Luther’s central claim is that faith alone justifies (that is, makes a person righteous in the eyes of God) the one who believes in Christ as a result of hearing the gospel. This faith affects the imputation of Christ’s righteousness that covers the sins of the believer.
Luther identifies the “righteousness of God” as a gift. In other words, Luther recognised God’s righteousness as something other than the wrath that punishes sinners, which caused him so much consternation. Second, faith was the sole vehicle that pronounced the individual righteous
Romans 3:21-28 AMP
Justification by Faith
21 But now the righteousness of God has been clearly revealed [independently and completely] apart from the Law, though it is [actually] confirmed by the Law and the [words and writings of the] Prophets.
22 This righteousness of God comes through faith in Jesus Christ for all those [Jew or Gentile] who believe [and trust in Him and acknowledge Him as God’s Son].
There is no distinction, 23 since all have sinned and continually fall short of the glory of God,
24 and are being justified [declared free of the guilt of sin, made acceptable to God, and granted eternal life] as a gift by His [precious, undeserved] grace, through the redemption [the payment for our sin] which is [provided] in Christ Jesus,
25 whom God displayed publicly [before the eyes of the world] as a [life-giving] sacrifice of atonement and reconciliation by His blood [to be received] through faith.
This was to demonstrate His righteousness [which demands punishment for sin], because in His forbearance [His deliberate restraint] He passed over the sins previously committed [before Jesus’ crucifixion].
26 It was to demonstrate His righteousness at the present time, so that He would be just and the One who justifies those who have faith in Jesus [and rely confidently on Him as Saviour].
27 Then what becomes of [our] boasting? It is excluded [entirely ruled out, banished]. On what principle? On [the principle of good] works? No, but on the principle of faith.
28 For we maintain that an individual is justified by faith distinctly apart from works of the Law [the observance of which has nothing to do with justification, that is, being declared free of the guilt of sin and made acceptable to God].
Romans 4:5 AMP
5 But to the one who does not work [that is, the one who does not try to earn his salvation by doing good], but believes and completely trusts in Him who justifies the ungodly, his faith is credited to him as righteousness (right standing with God).
Romans 8:33 AMP
33 Who will bring any charge against God’s elect (His chosen ones)? It is God who justifies us [declaring us blameless and putting us in a right relationship with Himself].
Wat het gebeur?
- God het die mens, waarvan Adam en Eva die eerste was, geskep om in ‘n volmaakte liefdesverhouding met Hom te leef.
- Die mens moes heers as God se verteenwoordiger op aarde.
- Adam en Eva eet van die verbode boom van kennis van goed en kwaad en word uit die tuin van Eden verban.
- Díe ongeregtigheid bring ‘n skeidsmuur (Jes. 59:2) tussen God en die mens.
Mensdom sonder God:
- Die mens het sy intieme liefdesverhouding met God verloor.
- Offers is nodig om versoening tussen God en die mens te bring.
Kruisiging:
- Jesus word die volmaakte Offerlam wat eenmaal geslag hoef te word.
Mensdom geregtig voor God:
- Jesus se offer word deur God aanvaar en Hy hiermee bring volkome herstel tussen God en die mens.
- Die mens is dus herstel in ‘n posisie van geregtigheid voor God.
Gelowiges wat die offer van Jesus aanvaar, kan weer in ‘n herstelde liefdesverhouding met God leef.
Voor Luther (1483-1546) word daar gepraat van die middel eeue (400-1500) of donker eeue waar die vyand duisternis & verwarring gesaai het.
NB: net so vat dit een sonde om skuldig/ongeregtig te wees,
al leef jy vir die res van jou lewe volmaak.
Mense was verward in 400 – 1500 BC hoe lyk dit 523 jaar later?
- Wat is geregtigheid?
Die woord “geregtigheid” (in Grieks = Dikaiosune) beteken:
- Om reg te wees, m.a.w. om niks verskuldig te wees nie.
- Om aan die vereiste standaard te voldoen
- Om ’n nuwe stand (posisie) te hê. Status
- Wat is die “geregtigheid van God”?
Dit impliseer God se posisie of status t.o.v. Homself.
Wat sien God as Hy na Homself kyk?
Hy sien volmaaktheid, heiligheid, liefde, regverdigheid ens. God voldoen volkome aan Sy eie standaard. Daar is geen ongeregtigheid in Hom nie. Hy is aan niks skuldig nie. Hy is volkome reg met Homself.
Jesus het dieselfde stand van geregtigheid as God. Hy is gelyk aan God. Daar is in Hom geen ongeregtigheid of sonde nie.
2 Corinthians 5:21 AMP
21 He made Christ who knew no sin to [judicially] be sin on our behalf, so that in Him we would become the righteousness of God [that is, we would be made acceptable to Him and placed in a right relationship with Him by His gracious lovingkindness].
Jesus, wat geen sonde geken of gedoen het nie, is sonde gemaak! Sonde/ongeregtigheid van die mensdom is op Hóm geplaas.
Die Offerlam moes vir die ongeregtigheid van die mensdom gekruisig word.
Die vonnis wat volgens reg ons s’n is, word op Hom gevat en die prys wat ons moes betaal word (om ons verhouding met die Vader REG te stel) betaal met Sy lewe.
Sodat ons wat in Jesus glo (& vertrou as ons redder) geregverdig kan wees.
Regverdig verklaar: Wat verander eintlik?
In sy teologiese sin is regverdiging ‘n forensiese, of suiwer wetlike, term. (soos gebruik in die hof, ’n uitspraak)
Dit beskryf wat God oor die gelowige verklaar, nie wat Hy doen om die gelowige te verander nie.
Regverdiging bewerkstellig geen werklike verandering hoegenaamd in die sondaar se aard of karakter nie.
Regverdiging is ‘n goddelike geregtelike edik.
***Dit verander slegs ons status, maar dit hou gevolge in wat waarborg dat ander veranderinge sal volg. Heiligmaking (verskil tussen Justification & Sanctification)
Wanneer ’n regter die uitspraak lees, is die verweerder nie meer die “beskuldigde” nie. Wettig en amptelik word hy onmiddellik óf skuldig óf onskuldig – afhangend van die uitspraak.
Niks in sy werklike aard verander nie, maar as hy onskuldig bevind word, sal hy ‘n vry persoon in die oë van die reg uit die hof stap, ten volle geregverdig.
Hoekom moet ons geregverdig word?
Sodat die mensdom, wat deur die sondeval in ‘n posisie van ongeregtigheid voor God beland het, ‘n herstelde posisie/stand van geregtigheid voor God kon hê.
Jesus wat geen sonde geken of gedoen het nie, was gelyk aan God en dus geklee met geregtigheid.
Die mensdom was a.g.v. die sondeval geklee met ‘n kleed van sonde, ongeregtigheid, misdade en oortredinge.
Omdat God reverdig en Heilig is, moet sonde en oortredinge gestraf word,
maar Jesus het die kleed van ongeregtigheid sélf aangetrek.
In óns plek het Hy as offer vir ál die oortredinge van die mensdom, van die verlede en die toekoms, gesterf.
Isaiah 61:10
10 I will rejoice greatly in the Lord,
My soul will exult in my God;
For He has clothed me with garments of salvation,
He has covered me with a robe of righteousness
Hierdie woorde laat my glimlag. Ek sien in my geestesoog ‘n ouer wat ‘n kind in ‘n warm handdoek toewikkel as hy uit die water kom. God wikkel ons toe in ‘n kleed van geregtigheid en druk ons vas teen Sy bors.
- Wat beteken dit om met geregtigheid geklee te wees?
As Koningskinders, gewikkel in ‘n kleed van geregtigheid, neem ons ‘n nuwe posisie voor God se troon in. Wat behels my stand/status as Koningskind?
Wat is jou status?
As ons sou vra: “Wat is die stand van sake tussen God en die mens nou na Jesus se kruisdood?” Dan is die antwoord: “volkome herstel”; “die twee partye is volkome versoen”. (Dit is meer as net vergifnis, dit is veel meer as om net vrygespreek te word.)
Die Engelse term “Righteousness” beteken “to be in right-standing with God”.
- 2 Cor. 5:21 (Amp) …become the righteousness of God [what we ought to be, approved and acceptable and in right relationship with Him, by His goodness].
Die verhouding tussen God en die mens is reggestel. (Ons is terug in die groot sirkel op die prentjie). Ons staan volkome geregtig voor Hom.
As Hy na my kyk, kyk Hy na die offer van Jesus en sien volkome geregtigheid. Hy sien dus al die eienskappe van geregtigheid – volmaaktheid, heiligheid, reinheid. Hy kyk na ons en sien “geregtigheid.”
Geregtigheid is dus die vermoë wat die mens ontvang het om voor God te staan, sonder ‘n bewustheid van sonde, skuld of minderwaardigheid. Ons staan voor God asof sonde nooit bestaan het nie.
Dit is dus nie net hoe God ons sien nie, maar ook hoe ons onsself moet sien! So dikwels bly mense vasgevang in skuldgevoelens van hul sonde van die verlede. Ons moet onsself sien soos wat God ons sien om met vrymoedigheid die pad van oorwinning te kan wandel. Sien jy jouself as Koningskind, gewikkel in ‘n mantel van geregtigheid en volkome sonder sonde skuld of minderwaardigheid?
Wat is jou “status”?
- 4. So, kan die mens nog iets doen om jou geregtigheid te verdien?
God het van Sy kant af reeds ALLES gedoen wat nodig is om die mensdom met Homself te versoen.
As iemand nie die keuse maak om gered te word nie, kan God (met alle respek gesê) niks meer doen om by te dra tot enige iemand se redding nie. Wat kan ons nóg meer van Hom verwag, as dat Hy reeds Sy kosbaarste besitting gegee het?
- 5. Die rol van GELOOF
Ephesians 2:8-9 AMP
8 For it is by grace [God’s remarkable compassion and favour drawing you to Christ] that you have been saved [actually delivered from judgment and given eternal life] through faith. And this [salvation] is not of yourselves [not through your own effort], but it is the [undeserved, gracious] gift of God; 9 not as a result of [your] works [nor your attempts to keep the Law], so that no one will [be able to] boast or take credit in any way [for his salvation].
Ons het nou reeds gesien dat die volle prys betaal is om die mens te herstel in sy posisie van geregtigheid voor God. Ons kan niks byvoeg by die offer van Jesus om ons posisie voor God te verbeter nie. Dit is reeds volkome herstel. Ons moet net die offer aanvaar.
- Hoe aanvaar ons die offer?
Ek kan niks doen nie. Die enigste beginsel wat hier geld, is die beginsel van GELOOF. Hierdie beginsel het God reeds in die Ou Testament gevestig in Abraham:
- Gen 15:6 En hy (Abraham) het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
Soos wat Abraham geglo het en dit hom tot geregtigheid gereken is, is ons geloof in Jesus, die enigste weg na ‘n herstelde verhouding met God.
- Wat moet ons glo?
- Dat Jesus die Seun van God is.
- Dat Hy die volle prys vir versoening aan die kruis (namens en vir jou) betaal het.
- Dat ons volkome met God versoen is en gered word deur Sy offer.
- Wat gebeur as ons in die offer glo?
- Ons word kinders van God.
- Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
- Ons ontvang die ewige lewe.
- Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
- Ons word beklee met ‘n nuwe kleed van geregtigheid.
- Word ‘n erfgenaam met ‘n erfporsie wat ons in besit kan neem.
- Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
- Word ‘n nuwe skepse
- 2 Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
- Word verseël met die Heilige Gees. Die Heilige Gees wil ons leer en herinner aan ons erfenis wat ons in besit kan neem.
- Ef 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
Opsomming:
- Die Ou Testament was ‘n pad van voorbereiding vir die mensdom vir die nuwe herstelde verhouding tussen God en mens.
- Jesus betaal die volle prys vir volkome herstel.
- Die verhouding tussen God en mens is presies dieselfde as wat Sy verhouding met Adam en Eva was vóór die sondeval.
- Die outoriteit om te heers oor die aarde is aan ons teruggegee.
- Ons kan nou met vrymoedigheid tot God nader en in ‘n intieme liefdesverhouding met Hom wandel.
Laaste gedagtes:
- Ons denke en ons wandel baseer ons op die wéte dat ons geklee is met die geregtigheid van God en nie deur enige iets wat ons kan doen nie.
Jakobus sê: geloof sonder werke is dood.
Hier is die ding…
- Goeie werke is ’n bewys of resultaat en uitvloeisel van ons nuwe status in Jesus
- Regverdiging en heiligmaking loop hand aan hand en kan nie geskei word nie.
As jy glo dat Jesus se offer vir jou was en jy in Sy kleed van geregtigheid geklee is… dan is die Vader se aangesig nie meer weg nie maar na jou gedraai.
Glo jy dit?