Preek/ Boodskap oor: Gaan berei die Pasga voor

 

Luk 22:8 – Gaan berei die Pasga voor dat ons dit kan eet… (herhaal)

Ons nader die fees van Peshag / Passover / Pasga. Oor amper 3 weke – die naweek van 7-9 April.

  • Berei jy jouself voor vir die komende tyd?

Jy dink nie noodwendig elke dag van die jaar aan jou verjaarsdag nie, maar in die week of 2 voor jou verjaarsdag begin jy beplan / voorberei daarvoor.

  • Miskien dink jy nie elke dag aan die impak van Golgota op jou daaglikse lewe nie, maar dis belangrik dat ons ten minste dit nie mis met die tyd wat kom nie.

Hoekom voorberei Friedel? Exo 12:14 – Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier.

  • Die generasies wat kom moet vertel word wat God vir hulle gedoen het.
    • Van geslag tot geslag moet dit vertel word. God wil met die volgende generasie ook wandel.
    • Deu 7:17-18 – (wanneer vrees jou wil oorweldig, onthou wat ek aan Egipte gedoen het)
  • As Abba Vader ‘n ewige Fees ingestel het om Israel se verlossing uit Egipte te herdenk deur die bloed van ‘n 1 jarige lam, hoeveel te meer nie die verhaal van die verlossing van die wêreld deur die bloed van Sy Seun nie.
  • Ons kinders en ons geslagte moet vertel word van die Lam van God wat vir ewig die Pasga Lam geword het. (AMEN).

Sal jy voorbereid in die Pasga fees ingaan? Moenie dat die vakansiedag jou bekruip en jy eers op die Vrydag oggend besef watter dag dit is wanneer jy nie hoef te gaan werk nie.

  • Die Pasga naweek kan vir jou net nog ‘n naweek wees, of gaan jy dit intensioneel benader?

Wat is die krag van herinnering?

2 weke terug preek ek: Herinner jouself (wanneer jy stoei omdat gebede nie beantwoord word volgens jou tydlyne nie à Herinner jouself aan wie God is (deur Sy eienskappe en skepping)à Dit Skep Hoop, volhard

Ek wil vanoggend kortliks weer die onderwerp van herinnering aanraak: Die krag van pro-aktiewe herinnering met die oog op die komende Pasga en hoe jy die volgende 2.5 weke asook die tydperk van Pasga naweek gaan vul:

  • 2 Pet 1:12-14 (Afr53) – Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is. En ek beskou dit as reg, so lank ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,
  • 2 Pet 1:12-14 (NIV) – So I will always remind you of these things, even though you know them and are firmly established in the truth you now have. I think it is right to refresh your memory as long as I live in the tent of this body.
  • 2 Pet 1:12-14 (CJB) – For this reason, I will always remind you about these things, even though you know them and you are firmly established in the truth you already have. And I consider it right to keep stirring you up with reminders, as long as I am in the tent of this body.

Ek kom vanoggend om “herinnering op te wek”, “to refresh your memory”, “I stir you up with reminders”:

  • Pasga is oppad. Dit is ‘n waarheid wat jy reeds ken (jy ken die verhaal van die kruis).
  • Maar daar is krag in herinnering!

Kla 3:21-22 – But in my mind I keep returning to something, something that gives me hope – that the grace of Adonai is not exhausted, that His compassion has not ended.

  • ‘n Herinnering wat hoop aanwakker.
  • Kan ons deur herinnering mismoedigheid beveg en vervang met hoop?
  • Die Here Jesus se storie geskryf oor Pasga Fees is BAIE hoopvol

Gaan hierdie Pasga ‘n geestelike impak hê?

Daar is ‘n stem in elke situasie van jou lewe:

  • ‘n Stem wat jou valslik wil herinner dat jy ‘n mislukking is.
    • Jou hart gaan geneig wees om daardie stem te glo indien jy nie herinner gaan word aan iets / Iemand GROTER nie.
    • In the coming days we are going to look to the cross and look BEYOND the cross (Pentecost).
    • En kyk of dit nie ‘n hoop in jou wakker maak nie.
  • Hoe gaan jy jouself herinner?
  • Hoe gaan jy jou gesin / kinders herinner? (herinnering is ‘n bediening)
  • Hoe gaan jy jou vriende, familie, kolegas, ander mense herinner? (herinnering is ‘n bediening)

Leeswerk (Gaan berei die Pasga voor) – as jy klaar gelees het, lees dit weer.

  • Mat 26-28
  • Mar 14-16
  • Luk 22-24
  • Joh 17-21
  • 2 Kor 5:21 – die tema skrif vir ons Vrydag oggend Pasga diens.

Wanneer jy die boonste lees: Die vraag “Waar is jy?”

Gen 3:9 (Afr53) – Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: “Waar is jy?” (herhaal paar keer)

Die naderende Pasga moet ons elkeen voor die volgende vraag laat stilstaan:

Waar is jy?

  • Onthou jy waar jy was? Ek was donker en verlore, meer ek is nie meer nie.
  • Ek is nie meer dieselfde mens as wat ek was nie.
  • Jesus het my kom transformeer

OF

  • Ek onthou waar ek was. Eens op ‘n tyd aan die brand / vurig vir die Here. Besig met Sy dinge.
  • Maar ek is nie meer die mens wat ek was nie.
  • Die wêreld het my kom transformeer

Gaan die komende Pasga Fees jou opnuut voor jou Meester in aanbidding plaas uit dankbaarheid dat jy ‘n nuwe mens is en nie meer die ou verlore mens nie?

OF het jy nodig om heelhartig terug te keer na Die Meester toe want jy het weg gedraai van Hom af en die deur vir duisternis oopgemaak het.

Pasga is God se storie van verlossing en versoening.

  • Jy ken die verhaal van die kruis.
  • Is dit iets wat steeds jou hart met diep dankbaarheid vul, dalk soms nog jou trane laat vloei?
  • Ek herinner jou vanoggend, gaan berei jy die Pasga voor.
    • Lees, mediteer, beplan, vertel.