Preek /Boodskap oor: Verbind (Jou verhouding met God)

Tabernakel betekenis: to dwell, indwelling of Gods presence

Dus – Fees van Tabernakels = Fees van God se teenwoordigheid

Waaroor gaan hierdie Fees? (2 Aspekte)

  1. Herdenk/Onthou – Hoe God Israel uit Egipte Gered het, (TUSSEN HULLE KOM WOON HET) hulle Beskerm het en vir hulle Gesorg het.
  2. Profetiese “voorprent” van die wederkoms.

As Hy weer kom, kom haal Hy Sy bruid om virewig saam met hom te woon.

Wie gaan saam met Hom gaan? Elke nasie, Jood en nie-Jood. Almal wat glo dat Hy die Messias is.

-it is also called the Feast of Ingathering

-it is also called the Feast of Nations

-it is also called the Feast of the Great Rejoicing

Tydens hierdie fees het ek op ‘n woord afgekom: Khatan

Khatan = Bruidegom = Hy wat Homself verbind

Dus – ‘n ander naam vir God is “Hy wat Homself verbind”

Sien jy God soms as Vêr?, “Unapproachable?”. Onbereikbaar?.

– Jy moet Hom “oortuig” om jou te vergewe.

Fokus op – “Wat moet ek alles doen sodat God my sal aanvaar“?

WAARHEID VAN DIE KHATAN IS ANDERS

As ons die betekenis van Khatan verstaan en insig kry tot “HY wat Homself verbind” – het dit die potensiaal om ons lewe RADIKAAL te verander.

Bruidegom en Bruid staan voor die kansel…..

Bruid: Voordat ons verder gaan, kan jy die details waarvan ek jou vertel het van myself? Dit wat ek gedoen het en by betrokke was voordat ons ontmoet het?

Bruidegom: Die antwoord is maklik. Ek wil nogsteeds met jou trou. Maak nie saak hoe donker daardie deel van jou lewe was nie. Ek wil een word met jou. Vertrou my.

Bruid: Nee wag nou, daars nog goed. Ek is tans besig met goed waarvan ek jou nog nie vertel het nie. Ek sal verstaan as jy nie wil voortgaan met die troue nie.

Bruidegom: Die antwoord is maklik. As daardie dinge deel is van wie jy in totaliteit is, dan kies ek nog steeds om myself in totaliteit aan jou te verbind. Ek wil een word met jou. Vertou my.

Bruid: Eks nie seker of jy verstaan nie – daars ONGODDELIKKE dinge wat deel uitmaak van lewe. Pla dit jou nie?

Bruidegom: Ek wil een word met jou. Dis juis die ONGODDELIKKE dinge in jou lewe waaraan ek myself wil verbind. Vertrou my.

Bruid: Hoekom doen jy dit?

Bruidegom: Want EK is die KHATAN. Die een wat Homself aan jou verbind. Ek wil een word met jou. My hele self, aan jou hele self. Virewig.

1 JOHANNES 4:18 AFR83

18 Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. 19 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.

Wat het Jesus aan die kruis kom doen? Khatan

– Jy hoef Hom nie te oortuig om jou lief te hê nie, HY is klaar lief vir jou!

– Sy hart en Sy begeerte is om een te word met jou deur Homself aan jou te verbind.

Wonderwerk is die volgende:

Wanneer ek my vertroue in Jesus plaas, VERBIND Hy homself aan my deur HG te stuur om in my te woon, en is daar nou krag binne-in my, wat my instaat stel om my lewe met Goddelike beginsels te leef.

GALASIËRS 2:20 NLV

Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.

Dit is van die Khatan waar ons redding vandaan kom.

Dit is hoe ons opeindig met die ewige lewe, saam met Hom in die hemel.

Daar is geen deel van jou lewe, waaraan HY homself nie sal verbind nie. Maak nie saak hoe donker daardie deel van jou is nie. (Hoe skaam jy daaroor is nie).

Omdat HY die KHATAN is, verbind HY homself selfs aan jou diepste donkerste sonde.

Joodse tradisionele verlowing (NAGMAAL)

-Jong man en dame beplan om te trou gaan sien die jong man die meisie pa en verduidelik aan hom wat hy bereid is om te betaal vir sy dogter.

-Sodra hulle ooreen gekom wat sy werd is, skink hulle ‘n glas wyn en drink die paartjie daarop om die verlowing te bevestig.

-In daardie oomblik word al sy outoriteit en regte aan haar oorgedra.

-Seun gaan dan terug na sy eie pa toe om vir hulle ‘n huis voor te berei.

-Die meisie se werk is om haarself voor te berei en te wag dat hy haar kom haal.

-Die jongman kan haar alleenlik kom haal wanneer sy pa sê die huis wat hy vir hulle gereed gemaak het klaar is.

Geen wonder Jesus – laaste avondmaal brood gebreek en wyn geskink nie. Hy het vir hulle kom wys wat hy bereid was om te betaal.

“Ek gaan weg gaan om vir julle ‘n plek voor te berei” Joh 14

“Ek kom weer terug om julle te kom haal”

“Ek self weet nie wanneer dit gaan wees nie, net my Vader weet” Mark 13:32

“Al die outoriteit wat ek het gee ek nou aan julle”

“Dit is hoekom die wederkoms ook genoem word ‘Die bruilof fees van die lam’ Openb 19

Wanneer ons nagmaal gebruik onthou ons die prys wat Jesus vir ons betaal het, maar ook my antwoord toe hy gevra het of ek sy bruid sal wees.

Mag jy gedurende die laaste 2 Dae van die Fees van Tabernakels ‘n diep bewustheid hê van God se teenwoordigheid in jou omdat Hy gekies het om  Homself met jou te verbind.