Hierdie is ‘n boodskap wat gaan oor my en jou se verhouding (ons almal se verhouding) teenoor mekaar in Die Here se groter prentjie.
Wat is ‘n Vennootskap?: Dit verwys na ‘n spesifieke tipe verhouding waarin 2 of meer individue staan.
- Een waarin die partye in vennootskap ‘n gemeenskaplike doel voor oë het.
- Een waarin die partye die bronne tot hulle beskikking saamvoeg vir hierdie gemeenskaplike doel wat voor oë is.
- Een waarin die vennote ‘n gedeelde verantwoordelikheid het rondom die saak waarvan hulle vennote is (hulle dra saam aan die verantwoordelikheid).
Meeste van julle hier vanoggend is LCF vennote.
- Vennote in wat? Die antwoord is baie belangrik
Paulus, Timoteus, Epafroditus en die gemeente (die vennote)
Fil 2:19-30 (NLV) – (sien die vennootskap in die gedeelte)
Fil 4:10-19 (NLV) – (sien die vennootskap in die gedeelte)
Phil 1:5 (NLT) – for you have been my partners in spreading the Good News about Christ from the time your first heard it until now.
** Ek lees hier van Paulus, Timoteus, Epafroditus en die gemeente in Filipi se vennootskapsverhouding.
- Ek lees in Fil 1 van Paulus se liefde, omgee en bekommernis oor die gemeente in Filipi.
- Ek lees in Fil 4 van die gemeente se liefde en omgee vir Paulus in hul voorsiening wat deur ‘n boodskapper (Epafroditus) gestuur is.
- Ek lees van 2 manne wat bankvas agter Paulus staan omdat hulle dieselfde passies deel, dieselfde las dra en hulle opofferings vir die groter prentjie van hulle lewe.
Paulus het die gemeente geplant op een van sy vorige reise. Heilige Gees se werk deur Paulus het gemaak dat daar ‘n gemeenskap van gelowiges in Filipi was.
- Met die skryf van Filippense, was die gelowiges nie bymekaar nie maar a.g.v. hulle vennootskap verbintenis, het ‘n versterking plaasgevind in hulle almal en almal het ‘n rol daarin gespeel.
- Paulus versterk Timoteus en Epafroditus, en hulle vir hom.
- Hulle bemoedig die gemeente en die gemeente vir hulle.
Paulus en Timoteus – Die groter prentjie
Fil 2:20-21 (NLV) – Ek beskou Timoteus immers as die enigste persoon wat met ‘n opregte gesindheid aan julle belange aandag sal gee. Al die ander soek net hulle eie belange en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie.
Timoteus deel Paulus se omgee vir die gemeenskap van gelowiges. En daarom verklaar Paulus: Timoteus is die enigste persoon wat ek vertrou om na julle toe te stuur.
EN…
Timoteus is nie die enigste gelowige wat Paulus ken nie – hy praat van “al die ander”.
Wat Timoteus onderskei van “al die ander” gelowiges is:
- Timoteus gee om vir Jesus Christus en die gemeente se belange, daarom vertrou Paulus hom.
- Al die ander soek net hulle eie belange (ander gelowiges).
Eintlik lyk die vennootskap so: DIE HERE JESUS, Paulus, Timoteus, Epafroditus en die gemeente.
Wie se belange soek ek en jy?
- Is Jesus se belange, my belange? Is Jesus se belange, LCF se belange? Is Jesus se belange, jou belange?
- Die Here Jesus se belange is die groter prentjie.
- Of seëvier ons eie belange?
Jy kan nie in vennootskap wees met jouself nie (wie is jou vennoot in besigheid?).
- Vennootskap kan nie net gaan oor “ek” nie. Vennootskap moet gaan oor “ons”.
- Timoteus dink aan die “ons”. Die ander dink aan “ek”.
Paulus en die gemeente
Fil 4:15 (CJB) – And you Philippians yourselves know that in the early days of my work spreading the Good news, when I left Macedonia, not a single congregation shared with me in the matter of giving and receiving – only you.
- Hierdie gemeente was vennote in gee? Nee. Hulle het net ontvang? Nee. Vennote met Paulus in gee en ontvang.
- Die krediet op hulle rekening by die Vader – Fil 4:17 – jou loon rekening in die ewigheid / dividende
Paulus en Epafroditus
Paulus verwys na Epafroditus in Fil 2:25
- Broeder, medewerker, medestryder (Engels: Fellow soldier), julle boodskapper.
- Paulus was nie Timoteus se pa nie, maar hy noem Timoteus – “my seun”.
- Paulus en Epafroditus het nie dieselfde aardse ouers nie, maar hy noem hom – “my broeder” want hulle het dieselfde Hemelse Vader.
Is ek en jy iemand se broer / suster, medesoldaat, medewerker, boodskapper?
- Is ons werklik?
Dis baie prakties.
- Dis prakties in tyd spandering.
- Dis prakties in bemoediging en omgee.
- Dis prakties in boodskappe.
- Dis prakties in gebede.
- Dis prakties in voorsiening.
Saam wie werk en stry jy skouer teen skouer (medewerker en medesoldaat) in die groter prentjie?
Is jy ‘n boodskapper van bemoediging en voorsiening?
Ons kan Woensdag hiervan vergeet, of waarlik vir ‘n tydperk ernstig voor die volgende vrae staan:
Vrae (opsomming):
- Wie se belange seëvier in jou lewe? Joune of die Here Jesus s’n?
- Wie se broer / suster, medesoldaat, medewerker, boodskapper is jy?
- Gaan dit vir jou hier by LCF oor ek? Of oor ons?
- Is die evangelie nie veronderstel om my en jou iets te kos nie?
- Hoe lyk jou rekening by die Vader?