EETLUS
Matt 5:6 “Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word“.
Geseënd – oormatiglik, wel af, gelukkig, salig
Is – definitief, sonder twyfel
dié – ingesluit is
wat – dinge, goed
Honger – begeerte, smagting vir kos
en – asook, nie alleenlik nie
Dors – nood om te drink,
Na – volg in die rigting van, toenader
Wat – dinge, goed
Reg – gepas, eerbaar, mooi, goed
Is – definitief, sonder twyfel
Want – rede, hier volg
Hulle – betrokke party
Sal – beslis, sonder twyfel
Versadig – vol, oorloop, tevredenheid, vergenoegheid, deurdrenk
Word – begin, verander, transformeer
“Hulle wat ‘n onmiskenbare begeerte en smagting na eerbare en gepasde dinge het, asook die nood het om mooi, en goeie dinge na te volg, sal definitief, beslis, sonder twyfel die volgende verandering begin ervaar – ‘n oormatige, oorlopens-toe-vol; wel af gevoel, wat deurdrenk is met geluk tot by die punt van tevredenheid en vergenoegdheid”.
– Hierdie vers beskryf ‘n toestand waarin ek graag wil wees vir die res van my lewe.
– Ek wil nooit my begeerte, smagting, nood vir meer van God verloor nie.
– Ek wil hê dat dit altyd daar sal bly en dat ek daardeur transformeer sal word om meer en meer soos God te word.
– Ek vermoed jy het dieselfde begeerte anders sou jy nie hier gesit het vandag nie.
– Is dit moontlik vir ons om self daardie begeerte na God te behou in ons dag tot dag lewens?
– Is dit iets wat kom en gaan, en ons kan self niks daaroor doen nie, of is daar ‘n manier wat ons daardie begeerte te kan voed?
– Daar is beslis tye in ons lewens wat ons meer of minder honger en dors is, maar die vraag bly – hoe kan ons hierdie geestelike honger koester, sodat dit nie sal weggaan nie maar sal groei?
– Daar is gewoontes wat ons kan kweek, wat ons gees se EETLUS sal aanwakker.
– Soos wat ons volwasse word, ontwikkel ons ‘n smaak vir sekere kosse, maar voordat ons daarby kom moet ons eers daardie kos probeer (proe).
(double cheese burger, chicken supreme avo pizza, woolies lasagne, medium to well fillet met mushroom sauce, slap tjips met sout & asyn, sushi, skaap tjops met aartappelslaai, malva poeding met gino-ginelli roomys, warm milo, lint chocolate, cappuccino met room op, wimpy milkshake)
– HOEKOM gebeur dit, wat nou in jou gebeur, met jou? Want jy het dit al geproe!
– God hou baie van simboliek en vergelyking – daarom die instelling van die “vas en gebed”. Hy wil hê ons moet voel wat met ons liggaam gebeur en dan sal ons beter verstaan wat met ons gees gebeur.
- SMAAK & SIEN (Ps 34:9 “Smaak en sien dat dieHere goed is;“)
–Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek deur ‘n baie moeilike tyd gegaan het en toe God se goedheid, guns, liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid ondervind het.
-Toe ek dit eers geproe het, het ek van toe af deurentyd daarna gesmag. Ek het vir God gevra dat ek Sy genade môre nog meer in my lewe sal ervaar as wat ek vandag ervaar het.
- HERKEN JOU BEHOEFTE AAN GEESTELIKE VOEDSEL
– Hoe belangrik is dit vir jou om jou liggaam in gesonde kondisie te hou?
– Sommige mense is baie ernstig oor hulle diëet(tel die kolorïee, tipes proteiene) en oefen program.
– Paulus sê aan Timoteus – (1 Tim 4:8 “Om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ‘n belofte van lewe, vir nou en die toekoms“).
– In vergelyking met ons liggaam, is ons Geestelike welstand, oneindig meer belangrik.
– Jesus – (Matt 4:4 “Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:” ‘n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom“).
– Ook leer Jesus ons hoe om te bid “…gee ons vandag ons daaglikse brood…”
– Jesus verwys na fisiese behoeftes, maar ook om God daagliks te vra om ons geestelik te voed.
– Die punt is – ons kan nie ons geestelike behoeftes ingoreer en dan dink alles gaan okay wees nie. Eintlik moet die omsien na ons geestelike behoeftes, hoër prioriteit dra as ons fisiese behoeftes.
- EET DOELBEWUS GESOND
Waarmee voed jy jou siel elke dag? (1 Pet 2:2-3 “Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. 3Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is.“).
– Het enige iemand hier vandag al die goedheid van die Here geproe? Ek ook.
– Dawid het eetlus vir suiwer geestelike melk gehad. (Ps 119:103: “Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond“.)
– Hierdie suiwer geestelike melk sal ons siel versorg, en vir ons geestelike gesondheid verseker.
– As ons nie ‘n eetlus vir die woord van God het nie, moet ons uitvind hoekom nie.
– Ek moet hierdie heuning wat tot my beskikking is ontdek!
(Joshua 1:8 “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees“.)
– Sodra ons besef dat ons toekoms afhang van ons betrokkenheid in God se woord sal lees met ‘n bietjie meer honger.
– As ons verstaan dat ons lewe op aarde asook ons ewige lewe in die hemel gewortel is in die woorde van God sal ons so bietjie anders luister na boodskappe soos hierdie(of bybel lees, of ‘n profetiese woord.)
– Ons sal miskien vra: Wat is God besig om vir my hierdeur te sê?
– Is hierdie dalk geestelike kos(spesifiek vir my) wat ek nodig het om gesond te kan bly nou in die hede en in die toekoms?
– Alles hang af van God se woorde – Die lees daarvan, die hoor daarvan, die doen daarvan.
– Ons behoort baie intensioneel te wees met dit waarmee ons ons eie gees voed.
- VERMY EETLUS DEMPERS
(Spreuke 27:7 “As jy genoeg geëet het, is selfs heuning nie meer lekker nie;
as jy honger is, smaak selfs ‘n bitter ding soet“).
– Feit: Daars net soveel plek in ons maag. As my maag vol is met ander kos, dan is ek versadig en glad nie lus vir iets wat gesond vir my is nie.
– (Entertainment – Aande voor bed, Saterdagaande voor kerk, ens)
– Waarvoor moet JY sê nee dankie sodat jy spasie in jou gees het vir God se woorde?
– “Christian Entertainment”, bevat dit die voedsaamheid wat jy benodig? Of maak jou net versadig?
- SPANDEER TYD MET MENSE WAT JOU HONGER NA GOD STIMULEER
– Het jy al mense gesien wat die geveg teen alkohol en dwelm verslawing gewen het, maar toe hulle weer begin kuier saam met hulle “ou vriende”, hulle self weer daarin vasgeval het?
– Die krag van negatiewe invloed is massief. Die krag van positiewe invloed is net so groot!
(Heb 10:24-25 “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan…..”.)
– As ons 2 ure per week spandeer saam met mense wat God se teenwoordigheid in hulle lewe begeer en soek, en dan 40 ure met mense wat dit nie doen nie, dan gaan dit moeilik wees om honger en dors te bly vir God se woord.
– Ons het mekaar nodig.
– Ons het nodig om mekaar aan te spoor tot meer geloof.
Konklusie:
‘n Gesonde eetlus is die resultaat van ‘n gesonde dieët.
(hoe meer ek gesonde kos eet, hoe meer gaan ek lus raak vir gesonde kos)
Net soos wat hierdie waar is in die fisiese, is dit ook waar in die geestelike.
Hoe maak ek seker dat ek geestlik honger bly?
- SMAAK & SIEN (ek moet eers proe)
- HERKEN JOU BEHOEFTE AAN GEESTELIKE VOEDSEL (ignoreer?)
- EET DOELBEWUS GESOND (effek op die hede en die toekoms)
- VERMY EETLUS DEMPERS (wees versigtig wat ons inlaat)
- SPANDEER TYD MET MENSE WAT JOU HONGER NA GOD STIMULEER (ons het mekaar nodig)