Preek /Boodskap oor: Pasga

Verwelkom ons Eregas – (ek is slegs die boodskapper van iets wat iemand anders gedoen het)

+-4000 jaar gelede was daar ‘n vader met die naam Abraham wat hierdie opdrag van God af gekry het:

  • Gen 22:2 (Afr53) – “Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat ek vir jou sal aanwys.”
  • Watter pa sal ooit so ‘n opdrag wil kry?
  • Wat is fout met die Een wat die opdrag gee? ‘n God wat vra dat ‘n man sy eie seun offer?
    • ‘n Mens kan baie diep in die verkeerd van hierdie opdrag ingaan en verkeerde afleidings maak oor die Een wat die opdrag gegee het.
    • *** Gelowiges vandag maak verkeerde afleidings van hul God. ***
    • *** Soos: Abraham (die vader van geloof) / Isak verdien nie dit nie. “Hoekom ek???”
    • Kampvuur stories: Ons almal deel ons getuienisse en iemand sê: “Hoor hierdie een – kan ek julle vertel van die keer wat die Here my gevra het om my kind te gaan offer!!!!!” Wat?
  • Isak vra sy pa: Ons gaan nou offer. Waar is die offer pa?
  • Abraham antwoord in Gen 22:5 “God sal vir Homself die lam voorsien my seun”
  • God gee uitkoms vir Sy kneg en Isak sterf nie daardie dag nie, ‘n ram sterf in die seun se plek.
  • Want God is goed.

+-2000 jaar gelede was daar ‘n Vader met die naam YHVH wat Sy Seun na die wêreld gestuur het wat hulle geskape het.

  • Mat 3:17 (CJB) – and a voice from heaven said: “This is my Son, whom I love; I am well pleased with Him.”
  • Sy seun, Sy enigste (eniggebore Seun van die Vader), die Een wat Hy lief het.
  • En daardie dag was die Seun nie gespaar nie.
  • Het jy jou lees huiswerk gedoen?
    • Hoe moeilik was Getsemane vir die Seun?
    • Dink gou oor die vraag: Hoe moeilik was Getsemane vir die Vader?

Wat leer die Evangelies ons oor die noue band tussen God die Vader en God die Seun?

  • Was die offer maklik omdat hulle God is? – Hoe goed het jy al die karakter van God leer ken?
  • Of was die offer moeilik op ‘n skaal wat ek nie ten volle sal kan verstaan tensy ek nie die een is wat my geliefde seun gee om te sterf op daardie manier en vir daardie redes nie?

Was jy al die ontvanger van iets wat jy nie verdien nie?

Is dit lekker om aan die ontvang kant te wees van iets wat jy nie verdien nie?

  • Dit hang af of iets goed of iets sleg met jou gebeur.
  • Ons skrifgedeelte van vanoggend bevat albei hierdie scenario’s:

2 Kor 5:21 (Afr53) – Want Hy (God) het Hom (Jesus) wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

2 Cor 5:21 (CJB) – God made the sinless Man be a sin offering on our behalf, so that in union with Him we might fully share in God’s righteousness.

“Hom wat geen sonde geken het nie.” – wie kan hierdie uitlating oor hulself maak?

  • Niemand nie. Slegs EEN à
  • 117 billion siele – slegs EEN kan na verwys word met die term: Hy wat geen sonde geken het nie.

God die Vader het Hom sonde gemaak – Engelse vertaling sê: Die Een wat geen sonde geken het nie het die offer vir sonde geword.

Jesus was aan die ontvang kant van iets wat Hy nie verdien het nie.

Wanneer die gedagte teenwoordig is: Ek verdien dit nie

Diep, diep, baie diep teenwoordig binne die hart van die mens is daar ‘n gedagte: Ek verdien dit nie.

  • Nie in die goeie dinge wat gebeur nie.
  • Wanneer slegte dinge oor ons pad kom.
    • Ek verdien dit nie, my pa verdien dit nie, my kind verdien dit nie. Here!!!!

Kom ons kyk wat verdien ek nie:

2 Kor 5:21 (Afr53) – Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

  • Hierdie is iets baie, baie, baie goed wat my kant toe kom wat ek nie verdien nie.

Is dit moontlik dat ons dinge op ‘n skaal kan sit? Die skaal van “Ek verdien dit nie”.

  • Aan die een kant: Ons kind se dood. My en Lerie ma’s se dood. Siekte. Moeilike tye.
    • Ons verdien dit nie.
  • Aan die ander kant: 2 Kor 5:21
    • Ons verdien dit ook nie.
  • *** Watter “Ek verdien dit nie” weeg die swaarste? Watter een spreek die hardste? ***

Wat sê 2 Kor 5:21 verdien ek nie:

  • Ek wat skuldig is, kry nie die straf van skuldig wees nie.
  • Jesus is gestraf vir my verkeerd.
  • Ek het sonde, maar my sonde word weggeneem.
    • Diep, diep, baie diep binne die mens is die gedagte: Ek verdien dit.
  • NEE: Jesus het gekry wat Hy nie verdien nie, sodat ek en jy wel gekry het wat ons nie verdien nie.
  • Wat verdien ek nie:
    • Ek verdien nie dat dit wat skeiding maak tussen my en God, gevat word en op iemand geplaas word nie.
    • Ek verdien nie die ewige lewe en Vader, Seun en HG se ewige teenwoordigheid nie, maar kry dit.
  • Hier is die ding: jy moet “in Christus wees” – soos die loot aan die wynstok.

As dit moontlik was om al die “ek verdien dit nie” dan nou weg te neem…

  • Watter een sou die grootste impak hê in my lewe.
  • Ons kind lewe weer, my ma lewe, my geliefdes is gesond?
  • Of ek lewe my lewe en kom tot sterwe met sonde wat skeiding maak tussen my en God?

Hoe groot is die woorde opgeteken in 2 Kor 5:21?

Wanneer ons ooit in ‘n situasie is waar ek voel: Ek verdien dit nie, mag ons ook herinner word aan ‘n groter verdienste van iemand anders wat aan my toegereken is – Dit wat Jesus verdien het ek gekry.

CALL TO ACTION:

Skuld Vader ons iets?