Kort storie:
Oppad skool toe het ons elke dag by ‘n “wilde” perskeboom verbygeloop. Dit was nogal ‘n mooi boom, strek en gehard, maar sy vrugte was maar baie klein, hard en smaakloos, kyk, nie eers wurms wou die perskes vreet nie. Dalk omdat ons dit nooit werklik kans gegee het om ryp te word nie. MAAR selfs as ons dit gelos het, en ons elke dag gekyk en getoets of dit nie al ryp genoeg was om tee et nie, was dit nog steeds klein, hard en smaakloos, wat ‘n teleurstelling. Dit het glad nie soos winkel perskes geproe nie. Die boom het al die potensiaal gehadom, soos dit gelyk het, die lekkerste vrugte te dra.
Later lees ek eendag raak, hoe “skelm” boere kan wees. Hulle sal sulke sterk bome vat en lote van ander, meer smaaklike, gesonder en groter perskes op so ‘n boom ent (Engels is GRAFT). Hierdie geënte bome word dan mooi versorg en dopgehou om seker te maak die lote vat en die “nuwe” bome se vrugte is goed. Die nuwe boom het nou die DNA van die ou geharde boom en die nuwe lote en die nuwe boom se vrugte is beter.
Definisie:
- Enting / Inenting – is ‘n tegniek om twee plante of stukke plante te kombineer sodat hulle saam groei as ‘n enkele eenheid.
- Deur ‘n gedeelte van ‘n plant met groot vrugte te verwyder en dit te ent op ‘n variëteit wat voedingstowwe goed opneem en weerstand bied teen siektes en ekstreme klimaat, kan jy ‘n plant skep met die voordele van beide.
Hoekom sal jy bome dus wil ent?
- Ouer wordende bome kan verjong word
- Vrugte te vermeerder
- Vroeër vrugvorming
- Nuwe variëteite kan verkry word
- Om boomgrootte te beheer
- Aanpassing by moeilike gronde of klimaat
Die Onderstam maak die verskil:
- Pruim of wilde appelkoos word as onderstam gebruik om perske se weerstand teen lae temperature wil verhoog
- Kersiepruim is die beste soort onderstam – plante wat bestand is teen infeksies (virus, swam)
- Amandel is geskik vir perskeboorde in warm klimaat …ens.
Romeine 11:16-18
16As die eerste stukkie deeg aan God geoffer word, beteken dit dat die hele baksel eintlik aan Hom behoort. Net so, as die wortels van die boom aan God gewy is, sal die takke ook aan Hom behoort.
17Party van die takke van hierdie boom – van die Joodse takke – is uitgekap (afgebreek) en jy, die wilde olyf, is op die mak boom geënt. So deel jy ook nou in die lewensap wat van die mak olyf se onderstam af opstoot.
18Maar oppas om jou bors hieroor uit te stoot. Dit is immers nie jy wat die onderstam dra nie, maar juis andersom.
Die konteks van Romeine 11 is dat God steeds life is vir Israel en Sy genade is steeds groot vir hulle. Maar Israel het van Hom af weggedraai en deur God se genade het Hy nou vir ons die kans gegee om Sy kinders te word, om by Hom ingeënt te word. Hy wil nog steeds hê dat Israel moet terugdraai sodat hulle weer terug geënt kan word.
EK wil graag die idée van uitgekap en ingeënt in die teks gedeelte uitlig. Ek wil dit doen met behulp van Johannes 15.
In Johannes 15 is Jesus besig om met Sy dissipels te praat net voor Hy gevange geneem word…
Johannes 15:1-2, 6:
1“Ek is die ware druiwestok en my Vader is die tuinier.
2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af…(word uitgekap)
4 …’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie aan My verbonde bly nie.
6Wie nie aan My verbind bly nie, word weggegooi soos ’n loot en verdroog. Hulle maak gewoonlik sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur en dit verbrand.
Lote/takke wat nie vrugte dra nie word afgekap en die vuur gegooi.
Openbaring:
In die brief aan die kerk in Efese:
Openbaring 2:4-5 – 4 Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het. 5 Dink terug aan hoe ver jy uitgesak het en kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het. Anders kom Ek na jou toe en sal Ek jou kandelaar van sy staanplek af verwyder, as jy nie tot inkeer kom nie.
In die brief aan die kerk in Laodisea:
Revelation 3:15-16 (NKJV) – 15 “I know your works, that you are neither cold nor hot. I could wish you were cold or hot. 16 So then, because you are lukewarm, and neither cold nor hot, I will vomit you out of My mouth.
MAAR, dis nie net alles “DOOM and GLOOM” nie,
Jesus sê ook in Johannes 15 vers 2-5 en 7-8 die volgende:
2 …Elkeen wat egter vrugte oplewer, snoei Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra.
3 Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het.
God se Woord is die ding wat ons snoei. Die waarheid van Sy Woord is wat ons harte besny en vir ons rigting gee. Ons kan nie wegvat of bylas by God se Woord om dit te maak pas by ons verdraaide waarheid nie.
Psalm 33: 4 – Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas.
Hebr 4: 12 – “Die woord van God is vol lewenskrag en energie (living and active). Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop. (siel en gees)”
Psalm 119:103-105 – 103Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond. 104Deur u bevele kry ek insig; daarom haat ek elke valse pad. 105U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.
2 Timoteus 3:16-17 – 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer (God-breathed) en is nuttig (profitable) om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek (trainingin righteousness). 17Dit is God se manier om sy mense voor te berei (complete and proficient) vir hulle taak, ten volle toegerus (outfitted and thoroughly equipped) vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.
4 Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle…
5 “Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
7 As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
8 Dit is juis hierin dat my Vader verheerlik word, dat julle baie vrugte oplewer en my dissipels is.
Hoe bly Jesus aan ons verbonde?
Jesus is deur God gestuur om ons van ons sondes te red en om ons verhouding met Hom te herstel. Toe hy by ons gewoon het, het sy dade en woorde God se karakter en wese ten volle uitgedruk. Hy is ná drie dae opgewek en het ’n lewegewende Gees geword. En as gevolg hiervan kan Hy diegene help wat in hom glo. Ons moet besef dat Hy as Helper in ons woon.
Efesiers 3:17 – Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees.
Jesus Christus woon in ons gees. Hy is die bron van ons lewe. Maar ons verstand, wil en emosie kan steeds kies om hom te ignoreer. Die Here Jesus wil sy tuiste nie net in ons gees maak nie, maar ook in elke aspek van ons lewe.
2 Korintiers 13:5-6 – 5Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie. 6Ek hoop julle besef dat ons wel die toets geslaag het.
Ons is dikwels gereed om ander te oordeel, maar Paulus spoor ons aan om die manier waarop ons ons lewens as Christene leef, te ondersoek. Hy sê vir ons dat ons onsself moet toets om te sien of ons in die geloof is en of Christus in ons is.
Galasiers 2: 20 – Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God…
Hierdie is Paulus se grootste of belangrikste verklaring oor wat gebeur wanneer iemand gered word deur hulle geloof in Christus te plaas. Paulus redeneer dat ons so nou aan Hom geheg raak dat ons saam met Hom sterf en Hy in ons begin lewe.
Kolossense 1:27 – God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.
Johannes 15:9-17
Daar is we look ‘n opdrag: Ons kan sê, Jesus stel voorwaardes van hoe om aan Hom verbind te bly.
9… Julle moet aan my liefde verbonde bly.
10As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly…
12Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het.
14Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra.
15… Julle noem ek lankal vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het.
16…Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou…
17Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê.”
Wat is die vrug wat ons moet dra?
Liefde, liefde liefde.
1 Kor 13:13 – Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde – hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!
Liefde is die eerste vrug van die Gees wat in Gal 5 genoem word.
Net soos Jesus gedoen het. Dra LIEFDE as jou grootste en belangrikste vrug en die ander vrug van die Gees sal vanself bygevoeg word, dit sal outomaties in jou lewe sigbaar word. As jy iemand life het is jy vol vreugde, jy het vrede in jou hart, is jy geduldig, is jy goedgunstig, is jy getrou en het jy selfbeheersing.
Joh 15:13 – Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.
AMEN