Preek/ Boodskap oor: Kom Uit (Deel2)

(kort opsomming van laas week se boodskap)

  • Laas week het ons gesels oor Joh 11 en oor die teenwoordigheid van pyn, hartseer en teleurstelling wat daarin uitgebeeld word.
  • En wanneer dit met ons gebeur, ons soos Martha en Maria gryp na ons teologie kennis om antwoorde te probeer kry daarvoor.
  • Liefde raak persoonlik in hierdie hoofstuk. Ten spyte van liefde, wag Jesus en kom nie dadelik nie; siekte en dood was teenwoordig, al maak die woord dit duidelik dat Jesus hul lief het.
  • Martha en Maria het gevoel Jesus was te laat en kon nie verstaan hoekom Hy nie dadelik gekom het toe boodskappers gestuur is nie, maar Jesus het hul lief gehad.
  • In ‘n skynbare “te laat” situasie, kom Jesus en spreek dood aan met die woorde: “Lasarus, kom uit.”
  • Dood vlug voor hierdie woorde en dit wat dood was, word weer lewendig.
  • Het jou hart sy fluistering gehoor: Kom uit!
  • Soos Lasarus, is daar moontlik grafdoeke wat by ons ook afgehaal moet word?
  • Laat ons “Kom uit” muur hierdie jaar jou sigbare getuienis wees van God se werk in jou.

Daar waar dood binne in ons heers en ons verhinder om ‘n lewe van volheid te leef in Christus, wil Heilige Gees kom aanspreek en dood vernietig sodat ons waarlik kan lewe.

(Terug by hierdie week)

Ons toneel sluit af met: Joh 11:53 ‘Van daardie dag af was hulle vasbeslote om Jesus dood te maak’.

VRAAG: Wat gebeur met Jesus se woorde ‘Kom uit’ vir jou?

  1. Die eerste belangrike ding is dat daardie woorde dood aanspreek.
  • Ek is lewendig, maar ek lewe nie –> die gees van dood wat heers se houvas word gebreek.
  • Wat gebeur daarna is die interne ervaring: Ek lewe weer.
  1. Tweedens, ons word lewend gemaak vir Sy glorie
  • Joh 11:4 (Afr53) – ‘En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. ‘
  • Joh 11:40-42 – ‘Wat Ek sê, sê ek ter will van die skare wat hier staan sodat Hulle kan glo dat U My gestuur het.’

Jesus (en Abba Vader) se eer is in die monde van BAIE mense…

Die volgende hoofstuk: Joh 12:17-19 TPT – “All the eyewitnesses of the miracle Jesus performed when he called Lazarus out of the tomb and raised him from the dead kept spreading the news about Jesus to everyone. The news of this miracle of resurrection caused the crowds to swell as great numbers of people welcomed him into the city with joy. But the Pharisees were disturbed by this and said to each other, “We won’t be able to stop this. The whole world is going to run after him!”

  • Die wonderwerk het nie lofprysing by almal veroorsaak nie, al was God agter dit.

My en jou se lewe van ‘Kom uit’ en hoe dit gaan afspeel, gaan ons nie in almal se goeie boekies plaas nie.

  • Weet jy dit? “Kom uit” het ‘n koste. “Kom uit” en lewe is wonderlik, maar dit kos iets.
  • Lasarus en Jesus was vir baie ‘n aangename geur van lewe, maar vir ander ‘n doodsreuk.

Jesus as voorbeeld – Hy kom aarde toe om te sterwe, om te lewe!

Die Lasarus wonderwerk, en die meerderheid van die 3 jaar tevore vir die glorie van God, wetende dat dit die oorsaak sou wees dat mense Hom sal wil dood hê.

Wat was Jesus se beloning vir hierdie wonderwerk? Joh 11:53 (Afr53):

  • ‘Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring. ‘

Wat was Lasarus se beloning vir die wonderwerk wat aan hom gedoen is? Joh 12:9-11 (Afr53)

  • ‘En ‘n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het. En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring, ‘

‘Kom uit’ het ‘n koste – Lasarus, baie is in verwondering, ander beplan jou dood.

VRAAG: Sou julle sê hierdie wonderwerk was 100% God se wil? Ja.

  • En godsdienstige mense beplan Jesus en Lasarus se dood hierna.
  • Hier is jou geskenk omdat jy uit die dood opgewek is Lasarus…
  • “Kom uit” is vir die eer van God in ons lewe, maar jy ons dalk teëkanting kry.

Soos Jesus, lewe ons om te sterwe.

Joh 12:24-26 (Afr53) – ‘Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer. ‘

Jesus se “Kom uit” woorde maak ons van binne lewendig. Ons word lewendig gemaak om weer te sterf.

Luk 9:23-24 (Afr53) – ‘EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? ‘

Wil jy lewendiger wees vir God? Sterf meer vir jouself.

Hoe lyk hierdie sterf?

Dis ‘n meer word van wie God is vir my en jou en ‘n minder word van ons is vir onsself.

Sterf is daagliks… al is jy jare terug wedergebore en jy sê jy het toe gesterf.

  • Dis wonderlik. Maar dis daagliks nodig (Luk 9 – Daagliks: verloën, kruis dra, volg).
  • Ons dra kruise aan ons omdat dit ‘n inspirasie en herinnering item vir ons is.
  • Die gehoor wat hierdie woorde eerstehands gehoor het, het geweet dat iemand wat kruis dra is iemand wat oppad is om te sterf.
  • Hoe lewendiger ons is vir onsself, hoe moeiliker gaan dit wees as teëkanting kom.
  • As teëkanting kom, gaan ons dan net weer terugkeer na die dood waaruit Jesus ons geroep het?

Om ‘n dissipel te wees sal ons ook daagliks moet sterf op die kruis van self verloëning.

  • Ons Meester was vir ons DIE voorbeeld hiervan, en vra van ons dieselfde.

Sy woorde: “… as iemand My wil volg” –> hier is hoe dit gaan lyk…

  • Self verloëning is ‘n verwerping van dit wat my behaag, ‘n verwerping van alles wat in my pad staan om Hom met volle oorgawe te volg.
  • Daar is dinge in ons lewe wat moet sterf vriende.
  • Of daai dinge sterf, of ek gaan weer sterf –> terugkeer na daardie graf waaruit Jesus ons geroep het

(luislang voorbeeld en 2 jarige – slang is jonk gekry, gevoed en het groot geword)

Sterf is ‘n minder leef vir self genot en ten volle lewe vir Hom.

  • Wat staan in jou pad?

Jesus se woorde “Kom uit” roep ons uit die graf om geestelik te lewe, net om weer vir ons te vra om te sterwe.

Jesus sê vir ons hoe ons kan aanhou wandel in ons “Kom uit” uitroep – sterf meer vir jouself.

  • Elke dag sal Heilige Gees Sy weg en jou weg voor jou hou.
  • Sy weg gaan ons lewendig hou.
  • My weg gaan my terug in die graf sit.