Ek wil jou bemoedig aan die einde van ’n moeilike jaar deur jou te herinner dat ons ’n hemelse Pappa het wat jou wil optel.
MATTEUS 7:11 (AMP)
11 If you then, evil (sinful by nature) as you are, know how to give good and advantageous gifts to your children, how much more will your Father who is in heaven [perfect as He is] give what is good and advantageous to those who keep on asking Him.
God die Vader is ’n Pappa wat wil hê dat ons na Hom moet kyk en ons hande na Hom toe moet uitsteek.
- DIE HERE WIL JOU KOM OPHELP/OPTEL
- Vandag wil Hy jou kom optel.
- Miskien moet jy opgetel word uit ‘n desperate situasie.
- Miskien bevind jy jou in ‘n diep gat en wil Hy jou uit daardie plek van wanhoop kom optel.
- Miskien bevind jy jouself in ‘n situasie waar jy heeltemal oorweldig is en nie weet wat om te doen nie, en Hy jou wil kom optel.
- Miskien gee alles rondom jou in, jou hemelse Pa wil inspring en jou aan die hand vat en jou op-lig. (Petrus wat sink in die see)
- Miskien is die dinge wat jou ‘n gevoel van sekuriteit gegee het nie meer daar nie, en jou fondament is wankelrig of verwyder, en Hy wil jou kom optel. (on the ledge of the mountain)
- Maak nie saak wat die aard van jou situasie is nie, ons dien ’n OPTEL God, en Hy wil jou vanoggend kom optel.
* Om deur God opgetel te word beteken dat Hy intree en ons posisie of status verander.
- ONS HEMELSE PAPPA WIL DIE WAT MOEDELOOS IS OPTEL
Ps 145:14
(AMP) The Lord upholds all those [of His own] who fall
And raises up all those who are bowed down. (voorbeeld:Val oor hekkie en moedeloos)
(83) Die Here help almal op wat geval het.
Hy ondersteun dié wat bedruk is.
(DB) Die Here sorg vir almal wat seerkry. Hy tel elkeen op wat swaarkry.
(Bybel vir almal ABA) Die Here hou die mense regop wat wil val,
Hy tel die mense op wat nie meer kan staan nie.
God sien jou raak as jy dalk vanoggend moedeloos voel.
– Sy begeerte/wil vir ons is, dat ons nie moedeloos sal wees nie.
– Om moedeloos te wees, is om sonder moed te wees of moed te kort en nie die krag te hê om te doen wat nou nodig is nie.
– Het jy al ooit ‘n moedelose mens gesien? Soms kan jy selfs sien dat hul koppe hang en hul skouers hang. bowed down. (Rugby span wat agter is)
- Die Here sien ook wanneer ons skouers hang is en ons die gewig van die wêreld op ons skouers dra.
- JA al struikel en val ons in die proses, sal Hy ons kom optel en ons koppe optel sodat ons na Hom kan kyk en in Sy krag kan aangaan.
Psalm 3:3
But You, O Lord, are a shield for me,
My glory [and my honor], and the One who lifts my head.
- As jy moedeloos voel vanoggend, weet net dat Hy jou wil kom optel.
- ONS HEMELSE PAPPA TEL DIE HOPELOSE OP
Psalm 40:2
He brought me up out of a horrible pit [of tumult and of destruction], out of the miry clay,
And He set my feet upon a rock, steadying my footsteps and establishing my path.
– Hooploosheid (as jy nie meer lig aan die einde van die tonnel sien nie) lei tot: depressie en uitbranding en dit is dinge waaruit die Here ons wil uit lig.
– Jy mag jouself in ‘n diep put van wanhoop bevind of sukkel in die sinkende sand van die lewe, maar hierdie plekke waarin ons onsself soms bevind, is geen “match” vir Sy opheffingskrag nie.
- Dit maak nie saak in hoe diep die put jy jou bevind nie, ook nie die hoeveelheid ‘miry clay’ van moeilike omstandighede nie – HY is in staat om jou daaruit te lig.
- Die Here wil ons nie net optel nie, maar Hy wil ook ons situasie en ons status verander,
- van ‘n diep put na ‘n hoë rots, en
- van modderige klei na ‘n plek van vaste grond waarop ons weer ‘n nuwe begin kan maak en weer vordering kan maak en ’n toekoms kan sien.
Jona 2:6
‘Tot die wortels van die berge het ek neergedaal; die aarde daaronder het my vir altyd ingesluit. Maar U, HERE my God, het my lewe uit die kuil laat opkom.’
(AMP)“I descended to the [very] roots of the mountains.
The earth with its bars closed behind me [bolting me in] forever,
Yet You have brought up my life from the pit (death), O Lord my God.
- As jy hopeloos voel vanoggend, weet net dat Hy jou wil kom uithaal en
- HY LIG DIEGENE WAT TEENSTAND KRY
Psalm 18:48
‘Waarlik, U verhef my bo die wat teen my opstaan.’
(AMP)He rescues me from my enemies;
Yes, You lift me up above those who rise up against me;
- Miskien bevind jy jouself in ‘n vyandige omgewing waar ander dit vir jou moeilik of byna onmoontlik maak.
- Jy het dalk kollegas of base wat jou werksomstandighede vir jou ondraaglik maak.
- Ek hoor ook gereeld van skoolgaande kinders wat by die skool geboelie en geterg word.
- God haat onreg en Hy mag dit vir ‘n rukkie toelaat om aan te gaan, maar daar kom ‘n tyd dat Hy ingryp. (waneer ons na Hom uitroep)
- As jy teenstand, onreg, onregverdige behandeling of mishandeling in die gesig staar, sal Hy jou sekerlik kom optel, sodat jy nie daardeur oorweldig sal word nie.
- HY LIG DIEGENE OP WAT IN DIE MOEILIKHEID IS
Psalm 27:5
‘Want op die dag van benoudheid verberg Hy my in sy tent; In die skuilplek van sy tent sal Hy my verberg; Hy sal my op ‘n rots optel.’ (waar die wolwe jou nie kan byt nie beeld)
(AMP) For in the day of trouble He will hide me in His shelter;
In the secret place of His tent He will hide me;
He will lift me up on a rock.
- Moeilikheid is ‘n onvermydelike deel van die lewe.
- Jy soek nie moeilikheid nie , moelikheid soek jou – duiwel loop rond soos ’n brullende leeu… en soek moeilikheid
– Dit is nie ‘n kwessie van as nie, maar van wanneer.
- Wanneer ons tye van benoudheid in die gesig staar, is die Here daar om ons te kom op te tel.
- Trouens, Hy wil meer doen as om ons net op te lig.
- Hy sal ons kom beskerm teen die moeilikheid. (Op die dag van benoudheid/moeilikheid sal Hy my verberg/wegsteek).
- Miskien beskerm, verberg en verberg Hy ons totdat die moeilikheid verby is.
- Hy wil vir die wat vanoggend probleme in die gesig staar sê: Kyk na MY, praat met MY, maak my deel en EK sal jou optel en uitkoms gee of wysheid gee of krag gee om enige probleem/moeilikheid te kan hanteer sonder om oorweldig te word.
- HY LIG/TEL DIE WAT NEDERIG IS OP
Psalm 147:6
AMP The Lord lifts up the humble;
- In die storms en wanneer daar hekkies in ons lewe is, is dit uiters belangrik dat ons die regte gesindheid
- Ons moet aanhou om op die Here te vertrou.
- Ons moet aanhou stap met ‘n skoon hart en ‘n nederige gesindheid, en met geduld en uithouvermoë. (deel van die vrug van die Gees wat in ons ontwikkel word)
- Ons kan nie toelaat dat ons bitter, kwaad, of suur en gegrief word nie.
- Dit is belangrik dat ons nederig en afhanklik van God bly, sonder om geloof te verloor.
1 Petrus 5:6
Verneder julle dan onder die magtige hand van God, sodat Hy julle op die regte tyd kan verhoog.
(AMP) Therefore humble yourselves under the mighty hand of God [set aside self-righteous pride], so that He may exalt you [to a place of honor in His service] at the appropriate time,
- Op Sy tyd sal Hy ons kom op
- Ons moet nederig en geduldig wees terwyl Hy besig is om die detail/besonderhede agter die skerms uit te werk.
- HY TEL ONS OP – ONS HOEF DIT NIE SELF TE DOEN
- Terwyl ek hierdie notas voorberei het, het ek iets ontdek wat my persoonlik regtig bemoedig het.
- Wanneer ons af voel (down & out), verwag die Here dat ons onsself moet optel, (pick yourself up from the bootstraps /afr = ruk jou self reg) maar Hy verwag nie dat ons dit op ons eie moet doen nie.
- In die boek Esegiël het God met die profeet Esegiël gespraat:
Esegiël 2:1
1Die stem het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.”
- Dit klink ‘n bietjie hard om te dink dat die Vader sal sê dat ons moet opstaan.
– Maar die volgende vers sê vir ons dat God nie van Esegiël verwag het om dit op sy eie te doen nie.
– God het ‘n plan gehad om hom op te lig en dit vir hom moontlik te maak om te kan staan. HOE?
Esegiël 2:2
2Terwyl Hy met my praat, kom die Gees in my en laat my regop staan. Ek het die stem met my hoor praat.
(AMP) Then He said to me, “Son of man, stand on your feet and I will speak to you.” 2 Then as He spoke to me the Spirit entered me and set me on my feet; and I heard Him speaking to me.
- Dit is so wonderlik om te sien dat God Sy Heilige Gees gestuur het om hom op te lig en op help om op sy voete te staan.
- Ek onthou toe my kinders leer loop het. Hulle sou ‘n paar treë loop en dan Dikwels het ek hulle opgetel en op hul voete laat staan sodat hulle weer kon probeer. Uiteindelik het hulle geleer om te staan en loop en toe was daar geen keer aan hulle nie.
*Die Here wil hê jy moet OPSTAAN, maar Hy gaan jou OPTEL sodat jy dit kan doen.
– Volgens wat ons later in die verhaal van Esegiël sien, het dit nie een keer gebeur nie, maar twee keer!
Esegiël 3:12
Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek…
- Hy sal jou optel en Hy sal aanhou om jou op te tel.
Ek sluit af in my eie woorde: (omdat ek my Hemelsa Pappa se hart ken en verstaan uit dit wat ons vanoggend gelees het)
“Those who look towards God and stretch their arms toward Him… will be lifted up!”
Amen