Preek/Boodskap oor: Soek ons verdienste of genade?

Verdienste of Genade?
Dink aan God… Wat kom eerste op? Is God kwaad? Of glimlag God en is Hy gereed om jou te omhels?
• Is jy iemand wat voel dat jou Hemelse Vader konstant, diep teleurgesteld is in jou?
• Vanoggend se kern gedagte: Genade.

BC en AD
• Ek wil ‘n fondasie lê vir “righteousness” – die geregtigheid van God.
• Ons almal het BC-dae gehad. EN TOE JESUS!! (ek was só, en nou is ek só – verander!!)
• ‘n Ontmoeting / ‘n Oorgawe / ‘n Draai na JESUS toe het my verander.
o 2 Kor 5:17 (AFR53) – As iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
o Waar is jy ‘n nuwe skepsel? Aan die BC kant of aan die AD kant?
o Hier in die AD kant –> Rom 12:1-2 (CJB) – lees.
 Moenie aan die wêreld gelykvormig word nie. Laat toe dat God jou verander deur jou gedagtes aanhoudend te vernuwe.
 Die AD-kant verhaal van iemand wat IN CHRISTUS is. (aanhoudend verander)
 Gelykvormig word aan die wêreld en IN CHRISTUS wees bots met mekaar.
• Die fondasie van “righteousness” is IN CHRISTUS wees –> AD-lewe (nuut, anders)
Wat is genade?
2 Kor 5:21 (Afr20) – Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word. (die antwoord in ‘n skrif – dit is GENADE)

Woordeboek antwoord: Wanneer ons guns ontvang wat ons nie verdien nie, is dit genade.

Maak ‘n groot bohaai van “nie verdien nie”. Hier sit baie mense wat voel: ‘ek is nie ‘n slegte mens nie’.
• En alhoewel ek saamstem dat hier voor my baie goeie, sout van die aarde mense sit…
• Wil ek vir jou noem dat ons nie genade ontvang omdat ons sout van die aarde mense is nie.
• “Sout van die aarde persoon” – word gebruik omdat ons iets DOEN wat die term verdien.
• Ons “doen” ietsie goed en nou moet die Here begin terugbetaal?

Rom 6:23 (Afr53) – Die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is….
Rom 11:6 (Afr20) – Maar as dit uit genade is, is dit nie meer op grond van dade (verdienste) nie; want anders sou die genade nie meer genade wees nie.
• Jy is ‘n “Goeie mens” / “slegte mens” – dis ‘n verdienste term.
• God se reddende genade het dit NIKS te doen met ons eie verdienste nie.
• Maar dit het ALLES te doen met dit wat Jesus gedoen het.
• HIER is die fondasie van genade wat ons ontvang.

Ek en jy kan nie arbei daarvoor nie. Ons kies om dit te ontvang as ‘n geskenk.
• Het jy al ooit gevoel: “Kom ek wees net ‘n beter kind dat Hy meer genadig op my kan wees”?
• Dan is daar iets in jou wat God se reddende genade probeer verdien.
Die sisteme van die wêreld – verdienste
Hoe harder jy werk, hoe meer sukses sal jy hê.
• Baie van Sy kinders nader Abba Vader met hierdie mentaliteit.
• Ons arbei vir Sy genade en ons probeer dit verkry met verdienste.
• Maar Rom 11:6 sê Maar as dit uit genade is, is dit nie meer op grond van dade (verdienste) nie; want anders sou die genade nie meer genade wees nie.
Kind wees – genade
Ek en Lérie het 2 kinders grootgemaak.
• Charné en Ruan is ons kinders en jóú kinders is jou kinders. – diep gedagte 🙂
• Charné en Ruan het voordele rakende my en Lérie, wat jóú kinders nie het nie.
• As een van hulle Dr toe moet gaan en dit ons iets kos, dan doen ons ouers dit. Hoekom?
• Omdat hulle soet was die week? Nee, omdat ek pa is en hulle my kind.

Die feit dat hulle in jou was, maak dat die saak afgehandel is – jy is ouer, en hulle jou kind.
Ons handel en wandel met mekaar, bepaal die vlak van intimiteit in ons verhouding.
• Ons handel en wandel met mekaar speel GEEN rol in ouerskap nie.
• Charné en Ruan hoef nie kindskap te verdien nie. Hulle is gebore in dit.
Righteousness – vroeër gekyk na 2 Kor 5:21 – Jesus dra my skuld en in Hom verkry ek “Righteousness”
**Right standing with God –
(verduidelik dit)

Omdat jy weer gebore is (Joh 3:3 & Joh 1:12-13 “uit God gebore”), is jy gebore hierin. Omdat jy IN CHRISTUS is (2 Kor 5:17), verkry ek en jy wat Jesus het – Righteousness – right standing with God.
• Jesus het dit verdien. Ek kry dit omdat ek my vertroue / geloof in Hom plaas.
• Ek kry nie righteousness deur verdienste nie. Righteousness deur verdienste is MY righteousness. GENADE gee vir my die righteousness OF CHRIST. (omdat ek IN HOM is)

Die pa en die kind wat terugkeer

In die begin gevra: Hoe sien jy God? Is Hy kwaad?

Verlore seun uit die varkhok (Of eerder genadige Pa) – Hoe is die Pa in hierdie verhaal?
• Pa, ek is nie werd nie, Pa maak my jou slaaf (laat ek werk vir my kindskap).
• Die PA: Hardloop, Omhels, gee ring (Heilige Gees), skoene, vetgemaakte kalf (genade, nie verdienste)
o Die seun het terug gekom. Hy is IN CHRISTUS.
o Weer gebore, gebore in kindskap in. Jy is kind. PUNT.
o Die voordele van JESUS is joune, jy hoef nie te werk daarvoor nie. Dis ‘n genade geskenk.
o Genade: ek kry guns wat ek nie verdien nie.

God se woede is geblus – Vraag in die begin, dink aan God…

DEMONSTRASIE – gesig na die grond OF gesig die heeltyd op jou.

Propitiation (1Joh 2:2 (NKJV)) – the extreme wrath of God against sin has been satisfied!!!!! – Jesus on the cross
• Oomblik van propitiation: Abba draai Sy aangesig weg van Sy Seun af.
• Sodat ek en jy ALTYD sy aangesig na ons toe kan kry – GENADEEEEEEEEE!!!!!

Dit is hoekom genade nie ‘n lisensie kan wees om te sondig nie, maar my eintlik help verstaan hoekom ek sonde moet haat en nie wil sondig nie.
Wil ons regtig hê Hy moet met ons werk op grond van verdie