Preek/ Boodskap oor: Kyk Jou Huis Noord?

INLEIDING:

Pa sê: Huis se vensters moet Noord kyk om maksimum son kry.

  • Storie van Polaris.
  • Waar is Noord?

NB: Waarheen kyk jy en jou huis?

Wimbledon Tennis:

Novak Djokovic 2 stelle agter en stap in die breek na die badkamer toe.

Ek vra vir Abi, wat dink jy het hy nou gaan doen? “Kyk in spieel en praat met homself”:

  • “Kry jou Kop reg” (gedagtes)
  • “Kom in die game”
  • “Kry jou fokus reg”

Novak kom uit en wen die volgende 3 stelle en sodoende die wedstryd! (Deur na semi-finaal op Wimbeldon).

NB: Waar lê jou fokus vanoggend?

INHOUD:

Waarna kyk & Waarop fokus Paulus? Ons sien dit in sy briewe in die Skrif o.a. 1Kor 2:2-16

1 Corinthians 2 AMP

2 And when I came to you, brothers and sisters, proclaiming to you the testimony of God [concerning salvation through Christ], I did not come with superiority of speech or of wisdom [no lofty words of eloquence or of philosophy as a Greek orator might do]; 2 for I made the decision to [b]know nothing [that is, to forego philosophical or theological discussions regarding inconsequential things and opinions while] among you except Jesus Christ, and Him crucified [and the meaning of His redemptive, substitutionary death and His resurrection].

16 For who has known the mind and purposes of the Lord, so as to instruct Him? But we have the mind of Christ [to be guided by His thoughts and purposes].

STELLING: Om op Jesus te fokus is om soos Jesus te begin dink!

“Our lives are not the sum total of the things, we’ve done… the things we’ve done, are the sum total of the ways we thought?”

  • Ons het die denke van Christus.
  • Ons het ‘n ware noord en daardie ware noord is die Kruis van Christus.
  • As ons die betekenis van Jesus se dood en opstaanding (soos deur HG openbaar) verstaan…. dan begin ons soos Jesus dink.

KYK JOU HUIS NOORD! & WAAROP FOKUS JY?

“The transformed mind is the mind fixed in the cross” – fixed on Jesus.

Hierdie is nie net ‘n eenmalige gebeurtenis nie:

  • Dit is nie ‘net fokus op die dag wat jy besluit om Jesus te volg nie
  • ’n Boodskap/preek op ‘n Goeie Vrydag nie
  • ‘n Paasnaweek ding nie
  • Dit is nie net ‘n simbool of hangertjie om jou nek of ’n skildery nie.

NB Dis ’n INGESTELDHEID en ’n LEWENSWYSE… gefokus op Ware Noord – op Jesus die enigste Waarheid

  • Wat of wie is die middelpunt van jou lewe?
  • Is Jesus die middelpunt van jou…
  • Waarop (op wie) fokus jy? (Moedeloosheid en Bekommernis is ’n fokus probleem).
  • Fokus jy op die leuen of die waarheid… op Jesus?

Paulus sê sy konstante en rigtingwyser en fokus is Jesus (aan die kruis wat gesterf het maar weer opgestaan het)

Aanhaling: “Grand is the starry world above, but grander is the Cross.”

Wat van emosionele verwonding, pyn, siekte, verlies, omstandighede, finansies, opinies, oortuigings?

  • Wanneer die warrel van die lewe, en omstandighede kom, het ek ‘n WARE NOORD REDDER in JESUS.
  • Ek en jy het ‘n kompas in ons lewe en Paulus noem dit die Kruis van Christus…
  • En ons kan (soos hy) besluit om te fokus op niks behalwe Jesus nie.

HOE fokus ons op Jesus?

  1. Gebed gedurig
  • Om gewoonte te skep en ontwikkel van ‘n biddende lewe? 1 Tessalonisense 5:17 gee een eenvoudige opdrag: Bid sonder ophou”.
  • God het nie jou groot woorde nodig nie. Hy wil jou hart hê, en dikwels is dit net ‘n gebed wat so eenvoudig klink soos “God, help!”
  1. Raak ontslae van die aandag afleiers
  • Jy kan nie jou oë hou op iets wat jy nie kan sien nie, dis van toepassing in die fisiese of geestelik
  • In ons geestelike lewens, wanneer ons die spasies vul met allerhande dinge wat ons aanlag aflei, word dit soms baie moeilik en selfs onmoontlik om te sien waarheen die Here ons wil lei.

(Wat blok jou uitsig? Wat/wie staan tussen jou en Jesus? Watter leuen belemmer jou sig?)

  1. Deel met die sonde in jou lewe
  • Deel met die sondige gewoontes en patrone in jou lewe.

Opsrif: Die oog moet op Jesus gevestig wees:

1Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Hebreërs 12:1

Die skrywer van Heb sê: Ons moet ons ontslae raak van alles wat ons terug hou, veral sonde wat ons aandag aftrek.

(Watter sonde trek jou aandag van Jesus af?)

SLOT:

*Kom ons vestig/fokus ons oë (soos Petrus op die see van Galilea) op Jesus Christus en Sy voltooide werk aan die kruis, in plaas van die dinge van hierdie wêreld.

Amen