Radikaal betekenis: Anders as gewoon of tradisioneel. Gaan tot die uiterste.
Sinoniem: Extreme, Fanaties
Die woord het radikale skrifte wat ons gaande is om te lees en sommiges wat ons eerder verby blaai.
Vraag (rakende radikale liefde): Wanneer laas het jy ‘n aksie van radikale liefde uitgeleef?
- Dis maklik: ek het my man elke dag lief. Of my tiener.
- Wanneer laas het jy liefde bewys aan iemand wat amper onmoontlik is om lief te hê?
Met ander woorde, jy reik uit met liefde en daardie persoon draai om en byt jou, berokken jou skade.
Hoe reageer ons dan?
- p.v. dat jou regterhand ‘n vuis maak, reik jou linkerhand uit met ‘n liefdevolle aanraking.
- Dit is anders as gewoon.
1 Joh 3:16 (Afr53) – Hieraan het ons liefde leer ken, dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het…
1 Joh 4:19 (Afr53) – Ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.
Rom 5:8 (Afr53) – Maar God bewys Sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
- Vers 7 sê: vir ‘n goeie mens kan jy dalk nog jou lewe prysgee, (dan vers 8: maar God bewys…)
Joh 3:16 (Afr53) – Want SO lief het God die wêreld gehad…
Hoeveel keer het jy al gehoor?: Vader het jou lief. Jesus het jou lief. Heilige Gees het jou lief.
- Wat doen dit aan jou? Is dit nog spesiaal om te hoor? Of is dit ‘n gewoonte?
Hoekom het Jesus Christus gekom?
Wat verdien die wêreld? God se oordeel? Wat dink julle?
Wat verdien ek?
Joh 12:47 – … Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
Joh 3:17 – God het nie Sy seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Luk 5:31-32 – En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Hierdie liefde is ongewoon. Want die wêreld (ek en jy), verdien oordeel, maar ontvang redding.
Hoe kan dit wees dat Hy nie ophou om my na te jaag nie. Dat Hy aanhou klop omdat Hy Homself vir my en jou wil gee?
- Dit maak nie saak hoe goed van ‘n mens ons is nie… Hierdie is radikale / extreme / fanatiese liefde
Radikale openbaring
Ek is persoonlik van mening dat enige persoon wat oor die onderwerp van “Radikaal” wil gesels moet begin by die onderwerp van radikale liefde.
- Anders los ons mense slegs met veroordelende waarheid.
In ons wandel as ‘n dissipel het ons openbaring van verskeie geestelike onderwerpe nodig:
- Die openbaring van die Here se diep, diep liefde.
- Maar ook die openbaring van Sy Heiligheid.
- Die openbaring van die bodemlose put van Sy genade.
- Maar ook dat die Here regverdig is en dat die mens gaan maai wat jy saai.
- Die openbaring dat ons ‘n Hemelse Vader het wat net goed is.
- Maar ook wat dit beteken om Hom te vrees.
- (net so is daar ‘n klompie ander onderwerpe)
Maar om net te weet van Heiligheid, Regverdigheid en die vrees van die Here, kan jou minderwaardig laat voel en dat jy nooit goed genoeg is nie.
- Die belewenis van Sy liefde het my lewe verander.
- Dalk nog meer as van die vrees vir die Here en die kennis van Sy heiligheid my verander het.
Radikale liefde en genade voorbeelde
- Pertus: Volg Jesus met passie vir 3 jaar. Op die einde verloën hy Hom 3 keer en toe hulle mekaar die eerste keer weer sien sê Jesus weer vir Petrus: Volg my. En ‘as jy tot inkeer gekom het, bemoedig jou broers. EN, voed my skape à dis radikale liefde
- Paulus: Maak Christene dood en ontmoet radikale liefde oppad na Damaskus.
- Maria Magdalena: vol duiwels en volgens baie die vrou wat in owerspel betrap is, gereed om deur mense gestenig te word. Jesus sê: ‘Ek veroordeel jou nie. Gaan sondig nie meer nie’.
- Mattheus: ‘n Tollenaar verafsku deur sy volksgenote en Jesus agtervolg Hom tot Mattheus ‘n volgeling van Jesus word. Dis radikale liefde.
- Wat van my en jou se lewe as voorbeeld?
Eerste vers voorbeeld vandag was 1 Joh 3:16 (Afr53) – Hieraan het ons liefde leer ken, dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het… (radikaal)
- Dieselfde vers sluit so af: ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.
- Moenie net met die openbaring klip van heiligheid staan sonder radikale liefde se openbaring nie.
Rev 13:8 (CJB) … the Lamb slaughtered before the world was founded.
(NKJV) … the Lamb slain from the foundation of the world.
- Jesus Christus ge-commit tot die kruis voordat die fondasie van skepping gelê is.
- Adam, ek gaan jou skape, maar ek gaan jou daarna moet kom verlos met ‘n kruisdood.
- Wow!!!
Maar… die waarskuwing (onthou ons tema is ‘Radikaal’)
Sal ek meer sondig sodat God geleentheid het om Sy radikale liefde en genade te bewys?
Rom 6:1-2 (CJB) – So then, are we to say: Let’s keep ons inning, so that there can be more grace? (verwys na Rom 5:20) Heaven forbid! How can we, who have died to sin, still live in it?
Heb 10:28-29 (Afr53) – As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein ag en die Gees van genade gesmaad het?
- Laat Jesus se radikale liefde die motivering wees vir ons aanhoudende transformasie.
- Moenie Jesus se radikale liefde beloon met die minagting van die prys van Sy offer nie.
Komende week: Ek gaan praat oor ‘n paar ander radikale skrifte, wat nie sonder hierdie radikale fondasie geluister kan word nie.