Preek/ Boodskap oor: Uit Water en Gees Gebore

“Hersiening”

God het ons elkeen gemaak met WAARDE en ‘n DOEL.

– Om vir ons GEES die lewe en lewe in oorvloed te gee.

Joh 10:10‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Maar a.g.v ons sondigheid het ons die lewe in ons gees verloor.

Ons is toe net ‘n skaduwee van dit waarvoor ons geskep was, want ons het die lewe in ons gees verloor.

Die dag as ons wedergebore word, kry ons daardie lewe weer terug.

Ons gees begin weer te lewe en te lewe in oorvloed.

Ons oorspronklike WAARDE en DOEL word weer herstel.

Nou dat ons gees weer lewe, stel dit ons instaat om Jesus te volg met ons hele wese. Alles wat in ons is.

Soos wat ons onsself weer begin sien soos God ons sien, en begin glo wat Hy oor ons sê, en ons begin om die lewe en ander mense uit Sy perspektief te sien – verander ons om elke dag meer en meer soos Hy te word.

-Het jy jouself al totaal en al vir Jesus gegee?

-Sien jy jouself soos God jou sien en glo jy wat Hy oor jou sê is die waarheid?

-Sien jy die lewe en ander mense rondom jou deur Jesus se oë of deur jou eie oë?

Matt 28:18-20(Die laaste opdrag)

Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het“.

Wie moet gedoop word? Dissipels

Is ‘n baba ‘n dissipel wanneer hy/sy gedoop word? Kan ‘n baba ‘n keuse gemaak om Jesus te begin volg en meer soos HY te begin lewe? Kan ‘n kind van bv 16jr oud daardie keuse maak?

Eks nog nie gereed nie. Ek bid nog daaroor.

Dis nie nodig nie, dis ‘n opdrag in die woord.

“I have decided to follow Jesus”.

Doop is die publieke verklaring dat jy jouself en jou sondelike natuur kruisig en dan opstaan saam met Jesus met nuwe lewe in jou gees.

Therefore we were buried with Him through baptism into death, that just as Christ was raised from the dead by the glory of the Father, even so we also should walk in newness of life.” – Romans 6:4 NKJV

 “For you are all sons of God through faith in Christ Jesus. For as many of you as were baptized into Christ have put on Christ.” – Galatians 3:26-27 NKJV

Jesus en sy dissipels was self gedoop en hulle het daarna weer nuwe gelowiges gedoop.

Radikale gehoorsaamheid aan God, maak deure oop vir radikale geleenthede.

-Is jy al gedoop en was dit jou eie keuse?

-Wat beteken die doop vor jou? Is dit deel van ‘n godsdienstige ritueel wat ons almal maar moet doen of raak jy opgewonde oor die gedagte dat jy geleentheid kry om voor ‘n skare van mense te kan verklaar dat jy lewendig gemaak is in Christus?

Wanneer ons wedergebore word ontvang ons die HG (Leermeester, Vertrooster, Advokaat en nog baie meer)

Hy praat met ons en lei ons deur die lewe en gee vir ons rigting soos wat ons groei in ons intimiteit met hom.

*Om GEDOOP te word met HG is iets apart van om HG te ontvang met wedergeboorte. Om in toelaliteit deur Hom vervul te word sodat jy die KRAG ontvang om Sy getuie te wees. Doop met die HG is nie outomaties by wedergeboorte nie. God gee die OORVLOED van HG vir dié wat Hom vra daarvoor.

Toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die woord van God aanvaar het, het hulle vir Petrus en Johannes daarheen gestuur. 15Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. 17Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. Hand 8:14-17

(22 ure se stap van Jerusalem tot in Samaria)

Soveel mense in die liggaam van Christus neem aan hulle het die Doping met die HG ontvang toe hulle wedergebore is.

Die hele stad van Samaria ontvang die WOORD van God en ontvang daardeur hulle REDDING. Petrus en Johannes moes egter eers saam met hulle gaan bid sodat hulle die doping met die HG kan ontvang.

God maak ‘n belofte aan ons – Hy sê vir die wat hulle lewe in totaliteit in HOM sal oorgee “deurdrenk”(Gees, Siel, Liggaam) / Hom sal “absorbeer” – vir hulle sê die skrif – sal God hulle lewe so opvul met HG, dat hulle dit nie meer sal kan inhou nie. 

Joh 7:38 “Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.

Die doping met die HG bekragtig ons om met vrymoedigheid en oorgawe ‘n getuie te kan wees van wie God is in hierdie wêreld.

(Matt 28) Dissipel – Doop – Ontvang krag om getuie te wees – Dissipel

-Is jy al gedoop met die HG?

-Indien wel – ervaar jy die krag van die HG wat deur jou werk? Dink aan een voorbeeld waar HG jou stil, skaam en teruggektrokke self stil gemaak het en en toe begin jy waarhede uit die woord van God uit jou binneste uit vloei.

*(Ek sou nie normaalweg hierdie doen nie, dis buite my karakter maar HG het net beheer geneem en ek het op hierdie manier opgetree in die situasie)

Duidelikheid:

Deur geloof ontvang ons die HG.

Die doping van HG kom deur ‘n begeerte wat ons het vir Hemelse Vader om ons te kom vul met die krag van SY Gees met die doel om gebruik te word vir SY Glorie.

God kyk rond vir kinders met ‘n opregte begeerte om oop te wees vir SY werking in en deur hulle lewe. Hy wag vir jou toestemming en totale oorgawe aan SY planne vir jou.

Maak die doping van HG ‘n gebedsaak en wanneer jy ‘n sterk begeerte in jou hart ervaar om alles wat HG vir jou het te ontvang, bid dan en vra vir God om jou te doop met SY GEES.

Op grond van hulle eie geloof in JESUS, gaan ons ‘n klompie mense vandag doop en wanneer almal droog aangetrek is, gaan ons vir die wat wil bid vir doping met HG.

Spandeer tyd in die woord en en gebed. Begin God te worship. Vra HG om deur jou te begin worship (Set a fire down in my soul that I cant contain, I cant control. I want more of You God) – en laat Hom toe om dit te doen. Gee oor aan SY beheer. Bid onder SY leiding. Soos wat jy HG meer toelaat om deur jou te bid en worship so sal die Gebed en Worship meer woord. Dit sal voel soos iets wat in jou binneste groei. Soos wat die HG meer en meer in jou word voel dit asof iets opstoot. Ervaar jy ‘n oorvloed van HG wat soms oorweldigend is. Al gehoor van: the “over flow” of HG? Jy kan dit nie binne hou nie. Jy kan dit nie stop nie. Jy wil dit nie stop.

Jy sal later agter kom jy verstaan self nie eers meer die taal wat jy praat nie.

Hand 2:4 Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.