Die dissipel Johannes skets vir ons in Joh 11:1-57 ‘n voorval waarvan hy ‘n getuie was.
- ‘n Groot deel van hierdie hoofstuk beeld hartseer, pyn en teleurstelling uit.
- Wanneer hartseer, pyn en teleurstelling teenwoordig is in die lewe van ‘n gelowige, probeer ons dit vul met die teologie kennis wat ons het, om antwoorde te probeer kry –> iets wat ons ook raak lees in hierdie gebeurtenis en dalk elkeen mee sal kan assosieer.
Vers 1 begin deur vir ons te vertel dat Lasarus siek was en dat Martha en Maria boodskappers na Jesus toe stuur om vir Hom daarvan in te lig.
- Dit is duidelik dat Lasarus nie net ‘n loopneus gehad het nie. Hy het ‘n kondisie gehad wat uiteindelik tot sy dood sou lei en die familie om sy siekbed moes gesien en geweet het waarheen die situasie oppad was.
- Martha en Maria was in verhouding met Jesus en was heel moontlik getuienisse van ander wonderwerke wat hy verrig het. In hulle eie krisis situasie, was Jesus hulle oplossing.
- Maar Jesus was nie by hulle nie.
- Dalk het hulle dit uitgewerk: As ons iemand na Jesus stuur, behoort die boodskappers “so lank” te neem om daar uit te kom en as Jesus dadelik sou reageer, gaan hy “so lank” neem om hier uit te kom.
- En die boodskappers is gestuur.
Ek en jy stuur vandag nog steeds boodskappe na Jesus toe: Wanneer ons bid. (die reistyd is heelwat vinniger 🙂
- “Here Jesus, hier is ‘n situasie en ons het U dringend nodig”.
Liefde in Johannes 11
Die onderwerp van liefde is baie sterk op die voorgrond van Joh 11.
Lasarus was siek en vers 3 vertel vir ons met watter boodskap die boodskappers by Jesus aangekom het. Hier is die 2 susters se boodskap aan Jesus: ‘Hy vir wie U lief is, is siek‘.
- Daar is soveel vir ons opgeskryf in hierdie hoofstuk dat dit na baie keer se oor en oor lees eers vir my uitgestaan het.
- Jesus was lief vir Lasarus –> En Lasarus was siek.
- Jesus was lief vir Lasarus –> Maar Lasarus het gesterf.
- (herhaal albei hierdie ‘n paar keer hardop tot dit insink)
‘n Paar hoofstukke vroeër skryf dieselfde Johannes in hoofstuk 3:16: ‘Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun gestuur het…’
- En nou kom iemand en sê vir jou: God het jou lief, en jy dink dalk: Ja, maar Hy het die wêreld lief. Wat maak my so spesiaal? God het almal lief.
Hoofstuk 11 raak baie meer persoonlik: Jesus was lief vir Lasarus…
- En Lasarus was siek (iemand moet hierdie hoor vandag)…
In Joh 11:5 lees ons verder: ‘Jesus was lief vir Martha, haar suster en Lasarus’. (Johannes herhaal)
- En die volgende vers lees: Toe Jesus hoor dat Lasarus siek was, het Hy nog 2 dae gewag.
- Hoor mooi: Jesus was lief vir Lasarus, Martha en Maria –> en Hy wag nog 2 dae.
- Op ‘n ander plek in die Bybel genees Jesus oor ‘n afstand, en Hy doen ook nie dit nie.
Ons kyk vanoggend na ‘n paar Bybel karakters se ware gebeurtenis van daardie dag en hulle het dadelik ‘n ingryping nodig gehad, maar het dit nie gekry soos wat hulle dit verwag het nie. Het dit al met jou gebeur?
Martha en Maria se eerste woorde aan Jesus
Martha: Joh 11:20-21 – Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie.
Maria: Joh 11:32 – Here as U hier was sou my broer nie gesterf het nie.
In plein Afrikaanse gestel: Here, U is te laat. In hulle harte het hulle gevoel: Hoekom het U so lank gevat om te kom? Ek verstaan nie…
- Dit help nie U is nou hier nie, want dis nou te laat.
- Hulle weet presies hoe lank dit Jesus sou neem as Hy dadelik gekom het, en Hy het 2 dae langer geneem.
- Ek is seker in die 2 dae na hul broer se dood het hulle by die huis met mekaar gesels: “Ons verstaan nie. Hoekom is Jesus nie hier nie. As Hy hier was, sou Lasarus nie doodgegaan het nie.”
Pyn, hartseer en teleurstelling –> dit kom kuier by ons almal.
Wat gebeur binne ons as Jesus nie betyds optree soos wat ons wou gehad het Hy moet nie?
Martha se teologie
Die gesprek met Jesus… Joh 11:21-27 – Jesus: Martha, jou broer gaan opstaan. Martha: Ek weet hy gaan eendag opstaan…
(vir Martha is dit te laat. Sy glo nie dat Jesus nou meer iets kan doen nie).
- Martha sê wel: Ek glo dat U die Messias is.
- Teologies glo sy dat Hy die Messias, die Seun van God is, maar sy glo nie dat Jesus meer iets aan haar bestaande situasie kan doen nie.
- My broer is dood, dis die einde. Niks goed kan verder nou hieruit kom nie.
- Ek wonder hoeveel mense gaan kerk toe (en dalk hier by LCF) en glo dat Jesus die Messias is, maar weens hul vorige teleurstellings, vertrou hulle Hom nie meer dat Hy iets kan doen rakende die dood wat heers in hulle lewe nie?
Glo jy ook soos Martha?
Wat het pyn, seer en teleurstelling al in jou lewe bewerkstellig?
- Een groot vraagteken oor hoekom die Here nie iets daaraan gedoen het nie?
- En wat Hy ook al nou wil doen, dis te laat.
- Ek glo Hy is die Messias, maar ek vertrou Hom nie meer nie.
- En iets binne in jou het gesterf. Daar is ‘n vuur binne in jou wat geblus is.
- VRAAG: Is dit te laat vir jou situasie?
Maria se vreemde optrede
In ander verhale oor hierdie Maria, vind ons haar altyd by Jesus se voete. Sy wil by Hom, naby aan Hom wees.
Hier vind ons nou dat Martha met Jesus se aankoms Hom tegemoet gaan, maar Maria bly by die huis.
- Ek sou dink dat dit dalk andersom moet wees. (iets wat my gepla het. hoekom bly Maria tuis?)
- Sy ken Hom, sy ken intimiteit met Hom, sy is lief vir Hom en stoei nou meer met Lasarus se dood as Martha en kan nie dadelik na Jesus toe gaan nie.
- Haar teleurstelling is net te groot op die oomblik.
- As pyn, hartseer en teleurstelling kom in die lewe van ‘n dissipel wat toegewyd Jesus volg, wat intimiteit met Hom ken, is hulle stoei met die “hoekom” van die voorval soms groter.
- In hul hart en verstand trek hulle terug, soms vir ‘n kort tydjie, soms vir ‘n lang uitgerekte tyd.
- “Here, ek verstaan nie.”
- En die vurigheid waarmee jy die Here Jesus volg gaan dood.
Jesus was te laat.
Jy kon Lasarus se doodsreuk kry as jy naby die graf gekom het.
- Wat het al in jou lewe gebeur? Is daar dalk ‘n reuk van dood?
- MAAR: In ‘n “te laat” situasie, roep Jesus Lasarus, Kom uit!!!
Jesus het met ‘n harde stem uitgeroep…
Jesus wil Sy glorie deur jou en my laat skyn in hierdie wêreld. Ons wêreld het dit nou nodig.
- Maar daar is grafte waarin gelowiges hulleself bevind en daar is grafdoeke van teleurstellings om hulle gebind en die roepstem van die Meester kom: “___________, kom uit!!”
2 dinge het gebeur:
- Die dood se mag is gebreek en Lasarus HET uitgekom.
- Die grafdoeke was nog om hom en moes afgehaal word sodat Lasarus vry kon kom. (Jesus se woorde “Maak hom los en laat hom gaan).
Vandag wil ek stap een van jou vra: Kom uit…
- Waar heers die dood by jou? (vertroue, onvergifnis, vrees, teleurstelling, bitter…)
- Daardie lappie om jou arm verteenwoordig daardie grafdoeke –> Maak dit los is die profetiese aksie en getuienis van jou uitkom en nuwe vryheid.
- Ons gaan ‘n “Kom uit” bord skep waar jy kan terugkom en wanneer jou doeke afgehaal is en jy gedeel het met dit wat jy vanoggend voel jy moet, kom terug en sit jou lappie op die “Kom uit” muur. (dalk wil jy iets daarop skryf)
- Die muur gaan vir ons ‘n fisiese getuienis wees van dit wat Heilige Gees mee besig is in ons gemeenskap van gelowiges en ‘n fisiese herinnering wees van dit waaruit Jesus ons uitgeroep en vrygemaak het.