Inleiding:
In die begin het God ritmes geskep. Hy het op dag vier gese:
Laat daar ligte wees in die uitspansel van die hemel om die dag van die nag te skei.
En laat hulle dien as tekens en vir seisoene, en vir dae en jare
Toe Adam twee dae later sy eerste asem vat, het hy ‘n dans/ritme van dag en nag, maand en jaar, winter en lente en somer en herfs ingestap/gedans.
En dan, tussen die ritmes van die dag en die maand, het God nog een bygevoeg,
‘n nuwe en unieke ritme wat God self vir ons wys: die sewe-dag ritme van die week.
Sabbat = Stop, kom tot ruste en haal asem
God kon ‘n wêreld sonder ritmes gemaak het as hy wou – ‘n wêreld sonder dae en weke en maande en jare.
Maar Hy kies om ritmes en seisoene te skep.
As skepsels van hierdie skepping is ons wesens van ritme.
Die skrywer Kevin DeYoung is bekommerd en skryf, “that our lives are getting more and more rhythm-less.”
Hy verteenwoordig baie wanneer hy sê,
“We don’t have healthy routines. We can’t keep our feasting and fasting apart. Evening and morning have lost their feel. Sunday has lost its significance. Everything is blurred together”.
Nog ’n Aanhaling:
‘The boundaries between work and leisure, public and private, are dissolving, so that we have no rest and we are all forced to be time jugglers and multitaskers … We are all overwhelmed by all we have to do, and we struggle with priorities to remember and agendas to keep under control. Time slaves under an unforgiven master, we are Darwinians now, living under the daily threat of ‘the survival of the fastest.’
Skrifgedeeltes:
Gen 2:2-3
2 And by the seventh day God completed His work which He had done, and He rested (ceased) on the seventh day from all His work which He had done. 3 So God blessed the seventh day and sanctified it [as His own, that is, set it apart as holy from other days], because in it He rested from all His work which He had created and done.
Ek weet ek dat ons gemaak is vir rus omdat God so gesê het.
God maak rus as deel van ons ritme van leef.
Daarom is RUS ’n waarde by LCF. Selfs deur die jaar. Op LCF kalender is Rus Sondae in Maart, Augustus en Desember. Dis ingebou en beplan.
God het ritmes ingestel.
Ons is gemaak om met die ritme van RUS te leef.
Hoekom moet ons rus?
Die middag slapie storie:
God het bedoel dat rus ‘n seën moet wees, maar soos die hardkoppige Israeliete beskou ons dit as ‘n straf.
Die Fariseërs was wetties hieroor en het hulle baie reëls rondom die sabbat dag gemaak.
Watter Sondag “reëls” was daar in jou kinderdae?
Maar Jesus het kom wys dat die Sabbat nie bedoel was as ‘n straf nie, maar ‘n seën te wees: “Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.” Markus 2:27
As God wou, kon Hy alles binne ‘n sekonde geskep het. Die rus in Genesis 2:2 beteken nie dat God moeg of uitgeput was nie.
Die Skrif sê immers dat God nooit ophou om te werk nie, en dat Hy nie uitgeput kan raak nie (Jesaja 40:28, Johannes 5:17).
Hoekom het God dan die wêreld in ses dae gemaak en op die sewende dag gerus?
Hy het dit gedoen om ‘n werk-rus siklus/ritme te skep en te modeleer vir die mens:
8 “Remember the Sabbath (seventh) day to keep it holy (set apart, dedicated to God). 9 Six days you shall labor and do all your work, 10 but the seventh day is a Sabbath [a day of rest dedicated] to the Lord your God; on that day you shall not do any work, you or your son, or your daughter, or your male servant, or your female servant, or your livestock or the temporary resident (foreigner) who stays within your [city] gates. 11 For in six days the Lord made the heavens and the earth, the sea and everything that is in them, and He rested (ceased) on the seventh day. That is why the Lord blessed the Sabbath day and made it holy [that is, set it apart for His purposes]. Eksodus 20:8-11
Ritme en stilte in musiek:
Musiek gaan oor baie meer as note wat gespeel word. Een van die belangrikste elemente in musiek is die rus-poses.
Musiek gaan oor die kombinasie van note en stilte.
Of soos iemand so mooi sê: …a pause is the sound of the silence…
Hoe ernstig is die Here oor rus? (Dit maak Sy top 10 lys)
15 For six days work may be done, but the seventh is the Sabbath of complete rest, sacred to the Lord; whoever does work on the Sabbath day must be put to death. Eksodus 31:15
Wat gebeur as jy rus ignoreer? Wat gebeur met jou ligaamlike gesondheid, geestes-gesondheid?
Jy sien, rus is ‘n uiters belangrike noot om te speel.
John Ortberg sê die volgende oor hedendaagse Christene: “Vir baie van ons is die groot gevaar nie dat ons ons geloof sal opgee nie. Die gevaar is dat ons so afgelei en gejaagd en besig gehou sal word dat ons tevrede sal wees met ‘n afgewaterde weergawe daarvan. Ons sal ons lewens net op die oppervlak leef, in plaas van om dit werklik te leef.”
Devil says: If i can’t make them sin, I will keep them busy.
Ek dink ons het vergeet om te rus, en ook hoe om te rus.
Tipes rus:
- Fisies
- Emotioneel
- Geestelik (as ons buite God se ritme leef bring dit skeiding tusssen ons en God)
Ons het al 3 tipes rus nodig.
Baie studies toon dat daar allerhande geestelike, fisiese, emosionele en verhoudingsvoordele is om te rus.
Of dit nou die regte hoeveelheid slaap kry, elke uur van jou rekenaar af opstaan, jou vakansiedae gebruik, ‘n hersteldag van jou oefenroetine neem, of bloot die eentonigheid van jou werk opbreek, rus is goed vir ons.
Maar rus is dieper as net op die opppervlak.
Ware sielsrus gaan nie net oor fisiese rus en ontspanning nie, maar ook oor die diepte van rus.
REM-slaap (rapid eye movement-slaap).
Dit is uit die aard van die saak nie net die aantal uur slaap wat ’n mens nodig het nie, maar ook die diepte van slaap.
Die kerkvader Augustinus het iets hiervan verstaan toe hy tot God gebid het met die woorde: “Ons siele is rusteloos totdat hulle in U rus vind.”
OT Exodus 33:14 “My presence will go with you, and I will give you rest.”
NT Matthew 11:28 “Come to Me, all who are weary and heavily burdened, and I will give you rest [refreshing your souls with salvation].
Die Sabbat wys na Jesus, Hy is die Heer van die Sabat. Jesus is ons rus.
Jesus het altyd moeilikheid op Sabat se stories.
Graan in die veld en hand wat genees word.
Mathew 5:17 17 “Do not think that I came to do away with or undo the Law [of Moses] or the [writings of the] Prophets; I did not come to destroy but to fulfill.
Dit gaan nie oor ’n dag of stel reels nie.
maar…
- Om rustekens raak te lees en in ons lewensmusiek in te speel, kos
- Dit kom nie outomaties nie. Dit moet intensioneel wees.
“The best time for sabath rest isn’t found. It’s made.”
Die beste tyd vir rus in God – word nie gevind nie, dit word gemaak. Dit word beplan en sonder kompromie gehou. (die kalf is soms in die put, maar dit mag nie reel word nie).
Die hoe?
Kerk toe kom is een gewoonte/ritme wat ons kan help om rustig te raak en weer balans te kry.
So ook:
- stilte,
- gebed,
- oefening,
- tyd saam met God,
- slaap en
- familie tyd,
- worship
Ons het daaglikse, weeklikse en jaarlikse gewoontes/ritmes nodig om ons te help om te rus en te herstel. (Wat doen jy as jou foon vries? Jy sit hom af en weer aan)
Rus lyk verskillend vir almal:
- Sommige van ons het fisies veeleisende werke – dan is deel van jou rus dalk deur fisies te rus.
- Ander werk is nie noodwendig fisies veeleisend nie, maar is geestelik, emosioneel uitputtend. Rus kan dan dalk fisieke inspanning wees, soos om na die gimnasium te gaan of om aan ‘n projek rondom jou huis te werk of dalk ’n stokperdjie te be-oefen.
Slot:
Hierdie sabbat-rus waarde by LCF
- is rus wat God-gefokus en verfrissend is.
- Dis intensionele rus wat herstel en balans bring.
- Dis rus van werk, maar dis ook rus vir
- Dis nie op ’n sekere dag nie, maar daar is ’n sewe dae ritme beginsel. Beplan dit en hou daarby (jou lewe hang daarvan af).
- Die rus ritme is vir ons geskep om te herstel en God te daarmee te eer.
- Rus help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite te herrangskik.
- Rus laat ons toe om te vertrou dat God werk, selfs wanneer ons nie werk nie. God seën die sabat en ritmes van rus sodat ons ons afhanklikheid op Hom kan besef en sien hoe Hy voorsien vir sewe dae, al rus ons die sewende dag.
- Rus is hoe ons ons Verlosser genoeg vertrou om te stop en in te asem.
- God gee vir ons die ritme rus wat ons nodig het om fisies en emosioneel nie net te hoef oorleef nie maar te floreer
- God het jou uitgerus nodig om saam met Hom te werk (byl moet ophou kap om skerp gemaak te word sodat hy weer effektief gebruik kan word)
In haar boek, Breathe: Making Room for Sabbath, skryf Priscilla Shirer dat, “God always intended the Sabbath to be a lifestyle—an attitude, a perspective, an orientation that enables us to govern our lives and steer clear of bondage.”
Wat van jou:
Wat is jou patrone van rus en Sabbat? Hoe maak jy seker dat jy in God se ritme van genoeg en gereelde en die regte rus stap?
Bekende gesegde is: “let me just catch my breath”
Maak seker jy speel God se RUS-note! Dis nie net ’n waarde nie… jou lewe hang daarvan af.