Preek/ Boodskap oor: Hoe Moet Ek Leef?

Inleiding:

Ongewone vraag van die preekstoel af.

Voel jy ooit dat Christenskap nie werk nie?

Jy voel dalk vanoggend… Christenskap werk nie!

Hierdie manier van doen en lewe werk nie.

Ek dink ann die…

  • Seun het in die kerk grootgeword. God, hoekom het nie sy gebed verhoor nie?
  • Paartjie wat Jesus liefhet. Waar is God?

Werk Christenskap regtig?

Hoe werk Christenskap dan?

Daar moet ‘n beter manier wees. (Ons voel seer en teleurgesteld en ontsteld) (Johannes 14)

1Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.5Tomas sê toe vir Hom: Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?6Jesus het vir hom gesê: Ek is die WEG en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. Johannes 14:1-6 (Afr 83)

Weg = pad = deur = manier!

Jesus: Julle weet mos hoe om daar te kom?

Dissipels: Nee, ons weet nie.

Punt 1 – “Die manier” maak saak

Wie sal saamstem? ”Die manier” maak saak.

Die manier van praat en doen en lewe maak saak.

Vers 6 sê: Jesus is die? Weg en die waarheid en die lewe

Ons fokus baie op die Waarheid en Lewe!

Waarheid…

Lewe…

Bybel vasvra—Wat was die 1ste Christene genoem?

Hierdie Geesvervulde—Jesus liefdevolle—Demone verpletterende

Selfopofferende—Wêreldveranderers—was Genoem… “Mense van die WegChristians Are Called Followers Of The Way

Die Weg word verskeie kere in die boek Handelinge (Hand. 9:2; 19:9, 23; 22:4; 24:14, 22) genoem in verband met vroeë volgelinge van Christus.

Tydens sy verhoor voor Felix het Paulus gesê: “Ek erken dat ek die God van ons voorvaders aanbid as ’n volgeling van die Weg” (Hand. 24:14).

Hierdie “mense van die weg” se doel was nie net die “waarheid en lewe” te deel nie.

(Om aan te sluit by Friedel in sy boodskap laas week)Die doel was om te leef en lief te hê soos Jesus geleef en liefgehad het.

Dink aan die manier waarop Jesus geleef het.

Hoe vergelyk dit met hoe die meeste lewe?

Dalk die meeste van ons lewe? (ons wie sê ons is “the people of the Way”)

  • Jesus is vol vreugde—Die meeste van ons is vol stres!
  • Jesus was nie bekommerd nie—Sommige sê ons die mees angstige/“gestresde” geslag in die geskiedenis.
  • Jesus het vir mense gestop—In ons haastige en gejaagde lewe sê ons maklik… “Aint nobody got time for that”.
  • Jesus maak tyd en spandeer gereeld tyd met sy P —Ons kan nie vir 3 minute bid sonder dat ons aandag afgelei word deur ’n whatsapp of ’n gedagte van wat deur die dag vir ons voorlê (waaroor ons, ons 10 teen 1 ons oor gaan bekommer) nie.

Stel jou dit voor, as Jesus op ons manier gelewe het—Dis byna onmoontlik!

Jesus…

  • As ek maar net Vans of Convers of Solomons gehad het i.p.v. hierdie ooptoon-sandale.
  • Of hy scroll deur Instagram—Hoekom het JDD (Johannes die doper) meer volgelinge as ek? Miskien moet ek my Profile pic of my status verander? ’n paar friend requests stuur op FB?
  • Man Petrus, dit was nou ’n lang week. Ons het nou vir 5000 mense kos gegee en hard gewerk. Ek is nou lus vir ‘n koue bier of 2,3,4.

Dit was nie Jesus se manier/way nie!

Punt 2Wêreld se weg/manier – My way van Frank Sinatra… werk nie

Grappie van seun met lang hare wat pa se kar wil leen:

Toe Jesus iewers heen gegaan het—Hy het geloop!  …nie gehardloop nie.

Jesus was nie haastig nie. Het sy tyd geneem.

Voel jy bietjie oorweldig—Altyd gejaag?

Kom ons kyk vanogggend in die spieel:

Op watse manier lewe jy die lewe?

Is jou skedule en die pas waarteen jy lewe… besig om jou in te haal?

Steek daardie onsekerhede en bekommernisse en onopgeloste seer en diepste vrese skielik kop uit?

Maar ons sê: Dit is hoe ons dit doen! Dit is hoe die wêreld werk.

Dis die pad (weg-manier) na sukses!

Die manier om te wen!

Manier en om voor te kom!

Die manier om gelukkig te wees!

Ons gryp na allerande verkeerde dinge as jy moeg of teleurgestel word of seer kry.

Is hierdie manier/way hoe die wêreld dinge doen reg?

12Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. Spr 14:12 (Afr 53)

Punt 3 – Jesus sê: Vat my juk – (hier is vir jou ’n Tool/manier/weg)

Neem my juk…

Juk hout dwarsstuk vasgemaak oor nek van 2 diere & vas aan ‘n ploeg of ‘n kar.

Het jy ’n juk? Almal het.

Aan wie of wat is jy gebind?

Wat sê Jesus nog van jukke?

6Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie:

om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry,

om die juk wat op mense druk, af te haal,

om verdruktes vry te maak,

om elke juk te breek? Jesaja 58:6 (Afr 83)

1Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie. Gal 5:1 (Afr 83)

28Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.Matt 11:28-30

*Jesus kom nie net om ons los te maak van jukke nie maar om saam met ons te “crouch, touch ,engage… te bind en te skrum.

Dit klink soos ’n straf! maar dit is nie!

Maar hoekom sal ons nie net jukke heeltemal vermy en ons eie ding doen nie? Ironies genoeg is daar ‘n troos daarin om aan iets of iemand “gejuk” te word, wanneer daardie persoon Jesus is.

Ons moet die manier om te lewe by iemand leer, en om heeltemal op ons eie te wees en self te probeer…  werk nie!

Jesus nooi ons uit om ‘van Hom te leer’, wat ‘n ander manier is om te sê ‘wees my dissipel.’

Jesus verklaar ook dat Sy juk sag is. Die woord ‘maklik’ word nie hier impliseer nie, maar eerder ‘goed’.

As ek aan Jesus gebind is, is daar vrede daarin om aan iemand… goed, liefdevol en geduldig gebind te wees.

Ander gestel:

“Klim saam met my in die juk. Laat ek jou wys en leer. Ek sal die gewig van jou las dra. My juk is goed en julle sal rus en kameraadskap vind in ons saam skrum.”

Aan wie is jy gebind/gejuk?

“Crouch, Bind, Set”-tegniek lei tot veiliger rugbyskrums en uiteindelik as jou vaste spel “werk”, dan wen jy!  Dan oorwin jy!

Verskonings…

Ons kan maklik sê:

  • Maar Jesus was nie ‘n enkelma wat 2 werke gehad het nie
  • Het nie studielenings om af te betaal of huis skuld gehad nie!
  • Hy werk nie vir my baas nie…

…die verskonings kan aangaan.

Jesus sê:

Ek het ’n redelik groot opdrag gehad

  • Wees perfek
  • Maak mense gesond en wek hulle uit die dood op
  • Leer klomp vissers van die Koninkryk (al leer hulle stadig en snap nie alles nie)
  • Betaal met my lewe vir die sondes van almal in die wêreld
  • Kry die sleutels van die dodereik
  • Vaar op na die hemel toe
  • Stuur die Heilige Gees
  • Gaan berei plek voor vir jou en my etc.

Jesus nooi ons uit, en wys vir ons ‘n beter manier ( die weg)

Die sleutel is om aan Hom gebind te wees (slotte in die skrum)

Neem my juk op julle en leer van My

Ons kan nie net die waarheid glo nie – maar moet ook op Sy manier/way leef, om in oorwinning te leef en verhouding en intimiteit met die Vader te hê.

Die Jesus manier/way:

  • Jesus vlug van die besige skare
  • Jesus spandeer lang en kwaliteit tyd met Sy Vader
  • Jesus eet lang maaltye met Sy vriende
  • Jesus stop en luister na gebroke mense
  • Hy wil ons wys en leer uit verhouding met Hom en Sy Woord/Waarheid vol Liefde.

Waarskuwing:

16So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: Ons sal nie daardie pad loop nie.17Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: Ons sal nie luister nie.18Daarom moet julle luister, nasies, en kyk wat met hulle gaan gebeur. 19Luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk, hulle sal die vrugte pluk van hulle planne, want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie, hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het. Jeremia 6:16

Gevolgtrekking:

So leef die meeste van ons dag na dag —gehaas, gestres, oorweldig.

Antwoord:

  • Leer by Jesus oor die WEG (nie net na die Vader nie – Jesus is die enigste weg na die Vader – maar hoe om nou, hier in oorwinning te leef.
  • Vind God se ritmes van rus en HOE OM TE LEEF.

Jy kan vanoggend hier sit en gered wees… en steeds eet van die vrug van die verkeerde manier.

Miskien voel jy vanoggend vêr van God af

Miskien voel jy vanoggend geestelik droog of dof.

Miskien voel jy vanoggend Berou oor die verlede

Miskien voel jy vanoggend Bekommerd oor die toekoms.

Vraag aan jou is… Is jy moeg genoeg?

Moeg vir die gejaag.

Moeg vir die stres.

Moeg om ellendig te wees.

Moeg om bang te wees.

Moeg om kwaad te wees.

Moeg om angstig te wees.

Moeg vir te veel probleme oplos.

Moeg vir te veel gewig dra.

Moeg vir te veel pyn om te verduur.

As die bg. jou genoeg frustreer… is daar goeie nuus.

Daar is ‘n beter manier—nie net Waarheid van Jesus nie—die Weg van Jesus.

Die beter manier is…

Kom na Jesus toe—Luister as Hy jou leer, en Hy sal jou RUS gee!

Beste nuus is: Ons hoef dit nie te verdien nie. Dis sy geskenk van Jesus vir jou.

Ek vra weer? Hoe moet ek leef?

  • Staan by die kruispaaie en kyk
  • Vra watter pad die beste is
  • en loop dit, dan sal julle rus vind

Haak by Hom in en vind rus vir jou siel!

Slot gedagte:

Staan by die kruispaaie en kyk,

Punt 1 – Die manier maak saak

Punt 2 – Wêreld se “weg” werk nie

Punt 3 – Jesus sê: Vat my juk/ my manier/ my weg)

Jesus nooi ons uit na ‘n beter manier—om saam met Hom te wees. Ons word geroep om nie net Sy waarheid te glo nie, maar ook om Sy manier te leef. Ons moet soos Jesus lewe.

Jesus se manier is beter as my manier – Christenskap WERK!

  • Hy wil ons wys en leer… in verhouding met Hom… in Sy Woord en Waarheid… gevul met Sy Liefde.

Amen.