Preek/ boodskap oor: Geseënde Kersfees

Kersfees is ‘n fees wat ons as Christene vier om die geboorte van Jesus te herdenk

Iets soos Jesus se verjaarsdag.

Ek weet baie mense hou nie van kersfees nie want ons sien nie iets van die in die Bybel nie, en die datums lyn nie altyd op nie.

Maar vanoggend wil ek nie oor kersfees gesels nie

Ek wil oor Seen gesels. EN SPESIFIEK DIE SEEN WAT RUS OP PELGRIMS.

En al wat ek vanoggend wil noem oor kersfees is dat ons in Afrikaans dit so mooi stel as GESEENDE kersfees.

Ook wil ek vanoggend bietjie verwys na pelgrims wat opgetrek het na die Bybelse feeste (pelgrims feeste) en die verband met SEEN uitwys

THANKSGIVING – Pilgrims thankfull for the harvest dated back to 1621

PSALM 134 1983

1’n Pelgrimslied.

Kom, prys die Here,

julle almal wat Hom dien,

julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!

2Hef julle hande in gebed op na die heiligdom

en prys die Here!

3Mag die Here jou SEEN uit Sion,

Hy wat hemel en aarde gemaak het.

 

Kom ons open eers ‘n ander gesprek

Hoe ek hierdie Psalm altyd verstaan het?

Let op egter dat dit begin anders as ander Psalms

-PELGRIMS LIED

-=

Agtergrond tot die Psalm

15 Psalms gaan oor Pelgrims feeste

Ps 134 gaan oor wanner die Pelgrims terugkeer vanaf Jerusalem in die vroee donker ure

Die Psalm is dan ‘n oproep aan die Priesters wat diens doen in die Tempel (24 uur per dag)

Vers 1&2 gaan oor Seen aan God

Vers 3 gaan oor Seen aan pelgrims

PSALM 134 NKJV

A Song of Ascents.

1 Behold, BLESS the Lord,

All you servants of the Lord,

Who by night stand in the house of the Lord!

2 Lift up your hands in the sanctuary,

And BLESS the Lord.

3 The Lord who made heaven and earth

BLESS you from Zion!

Hoe verstaan ons dit as ons dit in ander vertalings lees?

Ascent – Pilgrimage upwards – Going up to zion Is 2:3

Hier is nou nie onderskeid tussen Lof en seen nie, Net seen

Dit is interessant – Seen Die Here, Seen die pelgrim

Hoe is ons pelgrims?

Nota: is ons soos die Moslems wat Mekka toe gaan?

Nee, ons kom uit ‘n baie langer geskiedenis van Pelgrimstogte

1.Abraham was die eerste pelgrim – op reis saam met God en bring tiende aan Melchisedek in Salem en offer ‘n ram op berg Moria (Jerusalem)

2.Jode was beveel om jaarliks as pelgrims op te gaan na Jerusalem vir die feeste.  Hulle doen dit steeds vandag

3.Christene wat vervolg was het pelgrims geword en oral oor die aarde gaan vestig

HOE IS ONS PELGRIMS

1.Ons geloofswandel deur die lewe is ‘n pelgrims tog

2.Ons kan tye uitkoop vir gebeds reise / retreats bv Week van gebed by His House of Dissipelskap retreat of net stiltedtyd

3.Ons kan reise onderneem waar of stappe onderneem soos ons gereeld mense sien in George

4.Ons kan spesiale plekke soos Jerusalem en Galilea besoek waar ons saam in Jesus se voetstappe loop

Ons het 1-11 Nov so reis onderneem met 41 pelgrims

Ons ervaring oor mense wat op hierdie pelgrims togte gaan

-Die Here nooi mense na Sy land

-Die Here voorsien altyd (KBS Studente)

-Die Seen wat mense ontvang is onbeskryflik

SEEN IN DIE BYBEL

Seen is meesal gekoppel aan beweging, vooruitgang, lewe, pelgrims reise deur die lewe

-Gen 1:28 God seen die mens om te vermeerder en regeer

-Gen 12 God seen vir Abraham om ‘n reis te onderneem vir grond, ‘n volk en ‘n seen vir die nasies

-Gen 28:1 Sien hoe Isak vir Jakob seen vir sy lewensreis

-Gen 48  Sien hoe Jakob die 12 seuns seen en veral Efraim (en Manassa) vir hulle lewens reise

-Num 6:24-27 God se opdrag aan die Priesters rakende die Priesterlike Seen (Ook dan wat in Ps 134 sou gebeur)

-Jesus (Hoepriester) seen die kinders (Mark 10 / Luk 18), die dissipels tydens hemelvaart (Lukas 24:50)

-Ons seen ons kinders (inseen), seen ons etes, seen ons reise

HOE SEEN ONS GOD?

-Ons seen God soos wat kinders hulle ouers Seen

-Ons seen God deur dankbaarheid (Hart en Woord)

-Deur pelgrimstogte (Die beste herhinneringe is my reise saam met my gesin)

-Wanneer gesinne saam ons die pelgrims reis onderneem het hoor ons altyd die ouers se dankbaarheid dat hulle dit saam met hulle ouers kon beleef

-Ons kan ook Jerusalem besoek,

-maar selfs wanneer ons ‘n dag / paar dae van Retreat en stilte uitroep is dit ‘n wyse Hoe ons met God ontmoet en dit Seen hom

-Ons seen God deur oorgawe (Hande oplig is teken van Oorgawe (1 Tim 2:8))

-Deur gehoorsaamheid

-Deur diensbaarheid

HOE SEEN ONS MENSE?

-Deur ons woorde (Teenoorgetselde is vloek / Curses)

-Gebed en profetiese uitsprake

-Deur ons Hande (Wanneer ons mense aanraak deur seen of ander gebare)

-Deur saam te reis (in die lewe en ‘n werklike reistog)

-Diensbaarheid

-Vrygewigheid

-Vriendskap

-Liefde

HOE SEEN GOD ONS?

-Deur Jesus (Dink vir ‘n oomblik ‘n wêreld  / lewe sonder Jesus)

-Jesus gee ewige lewe maar bring ook hoop en lewe op aarde

-Deur Sy woorde (opgeteken in die Woord)

-Deur Sy Gees

-Deur profetiese seeninge vir ons lewens reis

-Deur Mense

-Deur pelgrimstogte (Dit was ons soos met water, inspireer ons, versterk ons)

KOM EK SEEN JULLE

(Ps 134 / Num 6)

A Song of Ascents.

Behold, BLESS THE LORD

All you servants of the Lord,

Who by night stand in the house of the Lord!

2 Lift up your hands in the sanctuary,

And BLESS THE LORD

3 The Lord who made heaven and earth

BLESS YOU FROM ZION!

-24“Die Here sal julle seën op julle pelgrimstog

-en julle beskerm; (soos julle reis)

-25die Here sal tot julle redding verskyn (op julle pelgrimstog)

-en julle genadig wees; (soos julle reis)

-26die Here sal julle gebede verhoor (op julle pelgrimstog)

-en aan julle vrede gee! (soos julle reis)

Num 6:24-26

GESEENDE FEESTYD !