgiven our debtors [letting go of both the wrong and the resentment].

Matthew 6:14-15 AMP

14 For if you forgive [k]others their trespasses [their reckless and willful sins], your heavenly Father will also forgive you. 15 But if you do not forgive others [nurturing your hurt and anger with the result that it interferes with your relationship with God], then your Father will not forgive your trespasses.

As ons vergifnis van God ontvang, moet ons dit aan ander gee wat teen ons sondig.

Ons kan nie vergifnis weerhou en wraak neem nie. Wat sê die wêreld?

Ons dink wanneer ons vergewe die ander persoon daarmee wegkom.

Ons moet God vertrou vir geregtigheid.

Ons laat dit aan God oor om te oordeel, dis nie ons plek nie.

Dit beteken nie dat ons die oortreding gaan vergeet nie; Nie moontlik nie.

*Vergifnis beteken om die ander los te maak van die skuld, die gebeurtenis in God se hande te laat en verder te gaan.

*Om te vergewe is om dit wat die persoon aan jou gedoen het nie meer teen hulle te hou nie.

Ons kan ‘n verhouding met die persoon hervat as ons een gehad het, maar versoening is nie altyd moontlik nie.

*Wanneer ons kies om nie te vergewe nie, word ons slawe aan bitterheid.

Dis ons wat die meeste seergemaak word deur vergifnis te weerhou. (onvergifnis)

Onvergifnis is soos ‘n angel wat bly gif pomp.

Daar is ‘n angel vol boosheid wat ons lewensbestaan bedreig en daardie angel  moet verwyder word voordat ons verlam raak, gevul met haat, wrokke, en al daardie dinge wat ons denke vergiftig.

Vergifnis trek daardie angel uit wat dreig om ons vol gif te pomp.

Wat doen onvergifnis? en kan jy dit bekostig?

  1. veroorsaak woede, verwyt, bitterheid etc. asook fisise simptome.
  2. veroorsaak ’n skeiding tussen jou en God.

Erstige skrif? dat God jou vergewe soos jy vergewe.

Mat 6:15 But if you do not forgive others [nurturing your hurt and anger with the result that it interferes with your relationship with God], then your Father will not forgive your trespasses.

laat dit insink………

Wat was die ergste ding wat jy al moes vergewe… dink diep!

Het jy al werklik vergewe?

Watse emosie kom by jou op as jy daaraan dink?

of wanneer jy daardie persoon on jou gedagtes sien?

Storie van Corrie ten Boom.

Haar gevangenskap in die Nazi-konsentrasiekampe vir die wegsteek van Jode word in haar boek, The Hiding Place, opgeteken. Ná haar vrylating het sy deur Duitsland gereis en van haar geloof getuig. Op ‘n spesifieke aand het sy haarself in Hamburg bevind en haar persoonlike getuienis gegee.

Sy het gepraat oor die gruwels van konsentrasiekampe, die mishandeling, die marteling, die vernedering wat sy en vele ander ervaar het. Sy het gepraat oor haar eie stryd om diegene wat haar verneder het, te vergewe. Aan die einde van haar toespraak het sy voor die gemeentetjie gestaan toe sy deur daardie skare mense ‘n gesig sien wat haar in die middel van sin laat ys koud word het.

Dit was ‘n gesig uit haar verlede.

Tot haar afgryse en ontsteltenis het hy na haar toe begin stap en terugflitse uit die verlede het haar gedagtes begin vertroebel.

Hy was ‘n tronkbewaarder by een van die konsentrasiekampe. Hy was meer as net ‘n tronkbewaarder – hy was die wag oor die vrouestort. Een keer per week is al die vroue in die tronk van hulle verslete klere gestroop en soos beeste in ’n drukgang deur die stort geparadeer. Hy was een van die wat gekyk en geloer het hoe die vroue voor hom paradeer. Terwyl hy na haar toe gestap het, het al daardie herinneringe in haar gedagtes saamgedrom.

Sy het toe voor ‘n besluit te staan gekom toe hy sy hand uitgesteek het en gesê het: “Corrie, kan jy my vergewe?” Kan jy my vergewe? Kan ons vergewe?

Koning en die slaaf se storie met harde einde…

Matthew 18:21-35 AMP

21 Then Peter came to Him and asked, Lord, how many times will my brother sin against me and I forgive him and let it go? Up to seven times?” 22 Jesus answered him, I say to you, not up to seven times, but seventy times seven.

23 “Therefore the kingdom of heaven is like a king who wished to settle accounts with his slaves. 24 When he began the accounting, one who owed him 10,000 [i]talents was brought to him. 25 But because he could not repay, his master ordered him to be sold, with his wife and his children and everything that he possessed, and payment to be made. 26 So the slave fell on his knees and begged him, saying, Have patience with me and I will repay you everything.27 And his masters heart was moved with compassion and he released him and forgave him [canceling] the debt. 28 But that same slave went out and found one of his fellow slaves who owed him [j]a hundred denarii; and he seized him and began choking him, saying, Pay what you owe!29 So his fellow slave fell on his knees and begged him earnestly, Have patience with me and I will repay you.30 But he was unwilling and he went and had him thrown in prison until he paid back the debt. 31 When his fellow slaves saw what had happened, they were deeply grieved and they went and reported to their master [with clarity and in detail] everything that had taken place. 32 Then his master called him and said to him, You wicked and contemptible slave, I forgave all that [great] debt of yours because you begged me. 33 Should you not have had mercy on your fellow slave [who owed you little by comparison], as I had mercy on you?34 And in wrath his master turned him over to the torturers (jailers) until he paid all that he owed. 35 My heavenly Father will also do the same to [every one of] you, if each of you does not forgive his brother from your heart.”

SLOT:

storie van Cowboy fliek.

Kom ek maak dit prakties aan die hand van ’n waarvan ek gelees het “Stars In My Crown.” ‘n 1950 Western film gebaseer op ’n boek, maar dis eintlik nie ’n Western nie.

In die film word goud in die omgewing ontdek en n boer word onder druk geplaas om sy plaas te verkoop.  

Maar die boer skop vas en weier om te verkoop terwyl die mense in die omgewing nie n NEE vir n antwoord wil aanvaar nie.

Hulle het alles in hulle vermoë gedoen sodat die boer verwyder kon word.

Sy skuur word afgebrand, een nag trek die koeëls deur sy huis. Intimidasie in hoërgraad. Einde ten laaste word die boer gedreig dat hy opgehang gaan word indien hy nie sou instem tot die verkoop van die plaas nie.

Die plaaslike pastoor hoor van die boer se krisis en gaan kuier by hom.

Teen sonsondergang die volgende aand het die mense by die plaasopstal opgedaag om hulle dreigement uit te voer.

Die plaasboer staan op sy voorstoep, geklee in sy beste klere en sê dat hy gereed is om te sterf.

Hy het die vorige dag vir die pastoor gevra om sy testament vir hom op te stel en hy wil dit graag aan hulle laat voorlees voordat hulle oorgaan tot die daad.

Die pastoor het die testament/will begin voorlees en die mense het onmiddellik besef dat die boer alles aan hulle bemaak.

Die plaas word vir die bankier gegee.

Sy geweer gaan aan die persoon waarmee hy sy eerste jagtog saam meegemaak het.

Sy visstok bemaak hy aan n ander persoon.

Die boer het alles aan die mense wat bereid was om hom dood te maak, uitgedeel. Daardie aand het die boer die mense aangeraak met liefde en sagmoedigheid. Die impak was onbeskryflik. Klink soos Jesus wat alles gee sodat ons vry kan wees. VERGIFNIS

Om goedheid en guns, te midde van vyandigheid en seer.

Een vir een het die mense weggedraai en in skaamte die hasepad gekies.

Die pastoor se kleinseun het op n afstand die gebeure dopgehou  en terwyl die mense van die plaaswerf wegry, hardloop hy na sy oupa toe en vra die volgende: What kind of will was that, Granddaddy? Waarop die pastoor antwoord: That my son was the will of God.”

“It is the will of God”

Is dit maklik om te vergewe? NEE

Vergifnis is om soms in te stem om met die gevolge van ‘n ander persoon se sonde saam te leef, en dit nie teen hulle te hou nie.

Ons leef almal met die gevolge van ander se sonde.

Die keuse is om óf in die slawerny van bitterheid te verval… of in die vryheid van vergifnis te stap.

Kan jy dit in jou eie krag regkry? NEE

God help jou as jy kies om dit te doen.

Philippians 2:13 AMP

13 For it is [not your strength, but it is] God who is effectively at work in you, both to will and to work [that is, strengthening, energizing, and creating in you the longing and the ability to fulfill your purpose] for His good pleasure.

Is dit God se wil vir ons om te vergewe? Ja ons het dit gesien. Hoe kry ons dit reg? is dit moeilik? Ja

FILIPPENSE 2:13 AFR83

want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.

Opsomming:

  • Vergifnis is n opdrag
  • Vergifnis is ‘n keuse, ‘n wilsbesluit.
  • Vergifnis is moontlik m.b.v. HG

Forgiven people Forgive!