Preek/ Boodskap oor: Saad

“Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “’n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. ‘n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en ‘n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. “Wie ore het, moet luister!” “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.””

‭‭MATTEUS‬ ‭13:3-9, 18-23‬ ‭AFR83‬‬

  • Dus Vader wil Saad in ons lewens saai
  • Ons is soos grond maar bepaal ons vrugbaarheid
  • Ons is ook grond vir Saad vanaf Satan
  • Ons groei of seën of onkruid
  • Hoe kan 2 mense wegstap vanaf dieselfde Woord maar met verskillende uitkomste
  • Ons kan 30 – 100 voudig vrug dra
  • Moenie ‘n “fan” wees nie, wees vrugbare grond. (dalk juis luuister na daai ou wat jou so jittery maak)
  • 2 Tim 1:7 – krag, liefde, sound mind VS Vrees

Vrug speel uit in ons lewens op verskeie wyses:

  • Woorde
  • Gedagtes
  • Dade
  • Welvaart
  • Verhoudings
  • Gesin
  • Dagtaak
  • Vrug is baie duidelik sienbaar, proebaar, voelbaar, onderskeibaar

“My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”

‭‭JESAJA‬ ‭55:8-11‬ ‭AFR83‬‬

“Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Daar staan ook geskrywe: “Hy deel uit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig.” God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,”

‭‭2 KORINTIËRS‬ ‭9:6-11‬ ‭AFR83‬‬

Die saad kom in verskeie vorms:

  • Geleenthede
  • Salaris / Wins
  • Verhoudings
  • Kerkgemeenskap
  • Opvoeding / opleiding
  • Vrygewigheid

Ons is ook getaak om Saad te saai

GALASIËRS‬ ‭6:7-10‬ ‭AFR83‬‬

  • 7 weeks poort pas (uie / wortel Saad)
  • Dus nie net vrug op saad voort te bring nie maar ook saad te kweek en weer te saai.
  • Dis waar seën inkom.

“Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.”

‭‭GALASIËRS‬ ‭6:7-10‬ ‭AFR83‬‬

Dit gaan ook nie net oor wat ons saai nie, maar ook waar ons saai

Soms leef ons ons vrugbare saad sonder dat ons erkenning gee aan die proses

Laaste gedagtes:

  • “Bible memory -seed- app”
  • Die gevolg van goeie Saad op goeie grond in ons lewens

“Lessons from the richest man that ever lived”