Preek/ Boodskap oor: Huis van Gebed (Deel 1)

Gebed is vennootskap met God

Deur gebed is ek en jy ‘n mede-arbeider saam met Heilige Gees om Abba se wil te vestig hier op aarde.

Ek en jy is geskape om in vennootskap met die Here te wees rakende die werk van Sy Koninkryk hier op aarde.

  • Kan God alles alleen doen? Hy kan.
  • Maar Hy kies om my en jou te gebruik.

Mat 9:37-38 (Afr83) – Hy sê toe vir Sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir die oes.”

  • Is ons vennote met God in die oes? à ek kyk diep en ernstig na die vraag.

Huis van Gebed

Jes 56:7 (Afr53) – hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.

  • Ons sien dat die Here Jesus herhaal die woorde in Mar 11:17

Die huis wat hierna verwys word is die Tempel in Jerusalem.

  • In die dae toe ‘n gebou nog die huis van God genoem is.
    • Hierdie is egter wel ‘n huis van aanbidding en hierdie jaar ‘n huis van gebed.
    • In hierdie huis gaan ons bid, die Naam van die Here aanroep en vertrou vir wonderwerke.
  • Handelinge 7:48 en 17:24, 1 Kor 6:19  vertel vir ons dat die Here nie meer woon in tempels gemaak deur mense hande nie.
  • Ek en jy is daardie tempel.
    • Ek en Heilige Gees het gemeenskap en vennootskap
    • Is jou tempel ‘n huis van gebed?

Bid jy?

Hier is hopenlik niemand hier wat nie bid nie. Almal bid.

  • Ek is nie vanoggend hier om jou te probeer oortuig dat gebed ‘n goeie ding is nie. Almal weet dit.
  • Of jy vertroue het in die krag van jou gebed is seker ‘n ander saak.
  • Hoeveel lugtyd jy gebed gee… Dis wel op die tafel hierdie jaar.
  • Draai jy eerste na mense voor jy na God draai in jou krisis?
  • Is jy in vennootskap met God rakende SY missie in hierdie Wêreld?

SURVEY antwoorde: Kom ons kyk gou wat julle geantwoord het.

Ek wil vanoggend ‘n “bold” stelling maak

LCF is ‘n gemeente met gelowiges wat bid.

Maar LCF is nie ‘n biddende gemeente nie.

Friedel, verduidelik…

  • Wanneer dit kom by ons eie lewe, ons eie behoeftes, ons eie probleme, ons eie verhouding met die Here, daar bid ons.
  • Wanneer dit gaan oor LCF wat verder kyk as die self / ek en kyk na die wêreld en dit waarmee die Here besig is in die wêreld, is LCF nie ‘n biddende gemeente nie.

Bid uur by LCF

In die laaste 2 jaar onder my leierskap het ons dalk 6-8 gebedsaande saamgeroep om vir ‘n uur te bid oor ‘n probleem wat nie direk dalk my probleem is nie, maar my indirek raak.

  • Dan daag maksimum 10 mense op (waarvan 5 agter die organisering van die aand sit).
  • Roep ons ‘n dankie sê aand saam, kry ons 170 mense hier want ons gaan saam eet en kuier.
  • Roep ons ‘n 6 ure lange braai by Kainos saam daag 200-300 mense op.
  • Ons is baie bly daaroor. Ons het altyd tyd om te kuier. Ons het nie tyd om te bid nie.

As gemeente is ons antwoorde reg op die survey, maar ons aksies spreek nie daarvan nie.

Ek is net een mens. Watter verskil kan ek maak?

Jak 5:17 (Afr18) – Elia was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid…

  • Ken jy hierdie Bybelse gebeurtenis.
  • Jakobus kom skryf oor gebed en herinner ons: Elia was ‘n mens soos ek en jy… en hy het gebid…
  • Hoeveel Elia’s sit hier onder ons wie se stem stilgemaak word.

Ek dink ons bid:

  • Dalk meestal vir ons self / eie lewe / eie gesin
  • Hier en daar vir ander mense
  • Heeltemal te min vir die groter prentjie van God se koninkryk en werking in ons gemeenskap en wêreld.

Vriende, in hierdie jaar gaan ons “bold visie” voor julle hou. Dinge groter as ek en jy.

  • Ons het julle inkoop nodig.
  • Vader het my en jou se stem en gebed nodig.
  • Elia, is jy bereid om jouself te gee, jou tyd te gee, jou gebed te bring?

Satan wil ons stilmaak

‘n Gelowige, gevul met die Heilige Gees, is die grootste dreigement vir die koninkryk van duisternis.

  • Die Here Jesus het gesterf en opgestaan en daardeur vir my en jou alles gegee om ‘n impakvolle lewe te lei.
  • Satan wil jou stilmaak.

Gebed:

  • Here ek vra U altyd om my missie te seën in 2023.
  • Ek is hier om vanoggend te sê ek wil deel wees van U missie in 2023.
    • Ek sal my huis van gebed bring.
  • (vat die Here Jesus se hand met jou regterhand, veen my (LCF) se hand met jou linkerhand.
  • Ons staan SAAM U Here, hand aan hand…