Begin by Eerlikheid
-Kom ons wees eerlik – meeste goed oor God verstaan ons nie.(Wie verstaan 50%?)
(Isaiah 40:28)
Have you never heard? Have you never understood? The Lord is the everlasting God,
the Creator of all the earth. He never grows weak or weary. No one can measure the depths of his understanding.
-Tuin van Eden – Boom van Kennis tussen goed en kwaad. Hoekom sit God daardie boom daar? Dalk wou God nie dadelik alles aan die mens onthul nie?
-Dalk wou Hy Homself stelselmatig aan die mens openbaar soos wat die mens se hart of vermoë om te begryp ontwikkel oor tyd. (God voel – wat is die haas?)
-Lucifer vertel hulle van ‘n “short cut” so lei hy toe vir Adam en Eva om die bos.(letterlik)
-Dalk is dit nogsteeds God se plan – om Homself aan ons te openbaar wanneer ons in die hemel kom en ewigheid met Hom spandeer.
-Miskien gaan ons nie alles weet op die oomblik wanneer ons die poorte binnegaan nie – dalk sal ons, soos ons verhouding met God ontwikkel, meer en meer van Hom verstaan.
-Ons elkeen het ‘n prentjie van God in ons kop. Ons benader Hom in gebed op gronde van daardie prentjie.
MAAR – Soos wat hierdie prentjie van God ontwikkel, verander die manier waarop ons Hom benader.
Ek en jy…..
-Ek verstaan nie alles van God nie en daarom behoort ek nie hier in Sy teenwoordigheid nie.
-Ek weet nie genoeg van Hom nie, so ek voel glad nie gemaklik om intiem met Hom te wees nie
-My vermoë om God te begryp ontwikkel nog, so daarom hou ek eerder so bietjie terug totdat ek Hom beter ken.
(Dis ‘n leuen)
(Ons prentjie sal nooit op aarde voltooi wees nie – eers in die ewigheid).
-Jesus leer ons dat God ‘n goeie Vader is en so verander/ontwikkel ons prentjie van wie hierdie God eintlik is.
(1 Joh 5:20) We know also that the Son of God has come and has given us understanding, so that we may know him who is true. And we are in him who is true by being in his Son Jesus Christ. He is the true God and eternal life.
-Hoe meer die prentjie van God in ons kop ontwikkel, hoe meer verander die manier waarop ons God benader. (Dit word MEER – Eenvoudig, Eerlik, Opreg)
2 Goed hou my en jou uit die teenwoordigheid van God:
-Begeerte om Hom te verstaan
-Skuldgevoel
-Gehoor van iemand wat elke oggend sy gebed open met erkenning aan God van sy verlange die goeie en begeerte na die slegte. (Dit maak kommunikasie kanale oop tussen hom en God omdat hy niks het om weg te steek nie, en nou voel dis makliker vir hom om tot God te nader).
–Dawid(‘n man na God se hart) – Ons lees eintlik Dawid se dagboek inskrywings. Hy bring sy gebrokenheid, teleurstelling met eerlikheid voor God en kyk hy na sy siel(denke, wil en emosies), vat alles gelyktydiglik saam na God toe, en plaas dit onder God se goedheid. Hoekom? – want Hy is die eniste een wat dit kan genees.
-Wat leer ons uit Dawid se gebede? (Psalmist Practice) – “Here, dis vir my sleg om die heeltyd my teleurstelling in U, myself, ander mense, die lewe, na U toe te bring, maar ek kies om ten spyte daarvan nog steeds vir U te sê: U is goed”!
-Dit gee vir God die geleentheid om vir ons te sê: “Dankie dat jy my vertrou met jou hede en jou toekoms. Dit is kosbaar en waardevol vir My.
“Kom ons stap nou saam vorentoe”.
-God neem nie aanstoot aan ons eerlikheid voor Hom nie.
-Hy raak vir niks angstig/frustreerd nie. In hierdie wete is daar vir ons – veiligheid, stabiliteit, genesing
Genees ons van die dinge wat ons ons vêr van Hom af laat voel: Onsekerheid, Skaamte, Skuldgevoel, Onwaardigheid, Behoefte om Hom ten volle te verstaan,
Met elke ontmoeting met Hom openbaar Hy aan ons ‘n bietjie meer van wie HY is.
Kom ons begin by eerlikheid