Preek/ Boodskap oor: Tuis raak of Nuutmaak

Rom 12:2 (DB) – Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat Sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.

Romans 12:1-2 CJB – “I exhort you, therefore, brothers, in view of God’s mercies, to offer yourselves as a sacrifice, living and set apart for God. This will please him; it is the logical “Temple worship” for you. In other words, do not let yourselves be conformed to the standards of the world. Instead, keep letting yourselves be transformed by the renewing of your minds; so that you will know what God wants and will agree that what he wants is good, satisfying and able to succeed.”

tuis raak – conformed – gelykvormig

nuutmaak – transformed – verander

Dit verwys na ‘n verandering in 2 rigtings:

  1. ‘n Verandering om gelykvormig te word aan wêreldse standaarde.
  2. ‘n Verandering om meer en meer te word soos die Here Jesus.

Wie is verantwoordelik vir hierdie verandering?

Natuurlik met ware wedergeboorte verander God my natuur en maak my geestelik lewendig en nuut.

Natuurlik sal die wêreld my altyd terug roep om terug te keer na my ou dinge.

Is dit wie my verander? ‘n konstante toutrek tussen die Here en satan?

In Rom 12 lees ek: “do not let yourselves me conformed”, “keep letting yourselves be transformed”.

  • Dit verwys na ‘n samewerking oor die lang duur soos ek met Die Here wandel.
  • I am allowing myself to be conformed – ek werk saam om tuis te raak in die wêreld.
  • I am allowing God’s transformational work – ek laat toe en werk saam dat God my nuutmaak.

‘n Paar weke terug het ek die vraag gevra: Wat sien jy?

  • Saam met dit – wat gaan aan in jou lewe? Waar is jy NOU in jou lewe?

Ek wil vanoggend kom byvoeg:

  • Daar waar jy is –> NOU –> Raak jy / is jy tuis in hierdie wêreld?
  • Of is jy nogsteeds na so ‘n lang tyd, besig om deur God nuut gemaak te word?
  • Tot watter een gee jy jou aktiewe samewerking?

Die verhaal van Koning Saul

Saul se verhaal begin waar hy ‘n nederige man is wat God uitverkies het:

  • 1 Sam 9 – God berei Samuel vooraf voor dat hy die volgende dag die nuwe koning gaan ontmoet.
  • 1 Sam 10:24 “Samuel sê toe vir die hele volk: ‘Sien julle die een vir wie die Here uitverkies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie.'”

Ons lees in 1 Sam 11 hoe die Gees van God in en deur Saul werk, maar ongehoorsaamheid treë bietjie vir bietjie in en teen 1 Sam 15:10-11 lees ons “Toe het die woord van die Here tot Samuel gekom: ‘Ek is bedroef daaroor dat ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.'”

Paulus skryf Rom 12 aan gelowiges: “Ek doen ‘n beroep op julle broers…”

  • Broeders (my medegelowiges), moenie tuis raak deur gelykvormig te word aan die wêreldse standaarde nie.
  • Broeders, laat God toe om julle aanhoudend transformeer, verander, nuutmaak.

Is dit moontlik dat gelowiges se lewe vandag ook die verhaal van Saul kan reflekteer?

  • ‘n Goeie begin, maar die transformasie word gestop deur ‘n geleidelike ongehoorsaamheid en ‘n tuis raak in hierdie wêreld?
  • Is dit omdat die Here Jesus sekere mense verander en ander nie?
  • Is dit slegs omdat die duiwel sekere mense uitlos en ander nie?
  • NEE – “do not let yourselves me conformed, keep on letting yourselves be transformed…”
    • Ek gee my samewerking tot tuis raak in die wêreld of nuutmaak deur God.
    • Albei gebeur bietjie vir bietjie, dag vir dag.
    • Ek gee elke dag in tot ‘n tuis raak of nuutmaak proses.

Uiterlik vergaan ons, innerlik van dag tot dag vernuwe

2 Kor 4:16-18 (AFR83) – Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Oom Koos Jacobs stuur vir my ‘n whatsapp op my verjaarsdag: “Baie geluk met jou deelname aan die jaarlikse verouderingsproses” 🙂

Uiterlik is ek stadig maar seker besig om te vergaan.

MAAR wat gebeur innerlik met jou? Innerlik is ek stadig maar seker besig om vernuwe te word.

Uiterlik gaan ek agteruit, maar Innerlik is ek besig om sterker en sterker te word!!!

  • Want jou oog is nie net op die sigbare dinge wat tydelik is nie, maar op die onsigbare dinge wat vir ewig is.
  • Is dit waar van ons lewens?

‘n Treffende stelling

We want forgiveness, but we do not want to be changed.

  • We do not desire deliverance from the present world, because we love the present world.

Dis tyd om NEE te sê. Genoeg is genoeg.

  • Wie / Wat het jy geleidelik begin toelaat?
  • Is jy tuis in Gas Monkey of Horse & River? Lyk en praat en doen jy soos almal?
    • Dalk suger coat jy jou redes? Moenie vir my verduidelik nie, verduidelik aan Hom.
    • Ek is net hier met ‘n boodskap vanoggend wat vra: In watter rigting is jou verandering?

Satan wants to conform you –> Stop letting yourself be conformed to the standards of this world,

God wants to transform you –> keep on letting yourselves be transformed by renewing your minds…

2 Kor 3:18 (KJV) – But we all, with open face beholding as in a glass the glory of the Lord, are changed into the same image from glory to glory, even as by the Spirit of the Lord.

  • beholding – fixing your gaze – jy vestig jou oë en jy kyk en hou aan kyk.
  • Spieël – die refleksie van Jesus en dis wat ek navolg.
  • Maar ook – om deur glas te kyk en ordentlik en gefokus te kyk.
  • “Glory to glory” – heerlikheid tot heerlikheid verandering – ‘n verandering in dieselfde beeld as dit waarna ons kyk.

Refleksie: In watter rigting is jou verandering? (spandeer n oomblik.