Preek/ Boodskap oor: Salwing Olie en die Heilige Gees

Pinkster vir ons gaan oor die herinnering en herdenking van die uitstorting van die Heilige Gees.

· Maar meer as dit – Die Heilige Gees is hier en Hy wag vir my en jou. Wat bedoel ek?

· 2 Kron 16:9 (Afr53) – die oë van die Here deurloop die aarde…

Die Here Jesus verklaar van Homself (Dat Hy die EEN is wat Jes 61:1-2 van praat):

Luk 4:18 (Afr83) – Die Gees van die Here is op My omdat Hy my gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur.

· Let op Jesus se woorde: 1. Die Gees van die Here is op My 2. Hy het my gesalf.

Let op wat oor Dawid geskryf word:

1 Sam 16:13 (Afr83) – Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk.

· 1. Dawid is gesalf 2. En van daardie dag af het die Gees van God kragtig in Dawid gewerk.

Olie is ‘n metafoor vir Heilige Gees. Dawid is met olie gesalf -> dis oor hom uitgegooi / gesmeer.

Net so word ek en jy gesalf, vir ‘n taak (nie om niks daarmee te doen nie).

“Anointing with oil was used to consecrate and sanctify individuals or objects, setting them apart as holy and dedicated to God’s service”.

“Gesalf vs. gewoon” (Heilige Gees is Iemand wat teenwoordig is in jou lewe wat maak dat jy anders is, nie dood gewoon.)

· “That person is anointed” – Wat bedoel ons?

· Aksies, woorde is Goddelik. Wanneer jy met so ‘n persoon te doen kry raak dit jou diep.

· Dit maak jou honger en dors om God dieper te leer ken.

· Jy begeer na “iets” wat die persoon het –> Hierdie “iets” is Heilige Gees. (God in / op die mens)

· Daar is GEEN salwing sonder Heilige Gees nie.

Lees Joh 2:1-10 (NKJV)

Verstaan mooi wat hier gebeur het:

· Maria sê vir diensknegte: Doen alles wat Hy vir julle sê.

· 6 klip kanne is vol water gemaak – Engelse Bybel sê vir ons – “filled to the brim”.

· Die diensknegte staan na water en kyk toe Jesus sê: Skep uit en gaan bedien…

· Hulle het nie na wyn in die kanne gekyk nie, hulle het na water gekyk (sien vers 9).

o Hulle het hier water geskep en daar wyn uitgegooi!! Halelujah.

Jesus die gesalfde

· Maria het die salwing erken en ‘n versoek daarop geplaas. “Luister na wat Hy sê!”.

· Verder moes iemand na water kyk en Hom genoeg vertrou om te skep.

· “Draw is out” – The Holy Spirit is upon Jesus and He is anointed, but we have to draw it out…

· “Tear off the roof, the King is in the house”… Get me to Jesus, I don’t care how.

· MA, DIT IS NOG NIE TYD NIE.

Ek en jy, die gesalfdes

· Heilige Gees is die olie op jou, in jou.

· God kies ek en jy as kleipotte. Maak die kleipotte vol met die water van Sy woord.

· Trek die water uit, gee dit uit as nuwe wyn. Heilige Gees is nie in jou om net in jou te bly nie.

· Heilige Gees is in jou om deur jou op ander te kom.

· Ek wil ‘n gesalfde wees: Waarvan is jy vol?

Moenie die Olie met onreinhede meng nie.

Moenie die pêrels wat Heilige Gees vir jou wil gee onder jou voete vertrap nie.

Gee vir Heilige Gees ‘n rein tempel om in te woon. Hy gaan vir jou meer pêrels gee.

Heilige Gees se woorde aan ons vanoggend:

· Jesus is gesalf en het die Gees op Hom – trek dit uit Hom deur vertroue.

· Hy salf jou met die olie van Sy Gees – wees dapper en trek dit uit sodat Hy dit op ander kan stort.