Preek/ Boodskap oor: Eendag op ‘n Slag

Inleiding:

  • Die lewe is geneig om ons aandag af te lei en om ons weg te hou van die oomblikke wat God vir ons gee.
  • Ons lewe in ‘n soort van oorlewings gewoonte waar ons net deur die dag kom en soms die tyd (dag of week) om wens.
  • Ons lewe in ’n vreemde en ’n onseker PANDEMIE tyd. Almal van ons hanteer daagliks en weekliks uitdagings en ons het (vriende en familie begrawe het) weereens agterkom dat die lewe nie net oor môre gaan nie, maar dat dit meer oor vandag moet gaan.
  • Die lewe gaan oor wat God wil hê dat ons vandag moet doen.

*Daarmee sê ek nie dat ons nie moet beplan nie maar dat ons ons planne voor God se voete moet sit en Sy wil vir ons lewe – vir ons dag – moet soek

HOE LEEF JY? (3 maniere waarop ons leef)

  1. OM IN DIE VERLEDE TE LEWE
  2. Dit is amper asof die ‘goeie ou dae’ die beste dae was… so ons lewe in daardie plek.
  • Ons kan van wonderlike herinneringe vertel en ons dra amper ‘n soort droefheid ’n nostalgie, want ons dink dat die toekoms nooit so goed soos die verlede kan wees nie.
  1. Die tweede manier om in die verlede te leef is om te leef met spyt en teleurstelling wat by ons bly en ons nie kan afskud nie.
  • Jy het ’n geleentheid gemis of nie aangegryp nie.
  • Wat as ek maar dit of dat gedoen het… of nog erger – wat as ek DIT liewer nie gedoen het nie?
  • Die verlede hou ons vas, dit hou ons terug, dit dompel ons in vrees of vertel vir ons leuens oor onsself en wat God se plan vir ons is en ons geregtigheid as kinders van God.

2 Corinthians 5:17 AMP

17 Therefore if anyone is in Christ [that is, grafted in, joined to Him by faith in Him as Savior], he is a new creature [reborn and renewed by the Holy Spirit]; the old things [the previous moral and spiritual condition] have passed away. Behold, new things have come [because spiritual awakening brings a new life].

*Om te lewe iin die verlede is soos om dooie baggasie deur die hede die toekoms in te sleep.

Gedagtes van die verlede kan jou ontneem van tyd wat bedoel is vir vandag.

Rom 12: sê: Be transformed by the renewal of your mind.

M.a.w. vernuwe dit waaroor jy dink! 

  • Om te lewe in die verlede is nie hoe God ons ontwerp het nie.
  • Hy wil nuwe en wonderlike dinge in ons lewens doen.
  • Met die Here in ons lewens, lê die beste nog voor.
  1. OM IN DIE TOEKOMS TE LEWE
  • Ons wens die lewe verby.
  • Wanneer ekmet skool klaar is – dan sal ek begin lewe.
  • Wanneer ekmy graad kry – dan sal ek begin lewe.
  • Wanneer ektrou – dan sal ek begin lewe.
  • Wanneer ekkinders het – dan sal ek begin lewe.
  • Wanneerdie kinders uit die huis uit is – dan sal ek begin lewe.
  • Wanneer ekaftree – dan sal ek begin lewe.
  • Die vreugde/vrede waarna ons verlang bly altyd net ’n entjie in die toekoms
  • Die probleem met die toekoms/more is dat dit volkome onbekend is en dit word nooit gewaarborg nie.

2de Fout wat ons maak is:

  • Ons fokus net op wat voorlê, en veral op dit wat voerentoe kan verkeerd loop.
  • ONs tren re se sorge en probleme in vandag in.
  • Dit dreineer ons van alles wat vandag vir ons bedoel is en ons kom nie uit by wat God vandag in en deur ons wil doen nie.

God het fisies vir Sy volk voorsien, dit  wys na beginsel wat ons vandag in ons lewens kan deur kan trek.

  1. OM IN DIE HEDE (VANDAG) TE LEWE (Hoe doen ons dit?)

God se voorsiening aan die Israelite:

Exodus 16:1-34

4Die Here het toe vir Moses gesê: Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaarmaak. Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na my wil luister of nie.

  • In hierdie skrif het God daagliks voorsien wat die volk nodig gehad het.

Dan sê God ’n snaakse ding:

  • Niks mag vir die volgende dag gebêre word nie. Hoekom nie?

Exodus 16:19-20 En Moses het vir hulle gesê:  Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie. Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit is bederwe.

  • Moenie dat gister en more jou vandag laat vrot word en wurms kry nie.
  • Om op te gaar word dikwels uit vrees gedoen en omdat ons vergeet hoe getrou God is in Sy voorsiening.

Matthéüs 6:19-20 ‘Moenie vir julle skate bymekaar maak op die aarde, waar mot en roes verniel, en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skate bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie, en waar diewe nie inbreek en steel nie; ‘

  • God het vir 40 jaar daagliks vir sy volk voorsien, hoekom sal Hy nie vir ons Sy kinders ook voorsien nie?

Psalm 68:20 

NLV  ‘Prys die Here wat ons dag na dag in sy arms dra.’

DB ‘Loof die Here! Hy dra ons elke dag!’

  • Ons het elke dag nuwe genade en Sy nuwe guns nodig om ons deur te dra.

Klaagliedere 3:22-24 NLV

Sy genade het geen einde nie.

23Op u ontferming kan n mens

altyd vertrou.

Dit is elke oggend nuut.

24Ek sê vir myself:

My lewe behoort aan die Here.

Daarom vertrou ek op Hom.

  • God voorsien dag tot dag vir elke dag.
  • Die Here vooersien krag vir elke dag.

DIE VERHOUDING TUSSEN KRAG EN DAG

Moses seën die volk voor sy dood:

  • Deuteronòmium 33:25(NLV)…, en jou krag soos jou dae.’
  • Met elke gegewe dag kom die krag wat ons nodig het om daardie dag te hanteer.
  • Die Here sal krag, dag na dag voorsien, vir alles wat ons nodig het en wat vandag op ons pad kom. (Heilige Gees krag)
  • Ons is ontwerp/gemaak om vandag te kan hanteer. Nie met verwyte van gister of bekommernisse van more
  • Ons kry krag om vandag se uitdagings aan te pak en in oorwining stap.

DIE PATROON VAN GOD EN N PATROON VIR ONS

(EEN DAG OP N SLAG)

  • Selfs die voorbeeld wat God vir ons gestel het werk op hierdie beginsel.

Genesis 1:5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

  • Tyd is vir ons gegee in klein kompartemente wat dae genoem is.
  • Elke dag moes n begin en n einde hê en dan sou God sien dat dit goed was.
  • Doen net die deel van God se wil wat Hy vir vandag vir jou bedoel het op die spesifieke dag en die res sal vir homself sorg.
  • Moenie dat “lewe die verlede” en “lewe in die toekoms” jou beroof nie.
  • Om een dag op n slag te lewe is die geheim tot gelukkige en geloof vervulde lewens.

Slot:

WAT HET JESUS HIEROOR GESê?

Matthéüs 6:34 ‘Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

  • Ons leef in ‘n wêreld wat deur vrees, angs, depressie en stres gedomineer word en dit het alles met die toekoms en die verlede te doen.
  • Elke dag het sy eie vereistes, behoeftes, druk, suksesse, vreugde en hartseer.
  • God sal altyd vir ons die krag gee wat ons vir die dag nodig het
  • Charles Kingsleyhet die volgende geskryf:

‘Do today’s duty, fight today’s temptation and do not weaken and distract yourself by looking forward to the things we cannot see, and could not understand if you saw them.’

  • Jesus bevestig Eksodus16 se beginsel en sê die volgende in die model gebed:

Mattheus 6:11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Amen