‘n Bekende teoloog van ons tyd John Piper: – “God is always doing 10,000 things in your life, but you may be aware of three of them.”
Ek wonder oor my en jou – Sien ons God se voorsiening en sorg in ons elke dag lewe raak?
-Of is daar dalk iets wat ek miskyk?
-Waar voorsien God vir my, maar ek is blind daarvoor?
-Hoekom sien ek dit nie raak nie?
Jy sal saam stem: As ek meer van hierdie dinge kan raaksien sal ek meer dankbaar wees. Ons weet waarheen lei dankbaarheid? – Vreugde. “I will enter His gates…..” en “He has made me glad….”
(Dit kom uit Ps 100 & Ps 92)
Wie wil nie meer vreugde in hulle lewe hê nie? (Nee dankie ek het genoeg).
Daars ‘n lang lys van redes hoekom ons God se voorsiening miskyk. Hier is die nr. 1 rede hoekom ons Sy voorsiening miskyk:
God voorsien soms anders as wat ons verwag het
JES 55:8-9(AFR20)
(Klink soos ‘n pa se stem wanneer sy kind by hom kom kla oor wat hy het of nie het nie)
8 “Ja, ……………….my planne is nie julle planne nie, en julle paaie is nie my paaie nie,”is die uitspraak van die Here.
9“ Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my paaie hoër as julle paaie, en my planne as julle planne.
Vir ouers is dit belangrik om ons ons kinders te leer van God. (Dalk die belangrikste ding).
Nie net in teorie nie, maar om ‘n gesonde liefdevolle verhoudig met hulle skepper te hê.
-Toe Anna-Lize swanger is (met ‘n sekere 9 jarige) vra ek haar om saam met my te bid – Here U weet dat ek baie onseker is oor hoe om ‘n pa te wees – sal U my asb help?
-Op ‘n baie jong ouderdom het ons haar begin leer van Vader, Seun en HG.
Ons leer die kinders dat hulle met HG kan praat en dat dit moontlik is om Sy stem te hoor.
(Dis moeilik om vir hierdie vir klein kinders te verduidelik)
-Sy was nog baie jonk toe sê sy eendag iets wat my hart gebreek het:
Ek dink nie dat God regtig bestaan nie. En as Hy bestaan – hou Hy seker nie van my nie? Want Hy praat dan nie met my nie, en wanneer ek vir Hom iets sê antwoord Hy nie terug nie”.
-Op daardie ouderdom het te veel goed vir haar nie sin gemaak nie.
Dit het my laat voel soos ‘n mislukking as Pa.
Ek roep vir “die jong dame” om haar tande te kom borsel.
Sy sê vir my: Pappa moet my nie nou “distract” nie, ek is oppad om my boetie te gaan terug kry. – EK VOEL IN MY HART: BLY NET STILL EN LAAT HULLE DIT SELF UITSORTEER)
Oomblikke later kom sy weer terug by die trappe op en sê: “Ag wat. Ek dink nie dis nodig om hom terug te kry nie”
– Ek: Wat het jou laat besluit om om te draai sussie?
– Sy: “Ag wat, die gedagte het net in my kop gekom – dis nie nodig om hom terug te kry nie”.
-Ek: Sussie daardie gedagte wat in jou kop gekom het was HG wat met jou gepraat het. Dit is hoe Sy stem klink.
Ek wag al so lank vir hierdie oomblik – vir my ‘n geleentheid om haar te leer van HG se stem.
(Ek besef eers later dat God eintlik besig is om haar self te leer).
– God het voorsien was, ek kon die geleentheid baie maklik misgekyk.
– Ek sal julle die hele dag kan besig hou met stories van God se voorsiening uit my eie lewe, en eks seker as ons ‘n mic rondstuur sal almal hier ‘n storie of 2 kan vertel van hoe God al vir hulle voorsien het.
– Belangrik om getuienisse met mekaar deel sodat ons nie sal vergeet nie.
– Maar vir dié onder ons wat nou mismoedig voel en in omstandighede sit wat voel of dit jou versmoor – Eks hier om vir jou te sê: Hy sal voorsien! (Net soos Hy al in die verlede voorsien het). Ek wil saam met jou bid en vra vir HG dat Hy dit weer sal doen.
Fil 4:6 “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak“.
LB Cowman – Streams in the Desert
Pebble Beach, on the California coast, has become quite
famous for the beautiful pebbles found there. The raging white
surf continually roars, thundering and pounding against the
rocks on the shore. These stones are trapped in the arms of
the merciless waves.They are tossed, rolled, rubbed together,
and ground against the sharp edges of the cliffs. Both day and
night, this process of grinding continues relentlessly. And what
is the result?
Tourists from around the world flock there to collect the
beautiful round stones.They display them in cabinets and use
them to decorate their homes.Yet a little farther up the coast,
just around the point of the cliff, is a quiet cove. Protected from
the face of the ocean, sheltered from the storms, and always in
the sun, the sands are covered with an abundance of pebbles
never sought by the travelers.
So why have these stones been left untouched through all
the years? Simply because they have escaped all the turmoil
and the grinding of the waves. The quietness and peace have
left them as they have always been—rough, unpolished, and
devoid of beauty—for polish is the result of difficulties.
Since God knows what niche we are to fill, let us trust Him
to shape us to it. And since He knows what work we are to
do, let us trust Him to grind us so we will be properly prepared.
Vriend doen opknappingswerk(DIY) by sy huis oor die vakansie. (Loodgieterswerk)
Hy sê vir my hy het “uitgefigure” wat sy probleem is – Voordat ek enige projek begin, is ek vas oortuig dat alles wat ek beplan, die eerste keer gaan uitwerk, en dan is ek baie teleurgesteld. Ek moet aanvaar en myself voorberei – meeste van my planne gaan nie die eerste keer werk nie. (Ek kon baie identifiseer met sy teorie)
Sy woorde het by my gebly en vir een of ander rede het sy woorde meer as een keer per dag by my opgekom. Ek bid toe en vra vir God hoekom is meeste goed so gesukkel? (Langer. Duurder).
Vader – “Ja……….ek weet hoe dit voel as jou oorspronklike plan nie uitwerk soos jy wil hê dit moet nie”.
Beste voorbeeld van God se voorsiening:
God het die ewigheid voorsien deur Sy seun te gee.
(Betaal vir ons sonde, Oorwinning oor die dood sodat ons vir ewig kan lewe)
“ON TIME GOD” Lied