Preek /Boodskap oor: Geestelike Geheueverlies

Die droom:

So paar aande terug het ek ‘n droom gehad, wat eintlik vir my so beskrywend is van die tye waarin ons nou is, en ek het ervaar Heilige Gees sê “Hou die droom vir jou boodskap”

Hierdie droom vir my is ‘n geestlike prentjie van ‘n ding wat hom oor en oor in die fisiese afspeel in die samelewing tans.  Ek sien die droom, as ‘n tipe vergelyking.

  1. Ek droom ek doen ‘n internskap by ‘n hospital en daar is ‘n dokter daar wat my vra om haar te help. Sy sê toe vir my om ‘n paar goed te doen. My plan is om dit neer te skryf en dan uit te vind wat sy bedoel het, maar die boek waarin ek skryf het rubber in, en my pen/potlood wil nie daarop skryf nie.  Ek skryf in elkgeval op die rubber, maar kan nie uitmaak wat ek geskryf het nie.  Ek voel so dom dat ek nie verstaan nie, en ook sukkel om dit selfs net neer te skryf.  EK ERVAAR FRUSTRASIE EN VERWARRING.

(Baie mense voel oorweldig met die mediese vloed van inligting, mens kan nie byhou met al die mediese inligting wat om gestuur word nie.  Die stortvloed van inligting golf na golf na golf skep by ons frustrasie, woede en verwarring.)

  1. Toe stap ons na buite op ‘n grasperk, en ‘n paar mense kom uitgehardloop en sê: “Dit is in die saad, dit is in die saad!” Ek en die vroue dokter let toe op, dat daar baie baie saad buite rondwaai, dit waai in mense se monde in…

(Die saad verteenwoordig woorde, en opinies tussen mekaar, sosiale media, die nuus ens. saad van woede ongelukkigheid en vrees, het op vrugbare grond in ons harte kom val. Ons het ander se saad geeët en dit het deel geword van ons sisteem.) Jakobus 3 praat van die tong en so ook sê Matt 15:11 en 18.

  1. Daar kom toe saad in my mond en hoe meer ek dit kou hoe dikker geel massa vorm dit. Ek wou dit nie insluk nie dit was sleg, toe spoeg ek dit uit.

(Ons het ‘n keuse om die saad wat in ons monde kom, aan te neem of te verwerp)

  1. Ons hardloop toe terug in die hospital, om weg te kom van die saad. Die dokter se ma sê toe: “Daar gebeur dit weer!” en toe sy dit sê, sien ons voor ons oë hoe haar hoek tande uitgroei soos ‘n vampier s’n.  Sy het van die saad in haar mond gekry en dit geeët.  Toe skree die dr.: “drink die pille!” En die ma skree toe: “Dit werk nie meer nie”, die dr. sê toe vir haar ma: “Drink nog!”

(Daar is ‘n geestlike kondisie waaraan baie Christene aan begin lei het, en dit nie besef nie.  Ons loop rond met die simptome, maar niemand weet wat om met die simptome te doen nie. Hierdie kondisie verander ons in mense wat wil stry en baklei, en mekaar se koppe wil afbyt. Ons moet weet wat is fout met ons.)

  1. Die ma loop toe uit by die deur van die hospitaal en sê vir haar dogter, Ek sien weer uit om te kuier. Ek kon optel dat die dokter glad nie uit sien om te kuier nie, omdat haar ma nie haar ou self is nie.  Die dokter voel mismoedig en hartseer.  Ons hardloop toe na ‘n saal wat soos ‘n eet saal met tafeltjies lyk.  Die dokter kruip onder een van die stoele en tafels weg, en net toe storm daar hordes mense in by die deure.  Almal wat inkom baklei en stry met mekaar.  Dit was asof hulle nie eers geweet het waar hulle is, of hoekom nie. Hulle het net baklei en gestry en geskree op mekaar. Daar was emosies soos haat, selfsug, hartseer, kwaad en woede in die kamer.

(Families wil ook nie eers meer eintlik met mekaar kuier nie, want die huidige onderliggende geestelike kondisie waaraan baie lei, maak dat familie byeenkomste “#akward” is, want daar is sekere gesprekke wat ons nie kan hê nie, want anders kom die tande uit.)

  1. Een man begin toe om met my te baklei, maar ek ignoreer hom en loop net weg. Ek sê toe vir die dokter op die vloer, kry gou vir my ‘n mikrofoon en “speakers” dan sing ek: ‘You’ve got a friend in me.”  In my hart het ek gedink om ‘n lied te sing van liefde en naaste liefde.

(Laastens spoeg die kinders van God die wêreldse opinies, gedagtes en maniere uit, en gaan oor in aksie.  God se kinders draai na die Woord wat sê, dat ons deur die gees gelei moet word.  Ons moet liefde bewys, en ‘n stem wees.)

Om die droom verder op te som: Ons almal is eweskielik soos mediese interns wat ‘n “crash course” ontvang op virology, en ons fokus is nou op lewe en dood, en ons ervaar dit so, dat dit werklik ‘n stryd vir oorlewing is.  Terwyl ons in hierdie verwarde toestand is met die stortvloed van inligting, opinies, vrae, emosies ens. rondom ons, is daar ‘n geestelike kondisie waaraan gelowiges onderliggend begin lei het, wat die toestand van ons hart begin affekteer het.  Niemand besef wat die oorsaak van hierdie kondisie is nie, of selfs dat ons daaraan begin lei het nie. Die simptome van hierdie kondisie sluit in: rusie, woede, en haat wat lei tot verdeeldheid en skeuring, tot onsedelikheid, afgodsdiens en losbandigheid.  Dit waai al lank rond, en vir te lank het ons Christene oopmond rondgestaan en ons vergaap aan alles wat in die wêreld aangaan, en het ons daarom wêreldse saad in ons eie monde begin kry, en die saad het op vrugbare grond geval, want ons was nie voorbereid (nie op ons hoede), vir dit wat ons voor ons oê in die wêreld sien afgespeel het.  Die probleem is egter nie net die SAAD nie, die probleem is dat ons GROND VRUGBAAR IS VIR WêRELDSE SAAD.  Hoekom is dit so?

GETRANSFORMEER DEUR DIE VERNUWING VAN ONS GEDAGTES

Ons Christene, die liggaam van Christus het begin lei aan wat ek noem en sien is: GEESTELIKE GEHEUEVERLIES. Dit is wat ons grond vrugbaar maak, en gemaak het vir wêreldse saad. Ons het vergeet wie ons is. Kom ons lees Romeine 12:1-2.  As ek rondom my kyk en luister sien ek:

  • Ons het vergeet dat ons nie moet lyk soos die wêreld nie. (Wat praat soos die wêreld insluit).
  • ONS MOET HOOP GEE IN ‘N HOPELOSE WêRELD….ONS MOET WYSHEID EN WAARHEID BRING IN ‘N VERWARDE WêRELD, ONS MOET DEEL WEES VAN DIE OPLOSSING, NIE DIE PROBLEEM NIE. Ons moet liefde bewys, ons moet begin om ‘n stem te wees van vriendskap, in tye van vyandskap. Ons moet ‘n stem wees van wysheid en insig in ‘n tyd van verwarring, en ons moet ‘n stem wees van bemoediging en hoop in hopelose tye.
  • Ja mense het in die tyd getransformeer… maar in iets heeltemal anders as wat God bedoel het toe Hy gesê het julle moet getransformeer word deur die vernuwing van julle gedagtes (deur die Woord van God).
  • JA JESUS KOM NOG, HY IS NOG OPPAD. HOEKOM HET ONS OPHOU OM HOOPVOL TE KYK NA DIE WOLKE, EN HOM ENIGE OOMBLIK TE VERWAG.
  • Ons het so goed begin, in die Gees begin, onsself gedoop, ons ALMAL HET ONS HANDE IN DIE LUG OPGEHAD TOE ONS SING “NO LONGER A SLAVE TO FEAR”….laat ons nie nou in die vlees eindig nie. Galasiërs 3:3
  • KOM JULLE…KOM ONS SPAN ONSSELF WEER IN OM DIE HEMELSE PRYS TE BEHAAL, EN BY DIE WENSTREEP TE KOM Filipense 3:13-14

Dalk klink Galasiërs 5:15-26 vir julle bekend?

  • LYK DIT VIR JULLE OOK OF VAN ONS VERGEET HET DAT ONS DEUR DIE GEES GELEI MOET WORD IN PLAAS VAN DIE VLEES?
  • ONS IS SO BANG DIE GEES LEI ONS NIE, ONS VRA HOM NIE, EN VERTROU HOM NIE, EN NEEM DAAROM DINGE IN ONS EIE HANDE.
  • ONTHOU JULLE NOG AS EK SWAK IS, IS HY STERK? 2 Korintiërs 12:9-11 Paulus sê ook dat Hy roem op sy swakhede, want as hy swak is is God sterk in Hom. Dit is goed as ons swak is, maar laat Hy dan in daardie tyd sterk deur ons vloei.
  • ‘n LEWE DEUR DIE GEES, IS LEWE EN VREDE Rom 8:6

FOKUS VERLOOR

Onthou julle nog toe Jesus op die water geloop het.  Die golwe het oor die dissipels se boot geslaan, baie soos nou… baie van ons se bote word heen en weer geskud deur die Covid golwe.  Ons skree om hulp na Jesus.  Jesus kom ons te hulp op ‘n manier wat ons nie verwag nie, op die water. Bonatuurlik. Petrus se oë is eers gefokus net op Jesus, en dan haal Hy sy oë af van dit wat die heel belangrikste, en fokus op die golwe en dan sink hy.  Jesus het dadelik sy hand gegryp, en hom opgetrek.

  • HET ONS DALK SOOS PETRUS, ONS Oë VAN JESUS AFGEHAAL EN OP DIE GOLWE GESIT, GOLWE VAN WOORDE EN OPINIES EN MEDIESE INLIGTING….DAT ONS VERGEET HET WAT EN WIE REGTIG BELANGRIK IS.
  • DALK HET ONS ONS Oë VAN DIE BONATUURLIKE BEGIN AFHAAL, EN BEGIN GLO DAT GOD NIE MEER DIE GOD VAN DIE BONATUURLIKE IS NIE? DAT GOD NIE MEER DIE GOD VAN DIE ONMOONTLIKE IS NIE?
  • PSALM 93 EN  1 Petrus 1:13-16 WEES WAKKER, WEES HEILIG

MY EIE GETUIENIS

Ek myself het baie van hierdie simptome VAN GEESTELIKE GEHEUEVERLIES gehad.  Ek het simptome gehad van hopeloosheid, hartseer, frustrasie, bitterheid en kwaad onder andere.  Ek het regtig gedink dat die skeepskaptein wat veronderstel is om my boot te stuur, van die boot afgespring het, en dat ek en so baie ander, sonder rigting ronddryf op die oseaan.  As God dan gaan doen wat God wil, vir Sy doeleindes, hoekom het Hy my nodig?  Hoekom moet ek bid?

God het my HERINNER, dat Hy my in Sy beeld geskape het. Dat Hy my gemaak het met outoriteit in my mond, en dat my gebed daarom kragtig is, maar net kragteloos volgens myself is, omdat ek ophou glo het aan die krag van gebed. EK HET OOK OPHOU GLO DAT HY MY BOOT SE STUURMAN IS.  Ek het gekies om op te hou glo. God het my herinner dat geloof ‘n keuse is.  Dat deur die bril van geloof, die skrif tot sy ware krag kom, sonder geloof kan ons God nie gelukkig maak nie.

JACOBUS 1:19 -22 Sê DIE WOORD KAN ONS RED

KOM ONS LUISTER NA GALASIëRS 5:1 – KOM ONS KOM NIE ONDER DIE SLAWEJUK IN WAARVAN GOD ONS VRYGEMAAK HET NIE.  KOM ONS ONTHOU WEER WIE ONS IS.

AFSLUITING

KOM ONS ERKEN EN BELEI AS ONS GEESTELIKE GEHEUEVERLIES TOT ONGELOOF, VERLOOR VAN FOKUS EN ‘N LEWE DEUR DIE VLEES BEGIN LEI HET.  KOM ONS BELEI EN LIG WEER ONS KOPPE OP EN FOKUS ONS Oë OP JESUS

Kom ons reflekteer nou op ons eie dade, denke en woorde, die saad wat in ons mond gekom het en in ons hart geval het.