Preek/ Boodskap oor: Ons Waardes: Verhoudings

 

LCF Waarde – Verhoudings:

Ons heg waarde aan ‘n intieme verhouding met God, ons huweliksmaat en gesin, familie en ook ‘n gesonde verhouding met ons medegelowiges. LCF is ‘n gemeente waar omgee vir mekaar vir ons belangrik is.

Hoekom is verhoudings belangrik?

Ons vind die antwoord in Gen 1:27(NLV)

27God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep;

volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle

geskep.

God die Vader, Seun en Heilige Gee is in verhouding met mekaar.

  • Voordat enige iets geskep is, het hierdie 3 person van die Godheid in perfekte, diepe en volmaakte harmonie gelewe.
  • Verhouding is‘n deel van Sy/Hulle karakter.

Ons kan sê dat God in verhouding is en ons geskep is om daardie aspek van sy karakter te reflekteer.

Die mees belangrikste verhouding wat jy in jou lewe sal hê is die verhouding wat jy met God het.

Wat beinvloed ’n verhoudings?

Ons wil naby mense wees en weet dat hulle van ons hou. Ons wil vriendskap, nabyheid en intimiteit en aanvaarding ervaar. Ons wil vir iemand saak maak en geken word.

Dis hoe ons gemaak is.

Ons het almal al die uitdagings en teleurstellings ervaar wat met enige verhouding gepaardgaan:

  • Meningsverskille
  • Geld
  • Werk
  • Vertroue wat gebreek word
  • Onopgeloste trauma
  • Jaloesie
  • Miskommunikasie/misverstande
  • Verwagtinge

Dis maar ’n hand vol pyle wat die vyand in sy hand het om verhoudings te verwoes.

Baie van ons is nooit geleer hoe om gesonde verhoudings te hê nie.

Wat meer is, baie van ons het nie grootgeword in ‘n huis waar gesonde verhoudings gemodelleer is nie.

Dalk moet ek vra… Wie se ouers het hulle geleer hoe om:

  • Konflik te hanteer
  • Waardering te wys
  • Vergewe
  • Effektief te Kommunikeer

In hierdie boodskap gaan ons na ’n paar Bybelse sleutels kyk wat tot gesonde verhoudings lei.

Jesus sebkruisdood en opstanding bewerk herstel, ook ons verhoudings met mekaar.

Hy gee ons bonatuurlike krag (Heilige Gees leiding) om lief te wees vir mekaar en mekaar met waardigheid en respek te behandel.

Deel van Christenwees is om gesonde verhoudings na te streef en net met God se hulp kan ons werklik goeie verhoudings hê.

Hier is 7 sleutels tot gesonde verhoudings.

  1. Liefde

Meer as enigiets anders word gesonde verhoudings deur liefde gekenmerk. Trouens, liefde is veronderstel om een van die kenmerkende eienskappe van ons wat Christene is te wees.

In Johannes 13:34-35 sê Jesus vir sy dissipels:

34 I am giving you a new commandment, that you love one another. Just as I have loved you, so you too are to love one another. 35 By this everyone will know that you are My disciples, if you have love and unselfish concern for one another.”

Die beste verhoudings is dié wat gevul is met Christelike liefde. God het Sy innige liefde vir ons getoon deur Jesus te stuur om ons te red. Ons word geroep om ander lief te hê net soos God ons liefgehad het.

Hoe sal dit lyk as jy jou vrou lief het soos Jesus jou lief het?

Ephesians 5:25 AMP

25 Husbands, love your wives [seek the highest good for her and surround her with a caring, unselfish love], just as Christ also loved the church and gave Himself up for her,

Christelike liefde is veel meer as ‘n gevoel.

Dit is om te dien, te luister, om op te offer.

Dit is ‘n liefde wat deur dik en dun volhard.

Wanneer ons verhoudings deur Jesus liefde beheer word, val alles anders in plek.

1 Petrus 4:8 sê oor hoe ons moet leef:

8 Above all, have fervent and unfailing love for one another, because love covers a multitude of sins [it overlooks unkindness and unselfishly seeks the best for others].

As jy wil hê dat jou verhoudings sterker/gesond moet wees, begin bid dat jou verhoudings met Jesus-liefde gevul sal wees. Soos jy groei in die modellering van Christus liefde, dan sal jy begin sien hoe jou verhoudings (soos Rom 12 sê) getransformeer word.

***Here gee ons ’n dieper Jesus liefde vir mekaar.

  1. Nederigheid

Nederigheid is die tweede sleutel tot gesonde verhoudings. Wanneer ons nederig is, is ons bereid om na die menings en idees van ander te luister. Ons behandel mense nie op ‘n neerbuigende manier nie en is bereid om te erken wanneer ons verkeerd is.

1 Petrus 5:5 sê:

“Ja, wees almal onderdanig aan mekaar en bekleed met nederigheid, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

Nederigheid beteken nie jy het ’n lae selfbeeld of dink aan jouself as ’n verloorder nie.

Dit beteken bloot om reg oor jouself te dink.

Nederigheid laat:

  • Ons besef dat ons net soos almal is.
  • Ons verstaan nie alles nie en ons is geneig om foute te maak.
  • Ons sien nie altyd alles duidelik nie en kan by ander leer.

Romeine 12:3 sê:

“Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, om nie van homself meer te dink as wat hy behoort te dink nie, maar om nugter te dink, soos God aan elkeen ‘n mate van geloof gegee het.

Wanneer ons nederig is, dink ons reg oor onsself. Ons erken die gawes wat God ons gegee het sonder om onsself bo ander te verhef.

Hoekom moet ons nederig wees? Want God stort sy genade uit op die nederiges.

Hy staan teen diegene wat trots is, maar gee groot seëninge aan die nederiges.

Ons verhoudinge kry seer en skade wanneer ons meer van ons self dink as van ander.

As jy groei in jou verhoudings wil sien, begin om God te vra om jou te help groei in nederigheid.

***Vra Hom om jou te help om ander te waardeer en nie te hoog van jouself te dink nie.

  1. Diensbaarheid

Diens is die derde sleutel tot gesonde verhoudings. Jesus self is ons model van diens.

Markus 10:45 sê:

“Want selfs die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

Hierdie is ‘n ongelooflike gedeelte. Al was Jesus die Seun van God en Koning van die Konings, het Hy gekom as ‘n dienskneg.

  • Hy het Sy tyd daaraan bestee om die siekes te genees en die armes te seë
  • Hy het die voete van sy dissipels gewas.
  • Hy het sy lewe aan die kruis opgeoffer om ons van ons sondes te red.

Nog nooit het die wêreld sulke nederigheid gesien nie.

Die wêreld glo dat die pad na belingrikheid en aansien (na bo), is om op enigiemand te trap wat in jou pad kom.

Jesus het gesê die teenoorgestelde is waar.

Die pad na sukses en geluk is om ’n ingesteldheid van diensbaarheid in te neem en soos Jesus te dien in verhoudings.

In Matteus 20:26-28 het Jesus gesê:

26 It is not this way among you, but whoever wishes to become great among you shall be your servant, 27 and whoever wishes to be first among you shall be your [willing and humble] slave; 28 just as the Son of Man did not come to be served, but to serve, and to give His life as a ransom for many [paying the price to set them free from the penalty of sin].”

Die beste verhoudings is dié waar elke persoon poog om die ander te dien. In plaas daarvan om te veg om hul eie sin te kry, kyk liewer na die belange en begeertes van die ander persoon in die verhouding.

***Vra die Here om jou te help groei in jou diensbaarheid.

  1. Geduld

Die vierde sleutel tot gesonde verhoudings is geduld.

Die realiteit is dat elke mens foute maak. Ons het almal ons eie stryd en probleme.

As ons diep, betekenisvolle verhoudings wil hê, moet ons geduldig met mekaar wees.

Ons geduld met mekaar is gewortel in God se geduld teenoor ons.

Hy behandel ons nie op grond van wat ons verdien nie. Hy is genadig en geduldig terwyl ons stadig groei in geregtigheid. (in ons Heiligmakings prosses)

Soms neem dit ons jare om vordering op ‘n spesifieke gebied te maak. Tog hou God dit nie teen ons nie. Hy is liefdevol en stap elke tree van die pad langs ons.

Psalm 103:8 sê:

Die Here is barmhartig en genadig, lankmoedig en groot van barmhartigheid.

As God so geduldig met ons is, moet ons geduldig wees met ander. Ons kan nie verwag dat hulle dadelik verander nie.

Wanneer konflik ontstaan, werk ons geduldig en op die regte manier daardeur.

Vra God om jou te help groei in geduld. Vra Hom om jou te help om voortdurend Sy geduld met jou te onthou. Soos jy meer geduldig word, sal jou verhoudings versterk word.

  1. Aanvaarding

Die vyfde sleutel tot gesonde verhoudings is aanvaarding. Nou, om duidelik te wees, beteken aanvaarding nie om te sê dat alles goed en OK is nie.

  • Dit beteken wel dat ons mekaar hartlik verwelkom.
  • Aanvaarding is om te voel jy “behoort”

Ons skep nie “in” groepe wat sekere mense uitsluit nie.

Ons aanvaar mekaar eerder net soos God ons in Christus aangeneem en aanvaar het.

God het al ons sondes vergewe, ons as kinders aangeneem en ons in Sy familie aanvaar. Ons is nie meer uitgesluit van die teenwoordigheid van God nie.

Ons kan met vrymoedigheid na Hom toe kom, met die wete dat God ons liefhet.

Ons moet nooit mense laat voel dat hulle ons liefde of vriendskap moet verdien nie.

God ontvang ons met ope arms. Ons hoef nie vir Sy liefde te werk nie. Hy gee dit verniet aan ons in Christus.

Hy trek niemand voor nie en ons moet ook nie.

***As jy sukkel om ander te aanvaar, vra God om hulle deur Sy oë te sien.

  1. Praktiese bewys van liefde (Geneentheid)

Liefde is nie net gesindheid, ingesteldheid of emosie nie

Geneentheid is ‘n sigbare demonstrasie van liefde, en dit kan allerhande vorme aanneem. Om geskenke te gee, drukkies te gee, te bedien en ‘n maaltyd te maak is alles vorme van liefde bewys.

Dit is tasbare maniere om ‘n persoon te wys dat jy werklik vir hulle lief is.

Dink aan al die maniere waarop Jesus liefde aan mense betoon het:

  • Hy het maaltye saam met tollenaars geëet
  • Hy het die voete van sy dissipels gewas
  • Hy het Sy hand op die koppe van kinders gelê toe Hy hulle geseën het
  • Hy het ‘n groot skare kos gegee
  • Hy het die siekes genees

Jesus het nie bloot gesê dat Hy mense liefhet nie. Hy het iets gedoen om Sy liefde te demonstreer.

As Jesus Sy liefde so gewys het en liefdevol was, behoort ons ook te wees. Ons moet alles in ons vermoë doen om mense te wys hoeveel ons vir hulle omgee.

Romeine 12:10 voer hierdie punt verder wanneer dit sê:

“Wees vriendelik met broederliefde teenoor mekaar, in eer en gee voorkeur aan mekaar.”

Liefde in aksie is ‘n bewys dat ons iemand regtig liefhet.

Wees kreatief in die maniere waarop jy liefde toon. Dink aan die dinge wat ‘n persoon die meeste waardeer.

Hou hulle van:

  • Fisiese aanraking
  • Geskenke
  • Kwaliteit tyd saam
  • Dade van diens
  • Woorde van wardering/aanmoediging?

Maak dit jou doel om liefde aan mense te toon op maniere wat hulle sinvol vind en verstaan en ervaar.

Hoe meer liefdevol jy is, hoe sterker sal jou verhoudings wees. As jy nie van nature ’n liefdevolle persoon is nie, vra die Here om jou te help. Hy kan jou die krag gee om liefdevol te wees, selfs al voel jy nie so nie.

***Doen moeite om die mense waarin jy mee in verhouding staan se liefdes taal te leer ken.

  1. Vergifnis

Vergifnis is die sewende sleutel tot gesonde verhoudings en behoort ‘n kenmerk van elke Christen te wees.

Al ons sondes – elkeen – deur God vergewe. Daardie vergifnis is vir ons verseker deur die kosbare bloed van Jesus. Dit het God geweldig baie gekos om ons te vergewe.

As ons sulke buitensporige vergifnis van God ontvang het, moet ons vergifnis aan ander gee.

Vergeld of Vergewe?

Wanneer ons weier om te vergewe, is verwyt en bitterheid die gevolg.

Ons koester wrok en weier om genadig te wees teenoor diegene wat ons verontreg het. Daar is ‘n ou gesegde wat sê dat om ‘n wrok te koester is soos om rotgif te drink en te verwag dat die rot sterf.

Onvergewensgesindheid is ‘n verskriklike gif wat aan ons vreet en verhoudings vernietig.

Vergifnis kan ‘n baie moeilike ding wees as jy diep seergemaak is deur iemand.

Dit gebeur nie oornag nie. Maar God kan jou help om na vergifnis te beweeg.

***Hy wil jou seer gesond maak die krag gee om in vergifnis te wandel.

Slot:

Dit is waar dat gesonde verhoudings werk verg.

Maar verhoudings is die werk en stryd werd.

Daar is min dinge meer kosbaar as om ‘n hegte, sterk verhouding te hê wat die bulte en die uitdagings van die lewe kan oorleef.

Prediker 4:9-10 sê:

Twee is beter as een,

Want hulle het ‘n goeie beloning vir hul arbeid.

Want as hulle val, sal iemand sy metgesel optel.

Maar wee hom wat alleen is as hy val,

Want hy het niemand om hom op te help nie.

’n Goeie huweliksmaat ’n goeie vriendskap…     gesonde verhoudings is ’n waardevolle skat.

  • Julle kan mekaar optel wanneer julle val.
  • Julle kan mekaar aanmoedig wanneer julle moedeloos is.
  • Julle kan mekaar help om te groei in die liefde vir God.

***As jy nie gesonde verhoudings het nie, vra die Here om mense  oor jou pad en in jou lewe in te bring.

God wil nie hê jy moet alleen deur die lewe stap nie.

Sy verhouding met jou, en jou verhoudings met ander om jou is vir Hom en vir jou WAARDEVOL.

Ek vra weer? Hoekom is verhoudings belangrik? in die kerk?

Dis in verhoudings wat ons seerkry maar dis ook in verhoudings waar ons gesond word en vervulling kry en ons betekenis en ons roeping vind en uitleef.

Amen