Preek /Boodskap oor: Romeine se Weg na Redding

As gemeente tydens eredienste kyk ons na verskillende skriftuurlike onderwerpe soos:

  • Geloof, volharding, oorwinning oor vrees, dissipelskap, wonderwerke, tyd saam met God, goeie rentmeesterskap en God se voorsiening, evangelisasie, huweliksbeginsels, die beginsel van vergifnis en nog baie baie meer.

MAAR: Aan die kern, aan die hart van die Ou Testament is die belofte van ‘n Messias en aan die kern van die hele Nuwe Testament, is die Evangelie van Jesus Christus (die boodskap van die Messias).

** Die evangelie is die beginplek van ons wandel met God, die fondasie waarop ons elkeen behoort te bou.

** Om Jesus Christus as  persoonlike Verlosser en Meester te hê, die hoeksteen van ons fondasie.

Sonder hierdie beginpunt van redding, is al die ander dinge wat ek bo genoem het slegs ‘n poging van self –> ‘n godsdienstige poging van ‘n dooie geestelike mens om ‘n beter mens te probeer wees.

  • Ons kan onsself nie red nie. Slegs ‘n vertroue in die reddingswerk van Jesus aan die kruis my red.
  • Dat die offer van Jesus se liggaam en elke druppel bloed wat Hy gegiet het, die offer is wat my en jou se versoening met Abba Vader bewerkstellig.
  • En dat wanneer ek gered is, Heilige Gees my lewe kom transformeer en as ek Hom toelaat, Hy goeie werke deur my sal kom doen.
  • Om oor die eerste hekkie van redding te kom, kan ek nie verdien nie. Ek kan nie werk daarvoor nie.
  • Niemand gaan eendag in die ewige heerlikheid van die Vader staan en sê: Ek is hier omdat ek so ‘n goeie mens is nie.
  • NEE: Daar sal ‘n heelhartige saamstem wees van biljoene siele wat sê: Ek is hier want JESUS en omdat ek vertrou het in Sy redding en Hom toegelaat het om my te verander.

Die aksie neem oproep van die Evangelie is om te glo en verder te gaan: om te vertrou –> (al ons gewig)

  • Reaksie: Ek is verlore, red my OF dankie, dankie, dankie.

Romeine se weg na redding (Paulus se brief aan die Romeine)

  1. (Rom 3:23 skets vir my en jou ons dilemma.)

Rom 3:23 (Afr53) – want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.

  • NLV – Ons het immers almal Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.

Die klem woord hier is: almal –> almal het gesondig.

  • Niemand van ons wat oud genoeg is om hierdie boodskap te verstaan sal die “claim” kan maak: Ek het nog nooit gesondig nie –> want ons almal het. (skuldig, skuldig, skuldig …)
  • En Romeine 3:23 maak die probleem duidelik: sonde bring skeiding.
  • Sonde maak dat God se heerlikheid (Sy glorie, Sy teenwoordigheid in my lewe) ontbreek.
  • Die dilemma is skeiding met God en wat ons nodig het is intieme gemeenskap met God.

Rom 3:10-18 (Afr53) vertel vir ons van die interne kondisie van die mensdom:

‘soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hul keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie. ‘

Niemand hoef skool toe te gaan om te leer hoe om te jok of trots te wees nie – die natuur waarmee ek gebore word neig by default in daardie rigting.

Rom 5:12 (Afr53) – ‘DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het — ‘

  • Dis duidelik: Deur Adam se val, is die ganse mensdom by “default” op koers na die ewige dood.
  • As die Bybel praat van die sonde bring die dood voort, is dit nie net die dood in die liggaam nie.
  • Maar die 2e dood soos Openbaring dit noem –> die poel van vuur.
  1. (die dilemma plus begin van die goeie nuus)

Rom 6:23 (Afr53) – ‘Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.’

  • Sonde is kanker in my gees – dit veroorsaak skeiding met God nou en uiteindelik ewige skeiding.
  • Maar Rom 6:23 is die begin van die goeie nuus gedeelte van die Evangelie.
  • Die mensdom het ‘n probleem, maar daar is hoop vir die verlore mensdom.
  • Vader gee ‘n uitweg – die ewige lewe by Hom – en die weg daarheen is deur Sy Seun Jesus.
  1. (wat God gedoen het om die dilemma aan te spreek)

Rom 5:8 (Afr53) – ‘maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. ‘

  • Rom 5:7 noem – vir ‘n goeie mens sal iemand dalk nog sy lewe gee.
  • MAAR hierin bewys die Vader Sy liefde – die verlossing van die kruis is daar vir die wat dit die minste verdien –> liefde vir ‘n verlore wêreld.
  1. (Wat moet ek doen om gered te word?)

Rom 10:9-10 (Afr53) ‘As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. ‘

  • (NLV) – ‘Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos. ‘
  • Met die mond maak ek belydenis: Jesus is die Here / Seun van God / Verlosser – ek het Hom nodig.
  • Met my hele hart glo (vertrou): Jesus alleen red, en ek aanvaar Sy redding.
  • Op die oomblik vertrou ek met my hele hart dat wanneer ek Sy naam aanroep met my mond vir redding, ek redding ontvang.
  • Nie werke nie – geloof / vertroue wat lei tot ‘n uitroep.
  1. (Hoe weet ek of dit wel so gebeur?)

Rom 10:13 (Afr53) ‘Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. ‘

  • Hoe weet ek ek word gered? – vertroue hierin – ELKEEN wat Jesus aanroep word gered.
  • “Jesus, ek is verlore. Red my siel” – dis die uitroep waarvoor die Hemel wag.
  1. (wat nou?)

Rom 8:1 (Afr53) – ‘DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

  • VRAAG: Vir wie is daar geen veroordeling nie? – die wie in Jesus Christus is. (die loot in die wynstok)
  • Geen veroordeling nie.
  • MAAR – moenie volhou om in die begeerlikhede van die vlees te bly wandel nie. –> daarin is veroordeling.
  • Begin leer om in die Gees te wandel, saam die Gees.

Rom 8:13-14 (Afr53) – ‘DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. ‘

Hoe wil jou hart reageer teenoor die boodskap van die evangelie vanoggend?

  1. GEBED:

Hemelse Vader, ek is verlore en ek kan myself nie red nie.

Ek het ‘n begeerte in my hart om U waarlik te ken, op ‘n persoonlike, intieme vlak.

Ek glo wat die Bybel sê oor U Seun Jesus:

  • Dat Hy my sonde op Homself geneem het.
  • Dat Hy my plek ingeneem het en vir My gesterf het.
  • Dat Hy uit die dood opgestaan het.
  • Dat Hy die enigste Verlosser is, die enigste weg terug na U toe.

Daarom  in Jesus naam vra ek U om my sonde te vergewe. Ek keer vandag terug na die huis van my Vader. Ek gee my hele self oor aan U. Alles van my.

Dankie dat U my vandag neem soos ek is en my gaan verander om te word wie U wil hê ek moet wees.

Ek kies vandag verhouding met U.

In geloof weet ek dat U vandag my gebed verhoor. Amen.

(Hierdie is die boodskap van verlossing –> vertroue hierin bewerkstellig vir my en jou versoening)

  • Op opgewonde en dankbaar moet ons nie wees elke keer as ons die goeie nuus boodskap hoor nie?