Preek/ Boodskap oor: Fees van Tabernakels

Inleiding:

Waar pas Jesus in die prentjie van die Fees van Tabernakels/Huttefees? Hoekom praat ons enigsins hieroor? Wat het ’n Joodse Fees met Jesus en die Nuwe Testament uit te waai?

Ons gaan leer oor:

  • Wat die Hutte/Tabernakels in Huttefees/Fees van Tabernakels heen wys
  • Wat Jesus gesê het tydens so ’n fees in Sy leeftyd.

Die Fees van Tabernakels of Huttefees is in die middel van die Joodse kalender se sewende maand aan die einde van die oes-seisoen in die vroeë herfs (van Noordelike Halfrond) gevier en word ook die Fees van die Insameling genoem.

Die die Hebreeuse woord “sukkot” word vertaal as “hutte”, en dit is hoe die Jode steeds na die fees verwys.

Daardie woord word ook in baie ander vertalings met “tabernakels” vertaal. Dié woord is afgelei van die Latynse woord vir ‘n “tent” of “hut”. Die onderliggende Hebreeuse woord kan enige soort woonplek beskryf, maar hier moet hierdie hutte ‘n herinnering wees aan die tydelike woonplekke waarin die volk Israel gewoon het terwyl hulle in die woestyn rondgedwaal het voordat hulle die Beloofde Land binnegegaan het.

Die fees begin op die vyftiende dag van die sewende maand Tisjrei en duur vir sewe dae – eintlik agt dae as jy die dag van plegtige rus (sabat) op die dag ná die einde van die fees insluit.

Inhoud:

Hoe lyk dit?

Vir ‘n volle week word van die Jode verwag om in hutte of tente te woon, en om bly te wees oor God se voorsiening vir hulle.

Soos met al die feeste, het die fees van Tabernakels beide ‘n historiese betekenis en ‘n profetiese vervulling.

Histories word die Joodse volk deur Tabernakels herinner aan die 40 jaar wat Israel in die woestyn deurgebring het, toe hulle weens hul sonde en ongehoorsaamheid elke nag in tydelike skuilings moes deurbring, nogtans was God met hulle, sy teenwoordigheid gekenmerk deur ‘n wolkkolom deur dag en ‘n vuurkolom deur mag.

Tydens die Huttefees bou Jode hutte buite hul huise, bedek met takke as herinneringe aan die woestynlewe van hul voorvaders.

  • Herinner ons aan God (Hart en karakter) aan Sy se voorsiening in dit wat ons (en die Jode in die woestyn) nodig het.
  • Herinnering aan God se beskerming gedurende die veertig jaar van rondswerf in die woestyn

Die tydelike hutte het die behoefte gesimboliseer om van God afhanklik te wees vir Sy voorsiening van kos, water en skuiling en leiding en teenwoordigheid – en uiteindelik redding deur Jesus uit slawerny van sonde (Egipte)

Hoe wys hierdie Fees na Jesus?

Jesus woon die fees by… Johannes 7:1-11

Soos die fees ontwikkel het, is verskeie aspekte daarby gevoeg en ons gaan vanoggend na 2 van die seremonies kyk:

  1. Daar was ‘n seremonie van die uitstorting van water, getrek uit die poel van Siloam, ter herdenking van die verfrissende stroom wat wonderbaarlik uit die rots by Meriba voortgekom het (Eks. 17:1-7).
  2. Daar was die verligting van die binneste voorhof. van die tempel, waar die lig van ‘n groot kandelaar die mense herinner het aan die vuurkolom in die nag wat as ‘n gids deur die woestyn gedien het (Num. 14:14).

Kom ons kyk meer in detail hierna en hoe dit met Jesus verband hou:

  1. Seremonie van die uitstorting van water:

Die eerste seremonie was ‘n watertrek-seremonie waarin water uit die poel by Siloam getrek is. Hierdie seremonie, wat op almal behalwe die eerste dag van die fees uitgevoer is, was ‘n tyd van groot vreugde en viering.

Die priesters het in die water uitstorting seremonie van die Huttefees as ‘n voorstelling gesien van die woestynwonder van die water uit die rots.

In Jesus se tyd sou ʼn priester op elkeen van die sewe dae van die Huttefees met ʼn goue waterkruik na die Poel van Siloam gestap het, dit vol water geskep het en dan deur die Waterpoort by die trappe op, tot by die silwer waskomme in die tempel-area gestap het en dit in een van hierdie waskomme uitgegiet het.

Die skare feesgangers sou toekyk terwyl dit gebeur en sou tydens hierdie hele prosessie musiek maak en hande klap en dans en sing en juig en skreeu – soveel só dat daar in een van die Joodse Geskrifte geskryf word: “He who has not seen the rejoicing at the Water drawing ceremony of Sukkot, has never seen rejoicing in all his life”.

Wat het die Jesus ons Messias dan met die poel van Siloam en die Waterpoort te make?

Waarom het hierdie ritueel, elke jaar met Sukkot, plaasgevind? Omdat Sukkot van die vroegste tye af as ʼn fees beskou is om dankie te sê vir God die Vader se seëninge en omdat die verwagte Messias nog altyd as die grootste van God die Vader se seëninge beskou is.

Dit was tydens die hoogtepunt van hierdie seremonie, op die laaste dag van die fees, dat Jesus gekies het om op te staan ​​en met ‘n harde stem te sê: lees uit AMP

“Laat elkeen wat dors is, na My toe kom en drink. Elkeen wat in My glo, soos die Skrif sê, strome van lewende water sal uit hulle binneste vloei” (Johannes 7:37-41). Sien ook Johannes 4:14 Jesus sê vir die vrou by die put.

Die Poel van Shiloam – die Poel wat geassosieer word met die Een wat God die Vader gesê het Hy na hierdie wêreld sal stuur. Tot vandag glo baie nog steeds nie dat Jesus van Nasaret die spesiale Een is wat deur God die Vader gestuur is nie.

In Johannes se evangelie alleen, word daar meer as 44 keer direk verklaar dat hierdie Jesus van Nasaret deur God die Vader gestuur is.

  • Hy het Hom gestuur dat die wêreld deur Hom gered kan word.
  • Hy het Hom gestuur om God die Vader se woorde en Sy gebooie en Sy geregtigheid te bevestig en te demonstreer.
  • Hy het Hom gestuur om God die Vader. se reddings plan te vervul.
  • Hy het Hom gestuur sodat die Vader die eer kan ontvang wat Hom toekom. Jesus is nie gestuur om sy eie wil te doen nie, maar die wil van die Een wat Hom gestuur het.

Die Poel van Shiloam word gevoed deur ʼn fontein wat nie opdroog nie.

Die bewyse hiervoor is vandag nog daar – gaan besoek gerus Jerusalem en die Stad van Dawid – daar by die tonnel wat koning Hiskia ongeveer 2700 jaar gelede laat grawe het.

Die water in hierdie tonnel hou nooit op met loop nie en dit mond uit in die Poel van Shiloam.

Om te kan sien het ons ook lig nodig.Lig wat duisternis uitwys en verdryf. Heilige lig wat die regte pad wys (soos vuurkolom in die aand in die woestyn)

daarom dan die volgende seremonie…

  1. Die Verligting van die Tempel.

Aan die einde van die eerste dag van die fees, sou die aanbidders na die Voorhof van die Vroue in die Tempel gaan waar vier groot kandelare, ongeveer 24 meter hoog en elk met vier goue bakke (wat meer as 20 Liter olie bevat) opgestel is.

Vier jongmense van priesterlike afkoms sou op die lere klim en die bakke met olie vul en dit dan aan die brand steek, met die verslete onderklere van die priesters vir lont.

Aangesien die Tempel op ‘n heuwel bokant Jerusalem was, sou die lig van die kandelaars die hele stad verlig.

Waarna wys dit?

Wat sê Jesus hieroor?

Johannes 8:12 AFR83

12Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Jesus die lig van die wêreld:

Lig is ‘n ryk simbool met baie betekenisse. Dit kan heiligheid, saligheid, reinheid, onskuld, goedheid of volmaaktheid; glorie, prag, majesteit, wonder, verligting, insig, wysheid, kennis; goddelikheid; die teenwoordigheid van God; vreugde; en waarheid verteenwoordig.

Jesus verteenwoordig ’n geestelike lig.

Jesus roep ons uit duisternis uit in Sy lig in.

1 PETRUS 2:9 AFR83

9Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

So wat doen lig?

  • Lig ontbloot/skyn op sonde. Wys sonde uit en verdryf duisternis/sonde – dit wat nie van God af is nie.
  • Die lig in ons hart “gaan aan” (ons raak bewus van sonde) en Heilige Gees transformeer ons.

(Jesus het die mag van sonde en dood oor ons oorwin aan die kruis).

  • Soos die lig van die vuurkollom, wys lig die pad deur HG wat ons herinner aan wat Jesus geleer het.

*** Duisternis bring vrees, maar lig bring Veiligheid/Vrede en Redding en Hoop.

Jesus is nie net die lig op die berg waar die tempel is tydens fees van Tabernakels nie.

Hy is die lig wat alles verlig met Sy glorie!

Opsomming:

Dit is interessant hoe Jesus die gebruike van die Fees van Tabernakels gebruik het om Homself te beskryf/openbaar/bekend te stel aan die Jode op daardie dag en aan ons vandag.

Die Fees van Tabernakels Herinner en Volbring en Wys Heen

  • Herinner aan God se voorsiening en beskerming in wat ons nodig het.
  • Volbring die belofte i.t.v. Jesus wat Homself openbaar as gestuurde Redder (Messias).
  • Wys heen na toekoms waar Vader vir ewig met ons gaan woon of “Tabernakel”.
  1. Met die fees van Tabernakels dink ons aan ‘n toekomstige tyd wanneer God weer saam met ons op aarde sal (woon) tabernakel wanneer Jesus weer gaan verskyn en alle dinge vernuwe.

Openbaring 21:3-4 (AFR 83)

3Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

  1. Daar is die: Seremonie van die uitstorting van water – Jesus is ons redding en ons lewenswater.

Ons word ook gevul met Heilige Gees…  sodat Jesus se lewende strome van water uit ons kan vloei?

  1. Daar is die: Seremonie van Verligting van die binneste voorhof – Jesus is DIE lig, ONS lig… die lig van die WÊRELD.

Slot:

Kan jy sien hoe ongelooflik ingewikkeld die tapisserie van God se Heilige Woord werklik is?

Moses teken aan dat Adam en Eva kort na die skepping gesondig het, en dat ‘n Verlosser belowe is wie alles nuut sou maak.

Iewers in die omgewing van ongeveer 2 000 jaar later beveel God Sy volk om die fees van Tabernakels te vier. ’n Feesseisoen waar die tradisies en seremonies almal na Jesus die Messias verwys.

Ongeveer 600 jaar later skryf koning Dawid, onder inspirasie van die Heilige Gees Psalm 22 wat handel en heen wys na en Jesus se Kruisiging beskryf.

Nog 650 jaar gaan verby en Jesus kom aarde toe en vervul elke woord van Heilige Skrif.

Woorde geskryf oor duisende jare, deur baie verskillende skrywers, en dit alles pas saam so perfek, so wonderbaarlik.

Net God kon so iets gedoen het.

Laaste gedagte:

Net soos die hutte tydelik is, is ons tyd hier net tydelik.

Jesus was bestem om vir ons sondes te sterf, en vir hierdie doel God het ‘n mens geword.

Jesus se tyd in die graf was ook net tydelik.

Jesus was bestem om uit daardie graf op te staan ​​om na Sy eie huis te gaan en ‘n ewige plek vir jou en my te gaan voorberei.

Die Sukkah wat tydens die Huttefees gebou is, is ‘n tydelike woning maar deur sy yl dak van palmtakke kan mens die sterre in die hemele sien so kan ons kyk en uitsien na ons ewige tuiste saam met Hom.

Amen