Preek/ Boodskap oor: Huwelik op die Rots

Psalm 127 se: As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.

Ons huwelik is baie soos n huis wat jy oppas:

  • ’n mens moet gereeld aan julle huis werskaf en opknap sodat dit nie vervalle raak nie …
  • julle moet dit voortdurend beskerm teen diewe en boewe, anders word dit sommer vinnig geplunder en kaalgestroop.

Al hierdie dinge kan en moet julle in julle huwelik doen, maar as julle probeer om dit op eie menslike krag en kennis te doen, sal julle diep teleurgesteld en ontnugter word …

Dit is nie net nodig vir opknap en beskerm nie maar kom ons gee eers ’n tree terug.

2 Vrae:

*Waarop is jou huwelik gebou?

*Hoe lyk jou huwelik se fondasie?

Lukas 6:47-49 AFR83

Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos ‘n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou. Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sê nie, is hy soos ‘n man wat sy huis bo-op die grond gebou het sonder ‘n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.

As ons werklik ons huwelik op Sy riglyne bou (Sy bouplanne volg), dan maak ons Hom die fondament van ons huwelikshuisie.

Die waarborg van só ’n huwelik lê net in die verbintenis met God die Vader as mede-bouer en met Jesus Christus as die fondament en Heilige Gees wat ons help van dag tot dag en oomblik tot oomblik.

Hier is ’n paar Pilare van ’n gesonde huwelik: (*nie ’n volledige lys nie)

  • Liefde
  • Vertroue
  • Respek
  • Begrip
  • Kommunikasie
  • Konflik
  • Intimiteit
  • Vergifnis
  • Geloof

Ek gaan net een pilaar aanraak vandag: Liefde

  1. PILAAR 1: HÊ MEKAAR LIEF

*Hoe ervaar jy liefde?

Gary Chapman praat van 5 Liefdes Tale =

  • physical touch
  • acts of service
  • quality time
  • gift
  • words of affirmation.

*Weet jy in watter taal jou maat… liefde ervaar of verstaan?

*Of bewys jy liefde in jou taal wat sy/hy nie noodwendig as liefde ervaar nie? Dan mors jy jou tyd!

Ek lees ’n interesante iets raak in Efésiërs 5:25 (God gee ons ’n opdrag?)

Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig,

Wat is LIEFDE?

*Ek vermoed ons verstaan liefde dalk soms verkeerd.

  1. LIEFDE

1 Korintiërs 13 definieer liefde vir ons.

Liefde is geduldig liefde is vriendelik. Dit is nie afgunstig nie, dit roem nie, dit is nie trots nie. Dit is nie onbeskof nie, dit is nie selfsoekend nie, dit is nie maklik kwaad nie, dit hou geen rekord van onreg nie. Liefde verlustig hom nie in die kwaad nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit beskerm altyd, vertrou altyd, hoop altyd, volhard altyd.

In die beskrywing van liefde verduidelik Paulus in Efesiërs 5: 25 dat liefde gaan oor gee, nie voel nie.

In sy boek Mere Christianity skryf C.S. Lewis:

Being in love is a good thing, but it is not the best thing. There are many things below it, but there are also things above it. You cannot make it the basis of a whole life. It is a noble feeling, but it is still a feeling. Now no feeling can be relied on to last in its full intensity, or even to last at all. Knowledge can last, principles can last, habits can last but feelings come and go. And in fact, whatever people say, the state called being in loveusually does not last. If the old fairy-tale ending They lived happily ever afteris taken to mean They felt for the next fifty years exactly as they felt the day before they were married,then it says what probably never was nor ever would be true, and would be highly undesirable if it were. Who could bear to live in that excitement for even five years? What would become of your work, your appetite, your sleep, your friendships? But, of course, ceasing to be in loveneed not mean ceasing to love. Love in this second sense — love as distinct from being in love’ — is not merely a feeling.

It is a deep unity, maintained by the will and deliberately strengthened by habit; reinforced by (in Christian marriages) the grace which both partners ask, and receive, from God.

They can have this love for each other even at those moments when they do not like each other; as you love yourself even when you do not like yourself. They can retain this love even when each would easily, if they allowed themselves, be in lovewith someone else.

Being in lovefirst moved them to promise fidelity: this quieter love enables them to keep the promise.

It is on this love that the engine of marriage is run: being in love was the explosion that started it.”

 ― C. S. Lewis

Die meeste mense, as hulle gevra word: “Is jy lief vir jou huweliksmaat?” sal die vraag hoor en antwoord vanuit die perspektief van ‘verlief’.

Met ander woorde, hulle antwoord of hulle op die oomblik ,liefde voel of nie.

Liefde in die ware betekenis en konteks van die huwelik is egter meer ‘n kwessie van ‘n mens se optrede.

Liefde is nie net ‘n gevoel nie, maar ook ‘n wilsdaad.

As die antwoord ‘ja, ek is lief vir my man/vrou’ is,

moet jou optrede daarvan getuie wees.

Hoekom fokus op die huwelik? (Spieël van God se reddings werk vir ons Sy bruid)

…ook omdat

  • Die gesin is die boublok van enige gemeenskap… en die huwelik tussen ’n man en ’n vrou is die begin van daardie gesin.
  • Stabiele huwelike bou gelukkige gesinne.
  • Stabiele gesinne versterk omgewings, gemeenskappe en nasies.

Hoe dikwels is daar frustrasie of ’n misverstand wat aanleiding gee tot ‘n argument in jou huwelik?

  1. KOMMUNIKEER IN LIEFDE

Spreuke 15:1

*Soms is die beste strategie tydens ’n argument om te onthou: “’n Sagte antwoord keer die grimmigheid af

Eph 4:15 AMP

15 But speaking the truth in love [in all things—both our speech and our lives expressing His truth], let us grow up in all things into Him [following His example] who is the Head—Christ.

n Christen wat volwasse in Christus is, sal bedag wees op die uitwerking wat sy woorde op die luisteraar sal hê. (Dink voor jy praat)

Ons moet leer om effektief en in liefde met mekaar te praat.

Dit beteken om effektief te luister, nie net effektief te praat nie.

Ons behoort te luister om te verstaan en nie om te verdedig nie.

  • Probeer om die ander persoon se standpunt in te sien.
  • Probeer om die ander persoon se gevoelens en behoeftes te verstaan!
  • Toon respek deur jou volle aandag te skenk.

***Of sit jy dadelik die verdedigings mure op en haal die ammunisie uit om terug te skiet.

Nog ’n gedeelte beklemtoon ook daardie punt: Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is (Kolossense 3:12-14).

Luister jy met *Ontferming = Medelye betoon en versorg of hulp verleen.

Luister jy met *Goedertierenheid = barmhartigheid, genade, goedgesindheid, goedheid, meegevoel, welwillendheid.

Wanneer jy met jou eggenoot praat, kom dit uit ’n plek van besorgdheid en omgee en genade?

Wees versigtig in jou gesprekke (argumente/verskille) om die waarheid in liefde te praat!

Ek sluit af met ’n wenk:

Ons het gesels oor of ons REG praat met ons maat.

maar

Praat ons ooit REGTIG met mekaar?

Ek bedoel bo en behalwe vir die bo-langse gespreke oor die kinders en wat in en om die huis moet gebeur?

En ons lewe maklik verby mekaar.

Dis belangrik om tyd te maak vir gesels en jou hart met mekaar (wat in jou lewe aangaan) te deel.

Gesonde beginsel:

Dit is die vier minute kontak reël. In hulle boek, Contact: The First Four Minutes, verduidelik dr. Leonard Zunin en sy vrou Natalie Zunin:

Die sukses of mislukking van n huwelik … kan afhang van wat tussen n man en vrou gebeur in net agt minute van die dag: Vier minute in die oggend wanneer jy wakker word en vier minute wanneer jy by mekaar uit kom na die dag se werk” (bl. 133).

*Jou woorde met die regte gesindheid aan die begin en die einde van die dag, kan die hele dag,

en uiteindelik jou verhouding positief of negatief beïnvloed.

Doen spesiale moeite om met jou man of vrou te “Connect” en te kommunikeer vanuit ’n plek van ware liefde.

SLOT: In Opsomming:

  • Bou jou huwelik op die regte FONDASIE – die enigste vaste ROTS
  • Kom ons praat REG en REGTIG met mekaar en bou ons huweliks huis in en met die LIEFDE

Amen