Isa 9:6 (NKJV) – For unto us a Child is born, Unto us a Son is given; And the government will be upon His shoulder. And His Name will be called Wonderful Counselor, Mighty God, Everlasting Father, Prince of Peace. (meer oor hierdie skrif ‘n bietjie later)
Vriende, die wêreld word geskud.
- Hag 2:6 (NLV) – Binnekort gaan Ek die hemel en die aarde weer skud. Ek gaan die oseane en die droë grond skud.
- Die wêreld beleef ‘n skudding.
- Die fisiese dinge van die aarde word geskud. En daar is ‘n skudding in die geestelike atmosfeer.
- Kyk net wat aangaan in die wêreld – verstaan die tye.
In Lukas 21 word ‘n klomp dinge genoem wat ons kan terugtrek na die term “’n skudding in die aarde” en die Here Jesus sê vir ons in vers 21: As julle die dinge sien gebeur, weet dat die Koninkryk van God naby is.”
Wat gebeur in jou hart en in jou gedagtes as jy die skuddings op die aarde sien?
- ‘n Bekommernis? ‘n Opgewondenheid? Word jy kwaad? Is jy teleurgesteld?
Sommige sal vir my sê: Friedel, ek het nie ‘n probleem met die skuddings van die wêreld nie. Ek het ‘n probleem met die skuddings van my eie lewe.
- Dit raak al hoe moeiliker hoe nader dinge aan die huis kom, nê?
- Ons is nog OK as die skuddings daar ver is, dit moet net nie naby aan die huis kom nie.
Ek wonder hieroor: Die Here waarsku ons vooraf, in Sy groot liefde en ontferming, dat dinge gaan gebeur en dan wanneer dinge gebeur is dit vir ons ‘n verrassing.
Paulus skryf aan Timotheüs:
2 Tim 3:1 (Afr53) – Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
Die Woorde van ons Hemelse Vader in die Bybel waarsku ons vooraf sodat ons die tye kan verstaan, die tekens kan raaksien en vas kan staan – in Hom geanker bly.
MAAR wat soms gebeur is die teenoorgestelde. Ons is verras, ons is omgekrap, ons wankel.
In plaas daarvan dat ons in leun nader aan Hom, trek Sy kinders terug, vol twyfel.
Wanneer dit nodig raak om jouself te herinner wie Hy is:
Strategic Church – Bl 167 & 168 (lees hierdie paragraaf)
- “There are times when I feel discouraged or tired or I get upset when God doesn’t do things on my timetable. When that happens, I lock myself in my library, grab a couple of theology books and start reading about who God is.”
- … wanneer die hart nie so lekker voel oor skuddings en tydlyne van God in jou eie lewe nie.
Terug by: Jes 9:6? (Wie is Hy in die skrif) – lees weer à Die boodskap oor Sy grootheid
Hierdie Seun, aan ons gegee, het die heerskappy op Sy skouers!! (niemand anders nie, nie ek en jy nie)
- Wonderbare Raadsman
- Is Hy Wonderbaar? JA (Afr53) (buitengewoon goed en mooi)
- Is Hy ‘n Raadsman (Counselor)? JA (opgelei om te luister en advies te gee)
- Nog meer: Wonderbare Raadsman (Wonderful Counselor)
- Dit is Sy Naam à In 2023 het ek hierdie Raadsman se advies nodig.
- Wie is jou raadgewer? Waar gaan soek jy advies?
- Ek moet my gesin lei, ons besigheid lei, LCF lei.
- Hoe gaan ek enigsins sukses in seën in hierdie areas kry?
- Rakende gebed: Friedel, bid as jy wil?
- Ek is in die diep kant ingegooi. En dan lees ek: Sy naam word genoem: Wonderbare Raadsman.
- Is jy in die diep kant ingegooi? Is jy in waters waar jy nie kan staan nie.
- Sy Naam is: Wonderbare Raadsman à Moenie almal se raad soek en nie syne nie, huis van gebed.
- Sterke God
- Hy is God, Hy is sterke God; Niks is vir Hom onmoontlik nie; Alles in hierdie wêreld het hul bestaan, omdat Hy Sterke God is. Hy sien alles, Hy weet alles, Hy hoor alles. Hy is in ‘n kategorie van Sy eie. Sy weë BAIE hoër en anders as ons weë, Toe Hy sê: Laat daar lig wees, toe ontstaan die Son, maan en sterre uit niks uit nie, Hy bou ‘n modderman uit grond en water en toe Hy in sy neus blaas, toe word grond en water ‘n lewende siel.
- Lees die regte leesstof, wees besig met die dinge wat vir jou bemoedig: Hy is Sterke God
- Wanneer dinge geskud word of nie gebeur volgens ons tydlyne nie, wil Satan kom fluister: Hy is NIE. Hoekom bid jy nog? à Bly stil satan, Hy is sterke God!!!
- Waar moet jy jouself gaan toesluit en begin lees oor wie Hy is?
- Ewige Vader
- Dalk het jy nog nooit ‘n vader gehad nie? Dalk het jy nie ‘n goeie vader gehad nie.
- Die Here Jesus se offer versoen ons met ‘n Vader in die Hemel.
- Ons God is nie ‘n seisoenale Vader nie (NIE vir ‘n dag, week of jaar nie – vir EWIG).
- Die stabiliteit wat ‘n vader bring: In sy liefde, voorsiening, beskerming, leiding, teenwoordigheid. (Ruan – krieket)
- As ‘n Pa daar is, is daar gesag en outoriteit.
- Hierdie PA is al hierdie dinge tot die mag oneindig meer as al die goeie pa’s in die gebou.
- Jy het ‘n Ewige Vader en ek is vanoggend hier om jou te herinner sodat jy nie terug leun met jou gebede wanneer dinge geskud word nie, maar vorentoe leun.
- Vredevors
- Engels: Prince of Peace
- By wie oorheers die storm in hulle binneste? Wie het vrede nodig in hulle binneste?
- Sy Naam is: Vredevors
- Fil 4:6-7 (Afr83) – Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan sal oor julle harte en julle gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
- Waar heers die storm / besorgdheid?
- Antwoord: Gebed, smeking, danksegging
- Rakende gebed: Friedel, bid as jy wil?
- Nee, hoe nodig het ek nie om daagliks met die Vredevors te wandel nie?
Hierdie 4 eienskappe van Hom is maar 4 van BAIE ander in die woord.
Wat doen jy om herinner te word aan hierdie skatte / waarhede?
As die moeilike tye waarteen ons gewaarsku word, gebeur… leun jy nader of trek jy terug?
- Is jou geloof vanoggend opgebou? Al wat ons gedoen het was om te kyk en te spreek WIE HY IS.
“There are times when I feel discouraged or tired or I get upset when God doesn’t do things on my timetable. When that happens, I lock myself in my library, grab a couple of theology books and start reading about who God is.”
- Ook iets vir jou, Huis van Gebed!
- Bid, bid, bid. Die EEN met wie jy praat, is in ‘n kategorie van Sy eie.