“Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddeloses volg, nie op die pad van sondaars gaan staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie, maar wat vreugde vind in die wet van die Here en sy wet dag en nag mymerend prewel. So iemand sal wees soos ‘n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie. Alles wat hy aanpak, gedy. So is die goddeloses nie; inteendeel, hulle is soos kaf wat die wind wegwaai. Daarom sal goddeloses nie kan opstaan tydens die regspraak, of sondaars in die byeenkoms van regverdiges nie. Ja, die Here dra sorg vir die pad van regverdiges, maar die pad van goddeloses loop dood.”
Psalms 1:1-6 AFR20
Gelukkig is die mens wat NIE…
- Nie die raad van goddeloses volg nie
- Nie op die pad van sondaars staan nie
- Nie in die byeenkoms van spotters sit nie
Gelukkig is die mens wat …
- Die Woord mymerend prewel
- en blydskap daarin vind
MYMER: – Bepeins, dagdroom, dink, droom, fantaseer, na dink, oordink,
Kom van Nederlandse word: Mijmeren
Engels: ponder, daydream, meditate, be lost in thought.
PREWEL: – Sag en binnemonds, mompel,
Nederlands: prevelen
Engels: – mumble, mutter.
VIND: – Soekend, intentionele tyd, Woord vir seisoen. Vind beteken iets waaraan tyd spandeer word.
Gelukkig is die mens …
- Jy word wat jy dagboek en prioritiseer
- Jy word soos die met wie jy uithang
- Jy doen en praat dit waaraan jy tyd en aandag spandeer
- Jy is dit waarmee jy jou hart en hoof vul en daar binne hou
Gelukkig is die mens …
- Op psigologiese en geestelike vlak is daar 2 plekke wat ons geluk bepaal.
Hoofspasie & Hartspasie
Kwantiteit & kwaliteit
- Te veel kopspasie vir dwase en dwase veldtogte sal die hart verswak en vertroebel.
- Dit sal ruimte van jou hart spasie opneem
- media temas
- Skinder stories
- Sameswerings teoriee (conspiracy theories)
- Fabels
– Tv programme
– Sosiale Media
– Lees stof
KWANTITEIT EN KWALITEIT (50/50 RATIO 1 PERD EN 1 HAAS STORIE)
BIETJIE WOORD IS NIE GENOEG NIE
HIERDIE IS WAAR DIE GOEIE IN JOU SPASIES MEER AS DIE SLEGTE MOET WEES.
DAAR MOET NIE PLEK VIR DIE SLEGTE WEES NIE.
Gelukkig is die mens …
“Soos ek by jou aangedring het toe ek na Macedonië vertrek het, moet jy in Efese bly, sodat jy sekere mense opdrag kan gee om nie vreemde leringe te versprei, en om hulle nie met mites en eindelose geslagsregisters op te hou nie. Hierdie dinge bevorder eerder sinlose argumente as God se plan, wat Hy deur die geloof ten uitvoer wil bring. Die doel van die opdrag is liefde uit ‘n rein hart, ‘n skoon gewete en ‘n ongeveinsde geloof. Sommige het hiervan afgedwaal en in ‘n niksseggende gepraat verval. Hulle wil leermeesters van die wet wees, maar hulle verstaan nie wat hulle sê, of dit waarop hulle aandring nie.”
1 Timoteus 1:3-7 AFR20
Gelukkig is die mens …
Wat gebeur as hart en hoof spasie met
- die regte gevul word en
- van die verkeerde ontneem word
Gelukkig is die mens …
- Ek is soos ń boom langs water
- Ek dra vrug op my tyd
- My blare verdor nie
- Alles wat ek aanpak gedy
- God dra sorg vir my pad
1-3 PRAAT VAN ‘N IMMERGROEN BOOM
KOM ONS KYK NA SO PAAR IMMERGROEN BOME IN SA
Gelukkig is die mens …
IMMERGROEN BOME SE GEHEIM
Die bome verloor nie blare nie want hulle het geleer hoe om water en voedingstowwe op te neem in die somer en te stoor vir die winter
maar wat vreugde vind in die wet van die Here en sy wet dag en nag mymerend prewel. So iemand sal wees soos ‘n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie.
Gelukkig is die mens …
VADER GEE WATER
VADER BRING GROEI
VADER VERSORG
EK KIES
“Blessed [fortunate, prosperous, and favored by God] is the man who does not walk in the counsel of the wicked [following their advice and example], Nor stand in the path of sinners, Nor sit [down to rest] in the seat of scoffers (ridiculers). But his delight is in the law of the Lord, And on His law [His precepts and teachings] he [habitually] meditates day and night. And he will be like a tree firmly planted [and fed] by streams of water, Which yields its fruit in its season; Its leaf does not wither; And in whatever he does, he prospers [and comes to maturity].”
Psalms 1:1-3 AMP