Sien video clip van Simba / Mufassa: https://youtu.be/alUyhyECoH0
Ons jaartema is “ ’n Huis van gebed” en in die lig daarvan wil ek met getroude paartjies vandag in Deel 1 van ons huweliksmaand reeks gesels oor die onderwerp van “Saam bid”.
Die Konsep van Huwelik is in die hart van God gebore.
- Satan haat God, hy haat my en jou en hy haat die reinheid van die huwelik.
- Meeste van julle hier is goed bekend met Efe 6 wat vir ons deel dat ons nie net ‘n fisiese vyand in die mens het nie, maar ‘n geestelike vyand wat agter die mens sit.
- Ons het ‘n geestelike vyand wat nie met fisiese wapens aangepak kan word nie.
- As jy ‘n 9mm en pepper spray besit, dit gaan hierdie vyand niks maak nie. Jy kort geestelike wapens.
Satan wil my en jou se huwelike vernietig.
- Sy strategie is ook om verder te gaan en ons en ons kinders se siele bekom.
- As my en Lérie se huwelik nie sou uitwerk nie, gaan nie net ons kinders die vernietigende impak daarvan beleef nie, maar hierdie hele gemeente gaan ook – (ons huwelik is ‘n wapen)
Ek deel ‘n goeie huwelik met Lérie. Ek sê dit nie met trots nie, ek en sy is dankbaar voor die Here vir Sy transformasie in ons lewens wat gelei het tot ‘n goeie huwelik(ons het ook moeilike tye in die begin gehad).
Om saam te bid is een van die dinge wat ons emosionele en geestelike band versterk:
Om saam te bid – Die derde persoon in jou huwelik
Mat 18:20 (Afr53) – “Want waar 2 of 3 in My Naam vergader, daar is Ek in hul midde”.
Hoe minder Jesus in die midde van 2 persone in die huwelik is, hoe meer gaan daardie huwelik sukkel.
- Wanneer ek en Lérie saam bid, deel ons die intieme oomblikke wat gebed ons gee met Abba, met Jesus, met Heilige Gees, ook met mekaar.
- Ek hoor haar vreugde in die Here en sy myne, ek hoor haar bekommernisse en sy myne, ek hoor haar hoop, geloof, liefde en vertroue in die Here en sy myne, ek hoor en sien haar emosies en sy myne, ek hoor wat nou in haar hart aangaan en sy myne, sy seën my en ek haar.
- Soms is ons gebedstyd doodgewoon en soms is dit ‘n diep geestelike en emosionele belewenis want die Here Jesus is in ons midde.
Simba en Nala(wat later in die storie die ma van sy kinders geword het), was redelik in die knyp tussen daardie klomp stink hiënas.
- Simba brul so armsalige brulletjie – en hulle vyande lag vir hulle.
- Maar tot Mufassa in hulle midde is. Toe klink Simba se brul soos Mufassa se brul!
- Dit is wat gebeur ‘n huwelik God deel.
- Wanneer ‘n getroude paartjie in God se naam vergader, saam bid, en Hy in hulle midde is.
Mnr en Mev, wat doen julle waar julle 2 saam is, om die Here Jesus soveel moontlik in julle midde te hê?
- Daar is ‘n paar dinge wat julle saam kan doen as paartjie/gesin. Vanoggend vra ek: Bid julle saam?
Friedel en Lérie se gesprek
Vrae om te bespreek:
- Wat beteken dit vir jou om saam met my te bid?
- Dit was nie vir ons maklik van die begin af nie. Ons het bietjie gesukkel…
- Ons albei kan lank bid. Hoe moes ons aanpas om saam met mekaar te bid?
- Geleer om mekaar kans te gee en eerder meer kere te bid.
- My woorde is nie so hoog soos joune nie – Lérie verduidelik.
- Ons albei kan lank bid. Hoe moes ons aanpas om saam met mekaar te bid?
- Waarvoor moet ek versigtig wees en eerder van wegbly?
- Manipulasie – iets wat ek graag wil hê maak ek onder gebed bekend.
- Berading te doen onder gebed – om jou eggenote te verander & skuldig te laat voel.
- Hoe bevorder gebed die geestelike intimiteit van ons huwelik?
- As jy na vanoggend se Simba video kyk, hoe is sit ‘n uitbeelding van dit wat gebeur wanneer ons saam bid?
Wat is volgende?
- As julle reeds saam bid, hou aan.
- As julle nie saam bid nie:
- Hê ‘n gesprek oor die onderwerp en maak saam ‘n besluit daaroor.
- Kies die tyd in die dag wat julle albei die beste gaan pas.
- Besluit vooraf hoe lank elke bid sessie gaan wees.
- Dit hoef nie elke dag te wees nie, maar poog om ten minste een keer per week saam te bid.
- Bid korter, maar meer kere elk en gee mekaar tussen in kans.
- Moenie mekaar berading gee onder gebed nie.
- Aanbid die Here saam. Gebruik skrifte, Psalms indien julle sukkel met jul eie woorde.
- Bid saam oor julle dankbaarheid, uitdagings en seën mekaar.
- Eenvoudige woorde, opregte hart. Dit is wat saak maak.
Wat dreineer en wat maak vol?
Die huwelik is soos ‘n silinder. Daar is sekere dinge wat net vat en tap / dreineer.
En daar is sekere dinge wat volmaak.
As die dreinerende elemente meer is as dit wat volmaak, is dit ‘n probleem. Die huwelik loop droog.
Waarna ons opsoek is, is om gefokus te bly op dit wat volmaak, om sodoende te voorsien vir dit wat dreineer.
Saam bid is een van die dinge wat ek en Lérie deel wat die houer van ons huwelik volmaak.
- Dis nie die enigste ding nie. Saam bid alleen gaan nie jou huwelik red nie.
‘n Gelukkige huwelik is ‘n huwelik wat op soveel moontlik van die multi-dimensionele areas aandag gee (daagliks / weekliks / maandeliks en jaarliks).
**Die doel is om saam geestelike intimiteit te beleef, julle 2 saam met Heilige Gees.
Dit word een van die dinge wat jou huwelik ‘n gesonde huwelik gaan maak. Een wat toetse kan deurstaan.